14 September 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


14 September 2026.
Liewe Vriende.
“En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word en almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word”.{2 Timoteus 3:12}
Jesus het gesê: 'Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy koninkryk. Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon..
Om ter wille van geregtigheid vervolg te word, is om te leef soos Jesus geleef het - met sy karakter, sy motiewe, sy gehoorsaamheid, sy vertroue in die Vader en sy reinheid van hart. Dit is om 'n vredemaker te wees, om te honger en te dors na wat reg is, om jou rug op sonde te draai en 'n fontein van barmhartigheid te wees. As jy so leef, sal jy vervolg word, net soos Jesus vervolg is.
Jesus het die waarheid gepraat, die waarheid geleef en was bereid om vir die waarheid te sterf. Hy het nooit probeer om 'n bakleiery te begin nie, maar Hy het elke keer wanneer die waarheid uitgedaag is, daarvoor opgestaan. Hy het ook belowe dat wanneer jy om dieselfde redes as Hy beledig en mishandel word, jy die koninkryk van die hemel sal ontvang, mits jy getrou bly. Jy sal dus 'n beloning in die hemel hê en jy sal geestelike gesag in die koninkryk van die hemel ontvang.
Die lyding wat jy hier op aarde mag ondervind, is slegs tydelike verwerping, belediging of mishandeling. Wat jy egter in die hemel verkry, sal ewig en glorieryk wees. Die Bybel sê: 'Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie'
Gebed: Vader help my om staande te bly in tye van vervolging en nooit Jesus te verloen nie. Help my dat ek altyd ‘n lewendige getuie sal wees vir U, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
SUB-SAHARA AFRIKA Asabe* het ʼn boodskap vir jou. Sy het danksy jou gebede en ondersteuning noodsaaklike traumasorg ontvang nadat haar man en drie seuns gemartel is. “Ek dank julle vir alles wat julle vir die Evangelie doen,” sê sy. Bid dat God die weduwees in Asabe se weduwee-groep sal versterk. “God het ons gekies om weduwees te wees, en Hy weet hoe Hy vir ons sal sorg,” sê sy. Bid saam met alle weduwees wat Goddelike krag nodig het om aan te beweeg en vir voorsiening vir hul families om onverwagte manna te ontvang. Bid vir wysheid vir kerkleiers terwyl hulle dit wat hulle oor traumasorg geleer het by hul kerke en met ander wat deur geweld getraumatiseer is, deel. Bid vir traumasorgwerkers terwyl hulle na dorpe reis. Bid dat God hulle sal beskerm en hulle ʼn blik sal gee op hoe Hy hulle gaan gebruik om genesing te bring.Bid vir volharding vir alle traumasorgwerkers in ʼn traumasentrum wat deur Geopende Deure ondersteun word. Bid vir hul welstand terwyl gelowiges hul traumatiese ervarings deel.
Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
24-7 GEBED VIR HERLEWING, 14-20 SEPTEMBER 2026. Die Heilige Gees roep ons om al hoe meer soos Jesus lief te hê—met medelye, sonder partydigheid, deur vergifnis en deur nederige diens. Ons bid dat God ons harte sal verander sodat ons mense kan sien soos Jesus hulle sien, vooroordeel en onverskilligheid kan aflê, vrylik kan vergewe en bereid sal wees om ander te dien sonder om erkenning te verwag. Mag Christus se liefde deur ons woorde, gesindheid en dade sigbaar word, sodat mense deur ons liefde nader aan Hom getrek word. Ons bid ook vir ’n dieper honger na God se Koninkryk, Sy waarheid, Sy teenwoordigheid en die vervulling van Sy beloftes. Mag die Kerk in eenheid, heiligheid en opregte toewyding leef, met vrymoedigheid die Evangelie verkondig en arbeiders vir die oes uitstuur. Laat ons standvastig bly in geloof en met verwagting uitsien na Jesus se wederkoms.
7 Gebedspunte
Bid vir medelye – dat die Heilige Gees ons sal leer om mense met Jesus se oë te sien en met opregte liefde om te gee.
Bid vir liefde sonder partydigheid – dat alle vooroordeel, vrees en onderskeid uit ons harte verwyder sal word.
Bid vir vergifnis en versoening – dat ons vrylik sal vergewe en dat verdeeldheid in die Kerk deur Christus se vrede oorwin sal word.
Bid vir ’n dienende hart – dat ons nederig sal dien en bereid sal wees om persoonlike gerief prys te gee ter wille van ander.
Bid vir ’n honger na God se teenwoordigheid en waarheid – dat gelowiges die Here sal soek, Sy Woord sal vertrou en met geestelike onderskeiding sal leef.
Bid vir die oes – dat God deernis vir verlorenes in ons sal wakker maak, arbeiders sal uitstuur en kerke sal versterk om dissipels te maak.
Bid vir herlewing en gereedheid vir Jesus se wederkoms – dat die Heilige Gees die Kerk sal wakker skud tot heiligheid, eenheid, geloof en ’n vars liefde vir Jesus.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
GoTyme Bank, Branch: 678910, Account: 5100 0796 701.
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments