top of page

God het vir jou saad gegee om te saai

  • Writer: missions3
    missions3
  • Aug 10
  • 2 min read
God het vir jou saad gegee om te saai
God het vir jou saad gegee om te saai

"'n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n mosterdsaad wat 'n man neem en in sy land saai".Matteus 13:31.


Jesus het gesê: '...God se koningsheerskappy is soos 'n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so 'n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak' (verse 31-32). 'n Mosterdsaad is slegs twee millimeter in deursnee en kom in drie primêre kleure voor: geel, swart en wit. Binne daardie merkwaardige saad is vitamien A, B6, B12, C, E en K. Dit is ook 'n bron van kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium, natrium en sink. Dit het anti-inflammatoriese en anti-kanker eienskappe. Jesus het daarop gewys dat wanneer dit geplant word, dit groei om een van die grootste bome in die tuin te word, wat die voëls van die hemel seën deur hulle van 'n tuiste te voorsien.


Paulus het geskryf: 'God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei' (2 Korintiërs 9:10). Aan wie gee God 'saad'? Aan saaiers, nie aan opgaarders nie! Wat doen God met jou saad wanneer jy dit saai? Hy vermeerder dit! Die saad wat jy saai kan in die vorm van tyd, diens, wysheid, geld, deernis, ens. wees.


God belowe dat wanneer jy saai, jy sy seën sal oes. 'En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk' (2 Korintiërs 9:8 ). God het vir jou saad gegee - saai dit!


Om te saai in 'n bediening of sendeling se lewe is ook 'n lening aan die Here en jy SAL jou loon ontvang. Wil jy maar nie saai sodat ons in staat kan wees om ons bediening volhoubaar te hou?


Saai Rekening:

Capitec Bank

Rekening Nommer: 153-718-3077

Rekening Naam: Sending

Rekening Tipe: Savings

Verwysing: Missions


U dienskneg in SY akker.

Pastoor Johan Lourens

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page