8 Junie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3

- Jun 5
- 5 min read

8 Junie 2026.
Liewe Vriende.
“Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” (Spreuke 28:13)
Eerlikheid en integriteit is eienskappe wat God hoog ag. Wanneer ons ons foute probeer wegsteek of verskoon, bring dit afstand tussen ons en die Here, en ook tussen ons en ander mense. God roep ons om in die lig te wandel, eerlik te wees oor ons tekortkominge en verantwoordelikheid vir ons dade te neem.
Eerlikheid moet op alle terreine van die lewe beoefen word – in ons huise, kerke, werksplekke, besighede en regerings. Ongelukkig sien ons vandag hoe korrupsie op politieke en besigheidsvlak groot skade aanrig. Wanneer mense hul eie voordeel bo waarheid en geregtigheid stel, word vertroue vernietig en ly hele gemeenskappe daaronder. Die wortel van baie van hierdie probleme is die verlies aan integriteit – die bereidheid om reg te doen, selfs wanneer niemand kyk nie.
Integriteit beteken om dieselfde persoon te wees wanneer mense kyk en wanneer niemand ons sien nie. Dit is om die waarheid te praat, reg te doen en volgens God se Woord te leef, selfs wanneer dit moeilik is. Die Here belowe dat dié wat hulle sonde bely en daarvan wegdraai, nie veroordeling sal vind nie, maar barmhartigheid en genade.
Mag ons elke dag kies om met eerlikheid voor God en mense te leef, sodat ons lewens ’n getuienis van Sy waarheid en getrouheid kan wees en ’n verskil maak in ’n wêreld wat so dringend ware integriteit nodig het.
Gebed: Here, help my om op elke terrein van my lewe eerlik en opreg te wandel en 'n voorbeeld van U waarheid en integriteit te wees in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Mosambiek. Ons suster, Josephina, treur oor die verlies van haar man en vier kinders, wat nog steeds vermis is na ekstremistiese aanvalle in Mosambiek. Sy en honderde ander mense is ontwortel. Bid vir vertroosting en herstel.
Noord-Nigerië. Bid saam met die Christen-gemeenskap van Bum in Noord-Nigerië, waar nege mense in ʼn aanval deur Fulani-militante doodgemaak is. Vra God om hulle met Sy teenwoordigheid en krag te omring.
Nigerië. ʼn Onlangse video wat deur die ekstremistiese groep ISWAP vrygestel is, sê vir Nigeriese Christene:“Verander van geloof of sterf” en dat alle Christene “wettige teikens” is. Bid vurig vir hul beskerming.
Rwanda. Bid saam met ons vir vyf Rwandese gelowiges wat tot gevangenisstraf gevonnis is vir “weiering om op te hou getuig oor hul geloof”. Vra God om naby hulle en hul families te wees (Psalm 34:18).Bid saam met Binta*, wie se Moslem-familie haar uit hul huis verdryf het omdat sy Jesus vertrou het. “Bid dat die Here ʼn hereniging tussen my en my familie sal bewerkstellig,” vra sy.
Eritrea. Loof God! Verskeie Christelike gevangenes is onlangs uit Eritrea se berugte gevangenisstelsel vrygelaat. Hou aan bid vir die vrylating van sewe prominente kerkleiers.
LAOS. Bid saam met ons vir die Houang*-gesin, wie se huis vernietig is deur dorps-bewoners wat woedend is oor hulle besluit om na ʼn nabygeleë kerk te gaan. Bid vir Geopende Deure se plaaslike vennote terwyl hulle werk om ʼn langtermynoplossing vir die gesin te vind.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
LEES DIE GESKREWE WOORD, KEN DIE LEWENDE WOORD. Die bevele van die HERE is reg: …dit verlig die oë. (Psalm 19:8,). Voorbeelde in God se Woord: Psalm 1, Openbaring 1:3 Die Woord van God, geïnspireer deur die Heilige Gees deur sowat 40 outeurs oor 1 500 jaar, openbaar op unieke wyse God se stem deur merkwaardig verweefde geskrifte wat oor baie verskillende tydperke strek. Hoe weet ek of dit God se stem of wil is? Die Heilige Gees sal nooit God se Woord weerspreek nie. Waak daarteen om slegs uitgesoekte verse vir leiding te gebruik, want die geheel van God se Woord is waarheid (Psalm 119:160).Bid dat nuwe gelowiges daagliks tyd in God se Woord sal deurbring. Vra die Here om hulle te help om enige weerstand teen die lees van hul Bybels te oorkom. Bid ook dat gelowiges die nodige tyd sal neem om God se raad te soek om seker te maak dat dit wat hulle gehoor het, werklik God se stem is.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments