7 September 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


7 September 2026
Liewe vriende,
“En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.”{Lukas 21:11}
Ons leef in ’n wêreld wat geskud word. Die aarde bewe. Rampe tref. Nasies word geskud. Dinge wat gister nog stabiel en seker gelyk het, kan vandag verander.
Wanneer ons van ’n natuurramp hoor, vra ons gewoonlik: “Wat het gebeur?”
Maar Jesus wil hê ons moet ’n dieper vraag vra: “IS EK GEREED?”
Jesus het ons vooraf gewaarsku dat daar aardbewings, hongersnode, pessiektes en verskriklike dinge sal wees. Hy het dit nie gesê om ons in vrees te laat leef nie, maar om ons wakker te maak.
Ons moet versigtig wees om elke ramp as ’n spesifieke profesie te verklaar. Maar ons mag ook nie Jesus se waarskuwings ignoreer nie.
Wanneer die wêreld geskud word, behoort dit ons terug te bring na God.
Dit behoort ons te laat bid.Dit behoort ons te laat stil word.Dit behoort dat ons, ons harte ondersoek.
“Here, is ek reg met U?”
Jesus sê in Lukas 21:28: “Wanneer hierdie dinge begin gebeur, kyk dan op en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”
Let op: Jesus sê nie “kyk rond en wees bang” nie. Hy sê: “Kyk op.”
Ons hoop is nie in hierdie wêreld nie. Ons hoop is in Jesus Christus.
Wanneer die aarde bewe, moet ons onthou Wie ons Rots is.
Wanneer mense bang word, moet die Kerk hoop bring. Wanneer duisternis toeneem, moet die lig van Christus helderder skyn.
Die wêreld vra: “Wat gaan aan?”
Die Kerk moet antwoord: “JESUS CHRISTUS IS DIE ANTWOORD.”
Daar is egter ’n vraag wat elkeen persoonlik moet beantwoord:
Is jy gered?
Nie: “Is ek ’n goeie mens?”
Nie: “Gaan ek kerk toe?”
Nie: “Het ek al baie keer die Evangelie gehoor?”
Maar: “HET EK JESUS CHRISTUS PERSOONLIK AANGENEEM AS MY HERE EN VERLOSSER?”
Die gevaarlikste woord wat ’n mens kan sê, is “eendag.”
Eendag sal ek my lewe aan Jesus gee.
Eendag sal ek my sondes laat staan.
Eendag sal ek regmaak met God.
Maar wat as eendag vandag is?
Ons weet nie hoeveel dae ons nog het nie. Ons weet nie wanneer ons laaste asem sal wees nie.
Maar ons weet een ding: JESUS KOM WEER.
Daarom is dit nie tyd om geestelik aan die slaap te wees nie.
Bid.
Bekeer.
Glo.
Verkondig.
Wees gereed.
As jy vandag besef dat jy nie reg is met God nie, moenie dit uitstel nie.
Kom na Jesus toe soos jy is.
Bely jou sonde.
Bekeer jou. Glo in Hom. Hy het aan die kruis vir jou sondes gesterf, jou plek ingeneem en die prys betaal wat jy nooit self kon betaal nie. Hy het opgestaan uit die dood — daarom is daar vergifnis, hoop en nuwe lewe.
“Kyk, nou is dit die regte tyd; kyk, nou is dit die dag van redding.”
2 Korintiërs 6:2
Die wêreld mag bewe.
Nasies mag bewe.
Ekonomiese stelsels mag bewe.
Die aarde mag bewe.
Maar Jesus Christus bewe nie.
HY IS ONS ROTS.
Ons weet nie wanneer Hy kom nie.
MAAR ONS WEET HY KOM.
Moenie wag nie.Maak vandag jou hart reg met God.Kyk op. Hou vas aan Christus.Bly getrou. Wees gereed.
MARANATHA — KOM, HERE JESUS!
Gebed: Here Jesus, ek kom vandag na U toe. Ek erken dat ek ’n sondaar is en dat ek U nodig het. Ek glo dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het en uit die dood opgestaan het. Ek bely U as my Here en Verlosser. Vergewe my sondes en reinig my hart. Ek draai weg van my ou lewe en gee myself aan U oor. Maak my ’n nuwe mens en help my om U te volg. Dankie dat U my liefhet, my vergewe en my red. Van vandag af behoort my lewe aan U. In Jesus se Naam. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Nigerie. Bid dringend saam met Nigeriese gelowiges wat nog steeds geskok is oor die ontvoering van meer as 40 kinders. Bid dat God hierdie kwesbare kinders in gevangenskap sal beskerm en versorg.
Sub-Sahara Afrika. Bid saam met gelowiges in sub-Sahara Afrika, wat ons steeds vra om te bid dat hul geloof en getuienis ondanks vervolging ʼn lig vir Christus sal wees.
Mali . Mali sukkel nog steeds met gekoördineerde aanvalle deur jihadistiese militante wat met Al-Qaeda verbind is. Bid saam met ’n kerkleier:“Bid dat ons veerkragtig, getrou en ʼn lig in hierdie donker situasie sal wees.” Bid vir krag saam met die familie van ʼn Nigeriese pastoor, Gbenga Sanny. Hy is uit sy huis in die Ilu-Abo-gemeenskap van Ondo-staat ontvoer. Sy familie het ontsnap, maar sy kinders het hul pa se ontvoering aanskou.
Burkina Faso. Bid vir gemeenskappe wat weens hul geloof aangeval word, veral vroue wat nou weduwees is en hul kinders. Bid dat God hul geloof lewend sal hou. Bid saam met Nathalie*, wie se man doodgemaak is in ʼn ekstremistiese aanval op haar dorp in Burkina Faso. “Bid dat ek vir my kinders sal kan sorg,” sê sy. Deborah* se man is in dieselfde aanval doodgemaak (25 vroue het dié dag weduwees geword). “Bid dat God my krag sal gee,”sê sy. “Bid dat ek Jesus sal volg tot my laaste dae.”
Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
24-7 GEBED VIR HERLEWING. Hierdie week fokus ons daarop om God lief te hê met ons hele hart, siel, verstand en krag. Bid dat die Vader Sy liefde deur Jesus Christus diep aan mense sal openbaar, sodat harte na Hom terugkeer en lewens volkome aan Hom oorgegee word. Mag ons denke deur Sy Woord vernuwe word en mag ons liefde vir Christus sigbaar word in ons gehoorsaamheid, ons diens en die manier waarop ons leef. Laat ons ook bid dat gelowiges in Christus sal bly, Hom in gees en waarheid sal aanbid en in nederigheid, heiligheid en eenheid sal wandel. Bid dat die Kerk weer vars na Jesus sal soek en dat ons liefde vir Hom nie net woorde sal wees nie, maar ’n lewenswyse wat Christus aan die wêreld openbaar. Mag ons nie net vir herlewing bid nie – mag herlewing in ons begin.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon.
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via PAYSHARP just Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry and Ministry Team:
GoTyme Bank, Branch: 678910, Account: 5100 0796 701.
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.
Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments