top of page

31 Augustus 2026. Weeklikse Manna, Sending Terugvoer en Gebedsversoeke.

Writer: missions3
missions3
Sep 1
7 min read
Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

31 Augustus 2026.


Liewe Vriende.

“Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink.”{Filippense 1:3}


Ons almal kom op ’n stadium in ons lewe waar ons besef: ek het nie alleen hier gekom nie.


Iewers langs die pad was daar iemand wat ’n hand uitgesteek het toe ons moeg was. Iemand wat in ons geglo het toe ons self getwyfel het. Iemand wat gebid het, gehelp het, aangemoedig het, iets gegee het of eenvoudig net daar was.


Paulus het nie die mense vergeet wat saam met hom gestaan het nie. Wanneer hy aan die Filippense dink, is sy eerste reaksie om God vir hulle te dank. Hulle het hom ondersteun en selfs finansieel gehelp, sodat hy kon voortgaan met die bediening wat God aan hom toevertrou het.


Dit is ’n belangrike les: moenie so besig raak met waarheen jy op pad is dat jy vergeet wie jou gehelp het om daar te kom nie.


Ons leef maklik asof alles wat ons bereik het, net deur ons eie harde werk gebeur het. Maar agter baie van ons roeping, bediening en vooruitgang staan daar mense wie se name dalk nooit op ’n verhoog genoem word nie


Daar is die persoon wat vir jou gebid het.

Die vriend wat jou aangemoedig het.

Die mentor wat in jou geglo het.

Die een wat jou gehelp het toe jy wou moed opgee.

En dan is daar ook die persoon wat jou bediening finansieel ondersteun het ,iemand wat van sy of haar eie middele gegee het sodat jy kon doen waartoe God jou geroep het.


Daardie ondersteuning Die een wat jou gehelp het toe jy wou moed opgee.moet nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie.


Miskien besef jy nie altyd hoeveel geloof dit van iemand vra om finansieel in ’n bediening te saai nie. Hulle gee nie noodwendig omdat hulle iets terug verwag nie. Hulle gee omdat hulle glo in die werk, in die roeping en in die God wat deur daardie bediening werk.


Moet hulle nooit vergeet nie.

Waardering kos min. Soms is dit net ’n boodskap, ’n oproep of ’n eenvoudige: “Dankie dat jy in my bediening glo. Dankie dat jy help om dit moontlik te maak.”

Vir jou mag dit net ’n paar woorde wees. Vir iemand anders kan dit bevestig: “My saadjie het nie verniet geval nie.”


En miskien is daar iemand wat jy vandag moet kontak.

Iemand wat jou bediening finansieel ondersteun.

Iemand wat stilweg gee.

Iemand wat nog nooit erkenning gevra het nie.

Iemand wat jy dalk lankal nie meer bedank het nie.

Wie staan vandag agter jou bediening wat jy nie mag vergeet nie?

Moenie net aan hulle dink nie.

Dank God vir hulle — en sê vir hulle dankie.

Want eendag, wanneer jy terugkyk, sal jy besef: God het nie net deur jou gewerk nie. Hy het ook mense gebruik om jou hande sterk te maak vir die werk wat Hy jou gegee het.


Gebed: Here, dankie vir elke persoon wat U oor my pad gestuur het om my te help, te dra, te bemoedig en in my bediening glo. Dankie ook vir elkeen wat finansieel gegee het sodat die werk kon voortgaan. Help my om nooit hulle liefde, gebede en ondersteuning as vanselfsprekend te aanvaar nie. Gee my ’n dankbare hart en die nederigheid om vir hulle te sê: Dankie dat julle deel is van dit wat U deur my doen, in Jesus Naam Amen.


🌍 SENDING TERUGVOER

God gee steeds oop deure vir bediening in Zambië, Zimbabwe, Malawi, Tanzanië, Uganda, Kenia en Mosambiek. Leiers word toegerus, gemeentes word versterk en die evangelie word na nuwe gemeenskappe geneem.

Ons het uitnodigings ontvang om in Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Kenia te bedien. Akkommodasie en kos word voorsien; ons vertrou die Here vir die nodige vliegtuigkaartjies.

📖 Daar is ook 'n groot behoefte aan Bybels, veral Engelse Bybels, asook Bybels in Chichewa, Tshonga en Portugees.


🌱 SAAD → 🌾 OES → 📈 VERMENIGVULDIGING


🇿🇦 Plaaslike bediening

  • ✅ Vrouebyeenkomste – Esther bedien vroue met God se Woord, bemoediging en gebed.

  • ✅ Manneaande – Mans word toegerus om geestelike leiers in hul huise en gemeenskappe te wees.

  • ✅ Manne-oggend – Elke tweede Maandagoggend bid Johan en ’n paar besigheidsmanne saam van 07:00 tot 08:00 voor werk – “om die week te vang voordat die week jou vang.”

  • ✅ Leiersforum – Johan bid en beplan saam met geestelike leiers vir die uitbreiding van God se Koninkryk.

  • ✅ Donderdag-bidure – Ons bedien pensionarisse met die Woord, gebed en kosbare gemeenskap.

  • ✅ Sosiale media – Die evangelie bereik daagliks 9 000+ mense deur verskeie platforms.

                                                                                                                                                                                              

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê.


  1. 🎂 ’n Spesiale verjaarsdag. Op 4 September vier Esther haar 60ste verjaarsdag! 🎉Bid asseblief saam dat dit ’n besondere dag van vreugde, dankbaarheid en ’n spesiale bederfie vir haar sal wees. Ons is baie dankbaar vir God se genade oor haar lewe en vir alles wat Hy deur haar bediening doen. ‘n Whatsapp kan gestuur word aan Esther-0782194460.

  2. SUB-SAHARA AFRIKA. Ontmoet pastoor Josiah. Hy het sy vrou en drie seuns verloor in ekstremistiese aanvalle in Nigerië. Hy vra ons om saam met hom die volgende gebed te bid: “Here, wees ons aanmoediger ... bly altyd naby ons.” Bid dat almal wat treur oor die verlies van geliefdes wat vir hul geloof gemartel is, God se belofte sal ken – dat Hy “naby die gebrokenes van hart” is. Pastoor Michée vra ons om die volgende te bid: “Bid dat ons die geloof in God sal behou, en dat ek altyd aan my bediening toegewy sal bly tot die einde.” Bid saam met pastoor Bandiba se kerk in die oostelike deel van Burkina Faso. Ná ʼn dodelike aanval begin die kerk, wat meer as 700 mense gehad het, opnuut op ʼn nuwe plek. Bid dat God Sy kerk sal verlos en herstel. Bid saam met pastoor Michée van Burkina Faso. Sy pa, broers en lede van Bid vir vertroosting, krag en vrede vir die families van twee jong bedieningsleiers, Jeremia en Amadou, in oostelike Burkina Faso. Die twee mans is doodgemaak toe ekstremiste hul kerk binnegegaan het.

  3. Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.

  4. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.

  6. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.

  7. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.

  8. FILIPPYNE. Bid saam met Pria*, ʼn huis-kerkleier. Haar man het haar streng verbied om kerk toe te gaan. Bid vir veilige en bemoedigende byeenkomste saam met Geopende Deure se plaaslike vennote. Loof God dat ons vennote huweliksverrykingsprogram-me vir Christelike egpare vanuit ʼn Moslem-agtergrond lei. Bid vir veerkragtigheid vir families wat hul huise en lewensbestaan moes prysgee omdat hulle gekies het om Jesus te volg. Bid vir Myrna* en haar man,wie se families probeer het om hul huwelik te vernietig. “Hulle het vir ons gesê ons huwelik is dood weens ons geloof,” sê sy. Bid dat God hulle sal omsingel terwyl hulle vir Hom staan.

  9. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.groei en beskerming van diegene onder hul leiding.

                                                                                   

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.

         








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.



Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

GoTyme Bank, Branch: 678910, Account: 5100 0796 701.

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260. {Local}

Capitec Bank, Branch: 470010. Account:124-572-9592. {Esther}


Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page