22 Junie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke
- missions3

- Jun 17
- 8 min read

22 Junie 2026.
Liewe Vriende.
“Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.” {Spreuke 3:27
Hierdie week se manna herinner ons daaraan dat God ons nie net seën vir ons eie voordeel nie, maar ook sodat ons tot 'n seën vir ander kan wees. Elke dag plaas die Here mense op ons pad wat hulp, bemoediging, ondersteuning of 'n vriendelike woord nodig het. Soms dink ons dat ons te min het om te gee, maar God kyk nie net na die grootte van die gawe nie; Hy kyk na die gewilligheid van die hart.
Wanneer ons die geleentheid het om goed te doen, moet ons nie uitstel nie. 'n Telefoon oproep of whatsapp boodskap, 'n gebed, 'n besoek, 'n brood, 'n bietjie finansiële hulp of selfs net 'n luisterende oor kan 'n groot verskil in iemand se lewe maak. Die Here wil hê dat ons Sy hande en voete op aarde moet wees.
Jesus self het oral gegaan en goed gedoen. Hy het die hongeriges gevoed, die siekes genees, die bedroefdes vertroos en hoop gebring aan dié wat moed verloor het. As Sy kinders word ons geroep om dieselfde gesindheid te openbaar. Ware liefde word nie net met woorde bewys nie, maar deur dade van omgee en medelye.
Mag ons nooit verby iemand stap wat hulp nodig het wanneer dit binne ons vermoë is om te help nie. Elke daad van liefde wat in geloof gedoen word, bring eer aan God en wys iets van Sy hart aan die wêreld.
Gebed: Here, maak my oë oop vir die nood van ander en gee my 'n gewillige hart om te help waar U my die geleentheid gee, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
BANGLADESJ. In Noord-Bangladesj neem die vervolging van Christene skerp toe, veral teen bekeerlinge vanuit ander gelowe. Bid vir voorsiening en beskerming vir die families wat gedwing word om weg te kruip.Bid spesifiek saam met Mamum*, ʼn plaaslike evangelis wat deur Islamitiese leiers bedreig word. Hy staar dreigemente in die gesig om die huiskerk wat hy lei, te sluit. Vra God om hom teen die aanslae te beskerm. Saiful*, ʼn pastoor by ʼn plaaslike kerk, vra: “Bid asseblief vir ons dat ons getrou aan Christus sal bly tot die laaste druppel van ons bloed.” Bid vir moed en seën vir Saiful en sy familie.
NOORD-KOREA. In Noord-Korea word 20 tot 40 huishoudings saam gegroepeer onder ʼn plaaslike toesighouer wat hul daaglikse bewegings,besoekers en lojaliteit monitor en daaroor rapporteer. Bid saam met ondergrondse Christene wat mhierdie onderdrukking ervaar. Noord-Koreane moet self-evalueringsbyeenkomste bywoon om hul tekort-komings te bely en mekaar te veroordeel. Vra God om in hierdie sessies Sy waarheid aan Noord-Koreane te openbaar. Kom ons bid vandag vir gelowiges wat alleen aanbid. Bid dat hulle samesyn met God sal ervaar wanneer menslike samesyn onmoontlik is. Noord-Koreaanse Christene het onlangs gedeel dat dit bykans onmoontlik is om enige soort medisyne te kry. Bid dat God ʼn weg sal baan vir mediese behandeling en genesing. ʼn Noord-Koreaanse gelowige herinner ons maan die belangrikheid daarvan om elke dag vir ons Noord-Koreaanse familie te bid. “Ons bestaan nog danksy julle gebede en ondersteuning,” het hy gesê. “Dankie dat julle bid.”
Bediening. Bid saam met ons vir: Wysheid en beskerming, Fisiese en geestelike krag en Finansiële voorsiening vir 2026. Tans ontvang ons net 50% van ons maandelikse begroting.
Kinders. Daar is wêreldwyd meer as 2 miljard kinders onder die ouderdom van 15 jaar. Meer as 1 miljard woon in Asië en meer as 500 miljoen woon in Afrika.
KINDERS SONDER VEILIGE HUISE SUID-SOEDAN ➢ Byna 50 miljoen kinders is wêreldwyd in 2024 weens konflik en geweld ontheem. Baie kinders in Suid-Soedan het grootgeword te midde van konflik, ontheemding en armoede. Sommige het ouers deur oorlog of onstabiliteit verloor en woon nou in skuilings of op straat, dikwels sonder veiligheid, ondersteuning of stabiele onderwys. Baie bly kwesbaar vir vrees en om sonder hoop te lewe. Maar God... God laat die eensames woon in 'n huisgesin... (Psalm 68:7, AOV). Bid dat die Here veilige huise, liefdevolle versorgers en genesende gemeenskappe vir kwesbare kinders in jou buurt sal voorsien.Bid dat die Kerk in Suid-Soedan 'n toevlugsoord vir verlate kinders sal word.Vra die Heilige Gees om die Vader se liefde aan vreesbevange kinders te openbaar en hulle te lei na genesing, geborgenheid en 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus.
GETRAUMATISEERDE KINDERS OEKRAÏNE ➢ Meer as een uit elke ses kinders wêreldwyd woon nou in gebiede wat deur konflik en oorlog geraak word. Baie kinders in Oekraïne het trauma ervaar as gevolg van oorlog, ontheemding en onstabiliteit. Sommige was van kleins af getuies van vernietiging en vrees. Langdurige konflik laat diep emosionele wonde, terwyl kinders desperaat veiligheid, liefdevolle leiding en die hoop van Christus nodig het. Maar God... Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek... (Psalm 91:4). Bid dat die Here straatkinders in jou stad, wat deur geweld geraak word, sal beskerm en vrede, genesing en deernisvolle versorgers in hulle lewens sal bring. Vra die Heilige Gees om kerke en skole in Oekraïne te versterk om hoop, stabiliteit en die liefde van Jesus aan getraumatiseerde kinders te bedien.
KINDERS VASGEVANG IN ARMOEDE INDIË ➢ Byna 900 miljoen kinders wêreldwyd ervaar multidimensionele armoede en het nie toegang tot basiese noodsaaklikhede nie. Miljoene kinders in Indië word gekonfronteer met armoede, honger en beperkte onderwys. Baie woon in oorvol gemeenskappe sonder behoorlike gesondheidsorg of ondersteuning. Maar God... Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind... (Psalm 82:3). Bid dat die Here vir kinders in kinderhuise in jou stad sal voorsien en leiers wat omgee sal oprig om hulle te ondersteun, te versorg en op te voed. Vra die Heilige Gees om kinders in Indië wat in armoede leef, met hoop, doelgerigtheid en vertroue in hul Godgegewe identiteit te vul, en toekomstige Christelike leiers uit nederige gemeenskappe op te
KINDERS WAT MET DIGITALE VERSLAWING SUKKEL SUID-KOREA ➢ Studies wêreldwyd toon toenemende angs, isolasie en skermafhanklikheid onder kinders as gevolg van skadelike digitale blootstelling. Baie kinders word vandag diep beïnvloed deur sosiale media en digitale stimulasie. In Suid-Korea sukkel baie met angs, isolasie en skermverslawing. Kinders het wysheid, gesonde verhoudings en geestelike leiding nodig om tegnologie op maniere te gebruik wat God eer. Maar God... Niks wat sleg is, wil ek nastreef nie... (Psalm 101:3). Bid dat die Here aan ouers, onderwysers en skoolleiers in jou stad wysheid sal gee om kinders wat aan skadelike digitale invloede blootgestel is, te lei in die gesonde gebruik van tegnologie en media. Vra die Heilige Gees om die harte en gedagtes van kinders in Suid-Korea teen skadelike invloede te beskerm en 'n honger na God se teenwoordigheid, waarheid en doel in hulle aan te wakker.
KINDERS SONDER GEESTELIKE LEIDING SWEDE ➢ Miljoene kinders wêreldwyd word groot met min blootstelling aan Bybelse dissipelskap of Christelike gemeenskap. Baie kinders in sekulêre samelewings word groot met min blootstelling aan Bybelse waarheid of dissipelskap. In Swede word baie jongmense beïnvloed deur waardes wat onafhanklikheid van God aanmoedig, wat kinders geestelik leeg en onseker oor waarheid en identiteit laat. Maar God... Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef... (Spreuke 22:6). Bid dat die Here herlewing sal laat uitbreek onder kinders wat in sekulêre omgewings in jou land grootword en getroue ouers, pastore en kerke sal oprig om die volgende generasie te dissipelleer. Vra die Heilige Gees om baie kinders in Swede na 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus te trek en hulle in sterk Christelike vriendskappe en plaaslike gemeentes te vestig.
KINDERS WAT MISBRUIK, HANDEL EN UITBUITING ERVAAR THAILAND ➢ Kinders verteenwoordig byna 'n derde van geïdentifiseerde slagoffers van mensehandel wêreldwyd. Baie kinders wêreldwyd word gekonfronteer met misbruik, mensehandel en uitbuiting. In Thailand laat armoede en gebroke gesinne kwesbare kinders blootgestel aan skade en emosionele trauma. Baie dra vrees en skaamte saam tot volwassenheid. Maar God... Julle moet die mens in nood en die arme bevry, hulle uit die mag van die goddelose red. (Psalm 82:4). Bid dat die Here voorskoolse kinders teen misbruik, mensehandel en uitbuiting sal beskerm en veilige skuilings, liefdevolle versorgers en sterk ondersteuningsisteme sal oprig. Vra die Heilige Gees om genesing en herstel te bring aan sielkundig gewonde kinders in Thailand en kerke toe te rus om die deernis, barmhartigheid en geregtigheid van Jesus Christus uit te leef.
KINDERS SE SOEKE NA IDENTITEIT EN DOEL BRASILIË ➢ Groeiende getalle van kinders sukkel met eensaamheid, verwerping, angs en verwarring oor hulle identiteit. Baie kinders sukkel vandag met verwerping, eensaamheid en identiteitsverwarring. In Brasilië verdraai gebroke huise en sosiale druk dikwels kinders se gevoel van waarde en doel. Ware identiteit word gevind deur Jesus Christus te ken en in 'n verhouding met Hom te wandel. Maar God... Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1). Bid dat kinders uit alle agtergronde in jou land hulle identiteit, waarde en doel in Jesus Christus sal ontdek en sal groei in hulle vertroue as kinders van God. Vra die Heilige Gees om mentors, pastore, onderwysers en ouers in Brasilië op te rig wat kinders in geloof sal versorg en hulle sal help om God se stem te hoor.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments