12 Oktober 2026. Pastore-Waarderingsmaand en Gebedsversoeke.


12 Oktober 2026
Liewe vriende.
“Hier is ek, stuur my.” “Wie sal Ek stuur? En wie sal vir Ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my!”{ Jesaja 6:8}
In 2006 is ek en Esther as pastore georden. Ek is ook as huweliksbevestiger georden. Ons het daardie dag “ja” gesê vir die Here se roeping, sonder om te weet waarheen die pad ons sou lei.
Vandag, in 2026, kyk ons terug en besef ons: God was deurgaans getrou.
Ons is tans sendingpastore sonder ’n vaste gemeente. Maar ons glo dat ons sendingveld ons gemeente is. Waar die Here ons ook al stuur, daar is mense wat Sy liefde, hoop en Woord nodig het.
Ons is geloof-sendingpastore. Ons het nie ’n vaste salaris of ’n gemeente wat ons maandeliks onderhou nie. Daarom leer ons elke dag om op God te vertrou.
Filippense 4:19 herinner ons: “My God sal in elke behoefte van julle voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.”
Ons bediening gaan dus nie in die eerste plek oor ’n kerkgebou, ’n salaris of ’n posisie nie. Dit gaan oor getrouheid aan die Here.
Soms is ons gemeente ’n kerk. Soms is dit ’n huis, ’n hospitaal, ’n gesprek, ’n begrafnis, ’n troue of selfs net iemand wat ’n bemoedigende woord nodig het.
Na twintig jaar van bediening as pastore weet ons een ding seker:
God roep nie altyd na ’n maklike pad nie, maar Hy belowe om saam met ons te gaan.
Daarom sê ons vandag weer: “Here, hier is ons. Stuur ons.”
Ons weet nie altyd waarheen nie, maar ons weet Wie saam met ons gaan.
As iemand gedurende hierdie Pastore-Waarderingsmaand deur die Here gelei voel om ’n spesiale offergawe vir ons bediening te gee, sal ons dit opreg waardeer. Dit sal ons help om voort te gaan met die sendingwerk wat die Here aan ons toevertrou het.
Ons is dankbaar vir elke gebed, elke bemoediging en elke vorm van ondersteuning.
Gebed: Vader, Dankie vir U roeping en vir die voorreg om U te mag dien. Dankie vir die afgelope ses en twintig jaar waarin U ons gedra en gelei het. Help ons om ons sendingveld as ons gemeente te sien. Gee ons oop oë vir die mense wat U oor ons pad stuur, en harte wat bereid is om te dien.Wanneer ons onseker of bekommerd is, help ons om U te vertrou. Voorsien in ons behoeftes en gee ons nuwe krag vir elke dag. Seën ons bediening, ons huwelik en elke persoon wat U aan ons toevertrou. Here, ons sê vandag weer: “Hier is ons. Stuur ons.” Laat ons getrou bly totdat ons eendag van U hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg.” In Jesus se Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
SENTRAAL-ASIË. Die polisie in Turkmenistan het klopjagte uitgevoer rondom die enigste Christelike kerk in Balkanabat-stad. Ten minste 50 Turkmeense burgers is vir ondervraging weggeneem. Bid saam met gelowiges wat in onderdrukking leef. Ons vennote in die veld berig dat dowe mense in Sentraal-Asië Jesus ontmoet en hul hoop met ander in die dowe gemeenskappe deel. Bid saam met hulle vir vrymoedigheid en onderskeidingsvermoë. Bid saam met kerke en hul leiers wat moet bedien en optree, wetende dat hulle onder polisiemonitering is. Bid vir daaglikse krag. Die geheime polisie het vir ʼn tweede keer klopjagte op ʼn aanbiddingsdiens in ʼn kerk gelei. Ná albei klopjagte het amptenare die leiers met minstens twee weke se gemiddelde loon beboet. Bid vir ʼn einde aan die paranoia. Bid saam met pastoor Dmitry Golovin van Kirgistan, wie se kerk voortdurend dopgehou word. Bid dat God mense op sy pad sal plaas om hom te bemoedig en te ondersteun.
IRAN Loof God saam met Mustafa*, ʼn Iranse Christen. Sy aansoek vir asiel is geweier. Hy het die nag in gebed deurgebring, en die volgende dag verneem dat sy saak tog aanvaar is. “Here, U is die Een wat die finale oordeel vel,” sê hy. Bid vandag by naam vir Mahshar Parandin, ʼn Christelike gevangene. Sy is dringende lewensreddende mediese behandeling geweier. Bid dat haar operasie goedgekeur sal word. Bid vir die herstel van jou broer, Amir-Ali (32). Hy is onlangs uit die tronk vrygelaat, maar is deur ʼn bewaarder aangerand, wat ʼn stres-geïnduseerde harttoestand veroorsaak het. “Ná die oorlog lyk dit asof iets diep binne-in die samelewing ineengestort het.” Bid saam met Negar*, ʼn Christen in Iran. Bid dat sy en alle Iranse gelowiges sal vasklou aan die hoop wat ons in Christus het.
Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
Maand-Einde Verpligtinge. Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
24-7 GEBED VIR HERLEWING | 12–18 OKTOBER 2026. Mensehandel en uitbuiting: Here Jesus, bring alles wat in die duisternis verborge is aan die lig. Beskerm werksoekers, kinders, gesinne en ander kwesbares teen misleidende werwing, mensehandel, seksuele uitbuiting, aanlyn uitbuiting, dwangarbeid, skulds lawerny en gedwonge kriminaliteit. Gee mense onderskeidingsvermoë om gevaar te herken, en laat werkgewers, werwers, bure, kerke, owerhede, ondersoekbeamptes, aanklaers en tegnologieverskaffers met wysheid, moed en geregtigheid optree. Breek die mag van uitbuitende stelsels en kriminele netwerke, en bring vryheid en geregtigheid vir dié wat gevange gehou word. Herstel en hoop: Here, wees naby aan elke oorlewende en elke kind wat deur uitbuiting getraumatiseer is. Genees gewonde harte, verwyder skaamte en vrees, herstel waardigheid, veiligheid en hoop, en omring hulle met liefdevolle, betroubare mense en veilige gemeenskappe. Voorsien eerlike werk, opleiding en volhoubare bestaansmiddele vir gesinne in nood. Beskerm kinders sodat hulle veilig by hul gesinne kan bly, skool kan gaan en hul kinderjare kan geniet. Versterk oorlewendes om hul lewens in vryheid te herbou en gebruik hulle getuienisse om ander te bemoedig en die siklus van uitbuiting te verbreek. Here, laat U waarheid, geregtigheid, vryheid en herstel deurbreek. Amen.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
GoTyme Bank, Branch: 678910, Account: 5100 0796 701. {General}
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments