top of page

21 September 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

Writer: missions3
missions3
22 hours ago
7 min read
DEO VOLENTE SENDING
DEO VOLENTE SENDING

21 September 2026.


Liewe Vriende.


“Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.” {Hebreërs 12:11}


Swaarkry is nooit maklik nie. Wanneer ons deur moeilike tye gaan, vra ons dikwels: “Here, waarom moet ek hierdeur gaan?” Op daardie oomblik sien ons meestal net die pyn, die teleurstelling en die onsekerheid.


Maar God sien verder as wat ons kan sien. Soos ’n boom sterker word deur wind en storms, kan ons geloof ook deur swaarkry versterk word. Die Here gebruik soms moeilike tye om ons nader aan Hom te trek, ons karakter te vorm en ons te leer om op Hom te vertrou.


Die Bybel sê nie dat die swaarkry self aangenaam is nie. Dit sê dat later ’n vredevolle vrug daaruit kan kom. Dit beteken dat God selfs ons moeilikste dae kan gebruik om iets mooi in ons lewe voort te bring.


Moenie moed verloor wanneer die pad swaar raak nie. Die storm is nie die einde van die verhaal nie. Hou vas aan die Here. Hy werk ook wanneer ons dit nie kan sien nie.


Gebed: Here, dankie dat U by my is wanneer die lewe swaar word. Gee my krag om deur my beproewings te volhard en help my om U te vertrou, selfs wanneer ek nie verstaan nie. Vorm my deur hierdie tyd en laat daar uiteindelik vrede en goeie vrug uit voortkom in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Elektrisieteit. Ons vra asseblief dringend vir u gebede nadat ’n ernstige kragoplewing op Maandag, 7 September, groot skade aan ons elektriese toerusting {Hekmotor,2 x Plaatstoof,Wi-Fi router, Air fryer, 2 x Ligte, geyser} en installasie veroorsaak het, en selfs my laptop se kragtoevoer is beskadig, terwyl die kragtoevoer op die perseel steeds onstabiel is. Bid asseblief saam met ons vir die Here se beskerming, wysheid, voorsiening en genade, dat die nodige herstelwerk spoedig en veilig gedoen kan word, en dat die Here in elke behoefte sal voorsien.

  2. Mosambiek.Bid vir jou familie in noordelike Mosambiek. ʼn Kerk is tydens ʼn onlangse aanval afgebrand, insluitend die kleuterskool daarin. Bid vir ʼn einde aan die geweld.Bid vir die families van gelowiges wat gemartel is. Bid dat God steeds vertroosting, versorging en vrede sal bring terwyl hulle oor hul geliefdes treur en by hul “nuwe normaal” aanpas.

  3. Sub-Sahara Afrika. Bid vir Christene in sub-Sahara Afrika wat só baie waag om Jesus te volg. Bid dat baie meer mense traumasorg sal ontvang.

  4. Internasio-nale Dag teen Seksuele Uitbuiting en Mensehandel. Bid vandag op die Internasio-nale Dag teen Seksuele Uitbuiting en Mensehandel saam met vroue en meisies regoor sub-Sahara Afrika,waar ekstremiste verkragting en ontvoering gebruik om die Kerk te verlam.Ons broers en susters vra ons steeds om saam met hulle te bid dat hul aanvallers Jesus sal ontmoet. Here, ons bid vir die transformasie van harte en lewens.

  5. Tsjaad.Ontmoet Samira*, ʼn 23-jarige Christen-ma van Tsjaad. Sy word verstoot omdat sy Jesus volg. Sy vra ons om te bid dat haar kinders Christus sal leer ken.

  6. Nigerië. Bid vandag vir Nigerië se president, Bola Ahmed Tinubu. Bid dat God hom wysheid en moed sal gee om die land se burgers te beskerm.

  7.  Geopende Deure. Vandag 27 September is dit vier jaar sedert die hemelse tuiskoms van Geopende Deure se stigter,Broer Andrew. Bid vir ons bediening en ons leiers terwyl ons voortgaan om Broer Andrew se visie en nalatenskap na te streef.

  8. Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.

  9. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  10. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.

  11. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.

  12. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.

  13. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.

  14. Winburg. Bid vir Goddelike ingryping in Winburg. Die dorp is al ‘n maand sonder munisipale water en vullis is al amper twee maande lank nog nie verwyder nie.

  15. Brits. Ons was verlede week in Brits vir ‘n baie geseënde besoek en loof en prys en dank die Here vir Sy voorsiening vir hierdie reis en besoek. Ons het egter as gevolg van die klimaat nou almal verkoue. Bid asseblief saam vir volkome genesing.

  16. 24-7 GEBED VIR HERLEWING. 21–27 SEPTEMBER 2026.Fokus: Bybelvertaling – gewortel in Christus. Wêreldwyd word die Bybel in nuwe tale vertaal sodat mense God se Woord kan hoor in die taal wat hulle die beste verstaan. Die grootste behoefte is egter nie net meer werkers, geld of tegnologie nie, maar mense wat diep in Christus gewortel is. Kom ons bid dat elke vertaler, ondersteuner en leier nader aan Jesus sal leef en dat alles vanuit Sy teenwoordigheid sal voortvloei.

MAANDAG 21 SEPTEMBER – DOWE MENSE & GEBARETAAL

“Nader tot God en Hy sal tot julle nader.” – Jakobus 4:8Bid vir Dowe vertalers en leiers om dieper in Christus te groei. Bid dat nuwe gebaretaal-Bybelprojekte begin en dat Dowe gemeenskappe deur God se Woord Christus leer ken.

DINSDAG 22 SEPTEMBER – VERSNELLING VAN VERTALING

“Laat wat jy doen, aan die Here oor.” – Spreuke 16:3Bid dat vertaalspanne die Here eerste sal soek en Sy leiding sal volg. Bid dat struikelblokke verwyder word en dat projekte volgens God se tydsberekening versnel word.

WOENSDAG 23 SEPTEMBER – HULPBRONNE

“Soek eers die koninkryk van God...” – Matteus 6:33Bid vir die nodige finansies, kundigheid, tegnologie en werkers. Bid dat befondsers en vennote Christus eerste sal stel en vrygewig sal voorsien vir die verspreiding van Sy Woord.

DONDERDAG 24 SEPTEMBER – WÊRELDWYE SAMEWERKING

“Dat hulle almal een mag wees...” – Johannes 17:21Bid vir eenheid tussen Bybelvertalingsorganisasies, kerke en leiers. Vra die Heilige Gees om nederigheid, liefde, vertroue en samewerking te bring, sodat almal saam God se Woord kan bevorder.

VRYDAG 25 SEPTEMBER – BEPERKTE LANDE

“U is my rots en my bergvesting... U sal my lei.” – Psalm 31:4Bid vir vertalers en gelowiges wat onder vervolging en teenstand werk. Bid vir beskerming, wysheid, onderskeiding en vrymoedigheid, en dat God deure vir Sy Woord sal oopmaak.

SATERDAG 26 SEPTEMBER – VERTALERS & GESINNE

“In Hom gewortel en op Hom gebou...” – Kolossense 2:7Bid vir die geestelike en emosionele krag van vertalers en hulle gesinne. Bid vir sterk huwelike, gesonde verhoudings, beskerming teen uitputting en ’n voortdurende liefde vir Jesus.

SONDAG 27 SEPTEMBER – LEIERS

“Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte; want sonder My kan julle niks doen nie.” – Johannes 15:5Bid dat leiers diep in Christus sal bly en elke besluit en prioriteit vanuit Sy teenwoordigheid sal neem. Bid vir nederigheid, onderskeiding en ’n dienende hart, sodat hulle blywende vrug tot eer van God kan dra.

GEBED VIR DIE WEEK

Here Jesus, trek ons nader aan U. Maak ons diep in U gewortel, sodat ons nie vanuit menslike druk, strategie of eie krag werk nie, maar vanuit ’n lewende verhouding met U. Roep en versterk vertalers, leiers, kerke, gesinne, befondsers en vennote. Voorsien alles wat nodig is en maak die weg oop sodat elke taalgroep toegang tot U Woord kan hê. Bring eenheid, beskerming, wysheid en nuwe krag. Laat U Woord vinnig voortgaan en laat mense oral deur die Skrif vir Christus ontmoet. In Jesus se Naam. Amen.

’n Inisiatief van Jericho Walls International Prayer Network in samewerking met LuminAfrica.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure Gebedsnetwerk.

         







Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.



Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or



“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry and Ministry Team:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page