top of page

25 Mei 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • 12 hours ago
  • 5 min read
Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

25 Mei 2026.


Liewe Vriende.


“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” {Sagaria.4:6}


Serubbábel het voor ’n taak gestaan wat menslik onmoontlik gelyk het: die herbou van die tempel te midde van teenstand, swak hulpbronne en moedeloosheid onder die volk. Alles het geskree dat méér krag, méér planne, méér mense nodig is. Maar God se woord sny dwarsdeur die menslike redenasie: nie deur menslike vermoë, invloed of geweld nie — maar deur Sy Gees.


Ons natuurlike reaksie in moeilike tye is om harder te probeer, slimmer te beplan en vinniger te beweeg. Ons vertrou op ondervinding, kontakte, geld, strategieë en persoonlike deursettingsvermoë. Tog wys hierdie teks dat die werklike deurbraak nie lê in wat ons kan bymekaarmaak nie, maar in wat God deur ons kan doen wanneer ons oorgee.


Wanneer ons in eie krag optree, raak ons gou moeg, gefrustreerd en moedeloos. Ons dra laste wat ons nooit bedoel was om te dra nie. Maar wanneer ons toelaat dat die Gees van God lei, begin dinge gebeur wat buite ons vermoë lê. Deure gaan oop wat ons nie kon oopstoot nie. Probleme word opgelos op maniere wat ons nie kon uitdink nie. Vrede vul die plek waar spanning was.


Om nie in eie krag op te tree nie, beteken nie passiwiteit nie — dit beteken afhanklikheid. Dit beteken om eers te wag, te bid, te luister, en dan te beweeg soos die Gees lei. Dit beteken om te erken: “Here, sonder U kan ek niks doen nie.”

Serubbábel se berg het nie verdwyn deur sy inspanning nie, maar deur God se Gees. En so is dit vandag nog: jou berg, jou taak, jou roeping sal nie deur jou krag voltooi word nie, maar deur Sy Gees wat in jou werk.


Gebed: Here, leer my om nie op my eie krag staat te maak nie, maar elke dag afhanklik te leef van U Gees se leiding,in Jesus Naam Amen.

                                                                                                                                                                                        

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. IRAN.Bid saam met die ondergrondse Kerk in Iran terwyl hulle reageer op die voortdurende hartseer en verwarring nadat meer as ʼn geskatte 38 000 mense landwyd in vanjaar se betogings dood is. Ziba*, ʼn Iranse Christen, deel: “Ons wil die waarheid en hoop na ons nasie bring . . . Bid asseblief dat God ons sal wys hoe om ons gemeenskap met die hoop van Jesus lief te hê.”Bid vandag vir Ghazal Marzban, ʼn Christelike bekeerling in Iran. Sy is een van ʼn groeiende aantal mense van godsdienstige minderhede wat weer gearresteer is. Vra God om altyd naby ons suster te wees. Bid saam met Maryam*,ʼn Christen-vrou wat die ondergrondse Kerk in Iran dien. “Bid asseblief vir ons mense. Dit wat hulle met hul eie oë gesien en met hul eie ore gehoor het, het hulle diep geraak.” Bid vir diegene wat Christene in Iran dien, wat ook geraak is deur dit wat hulle hoor en oordra. Vra die Here om hulle te beskerm en om vir hulle onderskeidingsvermoë en wysheid te gee om te weet hoe om vir leiers te bid en hulle te troos. ʼn Iranse Christen, Majid*,vra vir gebed vir sy ouers en broer. Sy broer is tydens die betogings in die tronk aangehou en aangerand. Bid vir genesing en veerkragtigheid. Bid saam met die Setareh* (20), wat klein dissipelskapgroepe in Iran lei. “Bid dat God vir my ʼn lewensmaat sal bring – iemand wat Sy visie en roeping met my deel.” Bid vir Iraniërs, veral jongmense, wat ʼn doel en rigting soek. Vra God om mense op hul pad te plaas om hulle na Hom te lei. Bid saam met Iranse Christene wat ter wille van hul geloof gevange gehou word. “Hemelse Vader,terwyl ons ons familie in die gevangenis onthou (Hebreërs 13:3), vul hul tronkselle met U teenwoordigheid.

  2. Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.

  3. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.

  6. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.

  7. Durban. Ons is vanaf 25 tot 29 Mei in Durban. Bid asseblief saam vir beskerming, bewaring, voertuig, voorsiening en Goddelike Afsprake.”Divine Appointments”.

* Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

 








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page