27 Julie 2026.Weeklikse Manna, Julie Sending Terugvoer en Gebedsversoeke.
- missions3

- Jul 24
- 6 min read

27 Julie 2026.
Liewe Vriende.
“Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” { Jeremia 33:3}
Wat 'n wonderlike uitnodiging gee die Here aan ons! Hy sê nie ons moet eers perfek wees voordat ons na Hom toe kom nie. Hy vra nie dat ons al die antwoorde moet hê voordat ons bid nie. Hy sê eenvoudig: "Roep My aan."
Gebed is nie net vir Sondae of wanneer alles verkeerd loop nie. Gebed is 'n voorreg wat ons enige tyd van die dag of nag kan beoefen. Wanneer ons bly is, kan ons God dank. Wanneer ons moedeloos is, kan ons ons hart voor Hom uitstort. Wanneer ons onseker is oor die toekoms, kan ons Sy leiding vra. Daar is geen oomblik wanneer God te besig is om na Sy kinders te luister nie.
Jeremia 33:3 herinner ons daaraan dat God nie net hoor nie – Hy antwoord. Sy antwoorde kom soms vinnig, soms wag Hy omdat Sy tydsberekening volmaak is. Maar Hy laat ons nooit alleen nie. Hy belowe ook om groot en ondeurgrondelike dinge aan ons bekend te maak. Hy sien wat ons nie kan sien nie. Hy ken die pad wanneer ons net die volgende tree kan raaksien.
As jy hierdie week swaarkry, onthou dat jou omstandighede nie groter is as jou God nie. As jy bekommerd is oor jou gesin, jou gesondheid, jou werk of jou toekoms, bring dit alles in gebed na Hom toe. Die Here is getrou. Hy gee wysheid aan dié wat vra, vrede aan dié wat op Hom vertrou, en nuwe krag aan dié wat moeg geword het. Onthou jy het ‘n Nood Nommer, ‘n 911 Nommer dit is {Jeremia} 33:3.
Moenie ophou bid nie. Hou aan om God te soek. Elke gebed wat uit 'n opregte hart kom, bereik die troon van God. Hy is naby aan elkeen wat Hom aanroep.
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U ons uitnooi om U enige tyd aan te roep. Dankie dat U hoor wanneer ons bid en dat U altyd getrou is aan U beloftes. Gee ons geloof om op U te vertrou, selfs wanneer ons nog nie die antwoord sien nie. Open ons oë om U hand in ons lewens raak te sien en lei ons op die pad wat U vir ons voorberei het. Vul ons harte met vrede, hoop en nuwe moed. Help ons om elke dag nader aan U te leef en nooit op te hou bid nie. Ons vra dit in die wonderlike Naam van Jesus Christus. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.\
DRK-Kongo. Bid saam met ʼn DRK-leier, ds. Kitika: “Ons vra die gebede van broers en susters regoor die wêreld vir die terugkeer van vrede sodat ons kan voortgaan om die Goeie Nuus van Jesus Christus te versprei.”
Nigerië. Loof God vandag vir geregtigheid. In Nigerië is byna 400 terroriste, wat aan bekende ekstremistiese groepe gekoppel is, in ʼn massaverhoor skuldig bevind en tronkstraf van vyf jaar tot lewenslank opgelê.
SRI LANKA. Bid saam met jou suster, Sunisha*, vir krag om te vergewe. Sy het gekyk hoe haar broer haar Bybel verbrand en het aanrandings verduur. “God sal my nie ʼn beproewing gee wat ek nie kan hanteer nie,” sê sy. Om haar lewe aan Jesus oor te gee, het Jerusha haar familie gekos. Bid dat ons suster met haar pa kan versoen, wat omkopery en teistering gebruik om haar te dwing om na haar Boeddhistiese wortels terug te keer. Bid saam met Geopende Deure se plaaslike vennote vir wysheid terwyl hulle Sunisha en Jerusha bly besoek. Hulle ondersoek maniere om die vroue en hul families te ondersteun.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
*Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

'n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
🌍 Sending Terugvoer – Julie 2026
"Die oes is groot, maar die arbeiders min..." – Lukas 10:2
Liewe familie, vriende en medewerkers,
❤️ Dankie vir elke gebed, boodskap en finansiële ondersteuning. Julle maak dit moontlik dat ons die evangelie kan uitdra en mense met die liefde van Jesus kan bedien.
🇿🇦 Plaaslike bediening
✅ Vrouebyeenkomste – Esther het vroue met God se Woord bedien en bemoedig.
✅ Manneaand – Mans is toegerus om geestelike leiers in hul huise en gemeenskappe te wees.
✅ Leiersforum – Johan het saam met geestelike leiers gebid en beplan vir die uitbreiding van God se Koninkryk.
✅ Donderdag Bidure – Bediening aan pensionarisse met die Woord, gebed en gemeenskap.✅ Sosiale Media – Die evangelie bereik daagliks 9 000+ mense deur verskeie platforms.
🌍 Afrika Sending
God werk kragtig in:🇿🇲 Zambia | 🇿🇼 Zimbabwe | 🇲🇼 Malawi | 🇰🇪 Kenia | 🇲🇿 Mosambiek | 🇺🇬 Uganda
Ons sendingvennote rapporteer:✨ Leiers word opgelei.✨ Gemeentes groei.✨ Jongmense kom tot geloof.✨ Die evangelie bereik nuwe gemeenskappe.
🙏 Mosambiek vra dringend vir korttermyn-uitreikspanne. As jy vir 'n dag, 'n week of selfs 'n maand kan gaan help, kontak ons gerus.
🙏 Bid asseblief saam
• Esther se gesondheid (diabetes en nuwe chroniese medikasie).
• Johan se vinger wat steeds met 'n beeninfeksie sukkel.
• Ons bedieningsvoertuig wat groot herstelwerk benodig.
• Finansiële voorsiening vir die bediening.
• Meer arbeiders en oop deure vir die evangelie.
❤️ Dankie!
Julle is deel van elke lewe wat aangeraak word. Elke gebed en elke saad wat gesaai word, dra ewigheidsvrug.
"Wees standvastig... julle arbeid in die Here is nie tevergeefs nie." – 1 Korintiërs 15:58
God se rykste seën!
Johan • Esther • Simeon • Joshua
🌐 Meer oor ons bediening:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Account Ministry:
GoTyme Bank, Branch: 678910, Account: 5100 0796 701.



Comments