29 Junie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3

- Jun 25
- 6 min read

29 Junie 2026.
Liewe Vriende.
“Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.” (Johannes. 3:29).
Dit is maklik om jou te verbly oor jou eie sukses of geluk. Dis maklik om jou te verheug as jou kind met 'n goeie rapport tuiskom, of slaag in sy planne. Dis natuurlik om bly te wees as dinge vir jou uitwerk presies soos jy dit bedoel het. Dan voel jy daarna om kerse aan te steek en vrolike musiek te speel. En wanneer mense jou gelukwens, sê jy gewoonlik: "Ag, dis nie so belangrik nie," maar eintlik swel jy van genoegdoening. Die meeste gewone mense is so, maar daar is uitsonderings.
Johannes die Doper was so 'n uitsondering. Jesus, die Christus, se koms en die groot opgewondenheid wat dit veroorsaak het, het hom verbly. Die Ou Vertaling stel dit beter: "So is dan hierdie blydskap van my volkome." Dis nie bloot dat hy Jesus sy manjifieke optrede gun nie. Dis vir hom 'n bron van groot vreugde, eintlik "volkome blydskap".
Aan die een kant was dit seker vir Johannes maklik om terug te staan, want hy kon immers die Goddelikheid van Jesus aanvoel en dit as 'n voorreg beleef. Maar dit verg meer om jou in die sukses van die Ander Een te verbly, veral wanneer jy sien dat jou paadjie afdraand begin loop.
'n Jongman het sy moeilike finale eksamen gedruip en nogtans na die gradeplegtigheid gegaan om vir sy vriende wat deurgekom het hande te klap. Dit het baie van hom gesê. Hy het die hereksamen deurgekom en later as professionele man sy vriende ver verbygesteek. Miskien het sukses ook iets daarmee te doen dat jy moet besef daar is sekere dinge wat jy moet sluk, en dat jy jou in ander se sukses volkome moet verbly as resep vir jou eie.
Dit is Johannes nie gegun nie. Sy loopbaan was verby. Maar hy het 'n blydskap beleef: die blydskap om Jesus te sien, om te hoor wat Hy doen, om die koninkryk van God aan te voel.
Mag God ons vandag hierdie blydskap gee oor Jesus.
Gebed: Here, U is vandag nog net so besig as in die dae van Johannes en Jesus. Maak ons bewus van Jesus, en maak ons bly, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
NOORD-KOREA. Kom ons bid vandag vir gelowiges wat alleen aanbid. Bid dat hulle samesyn met God sal ervaar wanneer menslike samesyn onmoontlik is. Noord-Koreaanse Christene het onlangs gedeel dat dit bykans onmoontlik is om enige soort medisyne te kry. Bid dat God ʼn weg sal baan vir mediese behandeling en genesing. ʼn Noord-Koreaanse, gelowige herinner ons aan die belangrikheid daarvan om elke dag vir ons Noord-Koreaanse familie te bid. “Ons bestaan nog danksy julle gebede en ondersteuning,” het hy gesê.“Dankie dat julle bid.”
Verjaarsdae. Hierdie week vier ons twee kosbare jong manne se verjaarsdae: Simeon – Donderdag, 25 Junie en Joshua – Vrydag, 26 Junie Simeon en Joshua is nie net ons seuns nie – hulle is sendelingkinders wat saam met ons die uitdagings, opofferings en geloofspad van die bediening stap. Hulle het deur die jare saam met ons gestaan in tye van vreugde, maar ook in tye van beproewing, terwyl ons die Here se werk gedoen het. Soos baie sendelinggesinne leef ons eenvoudig, en daarom wil ons nederig vra of ons geestelike familie hierdie spesiale geleentheid saam met hulle sal vier. U teenwoordigheid sal reeds vir hulle 'n groot geskenk wees. 'n Besoek, 'n oproep, 'n boodskap of 'n gebed sal hul harte aanraak en hulle herinner dat hulle geliefd en waardeer word. Indien die Here dit op u hart lê, kan u ook help met 'n klein donasie vir 'n verjaarsdagkoek en 'n eenvoudige geskenkie vir elkeen. Selfs die kleinste bydrae kan 'n groot verskil maak en vir hierdie twee jong manne 'n onvergeetlike verjaarsdag skep. Ons vra nie uit verpligting nie, maar uit geloof en met dankbaarheid vir almal wat reeds deur die jare saam met ons gestaan het. Kom ons wys vir Simeon en Joshua dat hulle deel is van 'n groot geestelike familie wat omgee. "Wie 'n beker koue water gee aan een van hierdie geringes omdat hy My dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie."— Matteus 10:42
* Name verander weens veiligheidsredes. Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
Junie Sending Nuusbrief, Ons Bediening en Werk in Winburg
Ons, die Lourens-gesin, dien voltyds in Deo Volente Sending/Change a Nation bedieninge vanuit Winburg in die Vrystaat, waar ons sedert Maart 2024 woon nadat ons deur die Here gelei en gestuur is om vanuit die Wes-Kaap hierheen te verhuis.
Ons bediening funksioneer nie binne die raamwerk van ’n plaaslike gemeente nie, maar as ’n selfstandige evangeliese bediening met plaaslike, nasionale en internasionale fokus.
1. Plaaslike en Aanlyn Bediening
Ons daaglikse bediening bestaan uit die verspreiding van Bybelse lering, gebed en geestelike inhoud deur digitale platforms. Ons bereik daagliks ongeveer 9 000 mense via WhatsApp- en Telegram-groepe regoor Suid-Afrika en verder.
Daarbenewens bied ons:
weeklikse aanlyn preke en geestelike onderrig
pastorale berading via digitale platforms
individuele gebedsondersteuning en geestelike begeleiding
2. Plaaslike Bediening in Winburg
Ons is ook aktief betrokke in plaaslike dienswerk, insluitend:
huweliksbevestiging (geregistreerde huweliksbeampte)
vrouebediening en aanbidding (Esther Lourens)
jeugbetrokkenheid en ondersteuning (Simeon en Joshua Lourens)
manne en leiers bediening,pastorale sorg en persoonlike gebed(Johan Lourens)
3. Internasionale Bedieningsbetrokkenheid
Ons is betrokke by leierskapsontwikkeling, opleiding en sendingondersteuning in verskeie Afrikalande, insluitend Mosambiek, Malawi, Zimbabwe, Zambië, Kenia, Uganda, Tanzanië en Namibië.
Hierdie werk sluit in:
administratiewe en logistieke ondersteuning
finansiële koördinering en verslagdoening
opleiding van kerkleiers deur die “Basic Concept Course”, wat reeds duisende leiers toegerus het
gereelde digitale kommunikasie met sendingkoördineerders en veldwerkers
4. Finansiële Ondersteuning
Die bediening word tans nie deur ’n enkele plaaslike kerk befonds nie.
Ondersteuning word verkry deur:
beperkte individuele bydraes
huweliksbevestigingsdienste
en voortdurende vertroue in God se voorsiening
Die bediening funksioneer sonder skuld en sonder agterstallige verpligtinge.
5. Opleiding en Bedieningstatus
Beide Johan en Esther Lourens is geordende pastore met formele teologiese opleiding en verskeie kwalifikasies en sertifikate in bediening en leierskapontwikkeling.
Ons is reeds meer as 26 jaar aktief in voltydse bediening, met ’n fokus op dissipelskap, toerusting van leiers en die verspreiding van die Evangelie deur beide persoonlike en digitale platforms.
Slot
Ons bediening is gefundeer op gehoorsaamheid aan God, eenvoud en getroue diens. Ons poog nie om aanspraak te maak op groot institusionele strukture nie, maar om getrou te wees aan die roeping wat ons ontvang het.
Ons bly beskikbaar vir gesprek, samewerking en verdere inligting op versoek. Ons amptelike bank rekening is by Capitec Bank en die rekening naam is Sending en die rekening nommer is 153 718 3077 as u wil saai in die bediening.
Stuur gerus ‘n whatsapp na: 0834606914 of e-pos na: missions@lantic.net vir enige navrae, gebedsversoeke of verdere inligting benodig.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Account Ministry:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments