20 Julie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3

- 1 day ago
- 5 min read

20 Julie 2026.
Liewe Vriende.
“Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.” – Jesaja 54:10
Daar kom tye wanneer dit voel asof alles rondom ons uitmekaar val. Wat eens veilig en seker gelyk het, begin skud. Deure sluit, planne verander en die storms van die lewe toets ons geloof. Maar juis in daardie oomblikke laat God Sy stem bo die geraas hoor: “My goedertierenheid sal van jou nie wyk nie.”
Let op wat die Here sê. Hy belowe nie dat daar nooit storms sal wees nie. Hy belowe dat Hy nooit sal weggaan nie. Berge – die simbool van krag en standvastigheid – kan wyk. Heuwels – wat geslagte lank onveranderd staan – kan wankel. Maar daar is een ding wat nooit sal verander nie: God se liefde, Sy trou en Sy verbond van vrede met Sy kinders.
Jy mag vandag deur 'n moeilike seisoen gaan. Miskien dra jy 'n las wat niemand anders sien nie. Miskien wag jy op 'n deur wat nog nie oopgegaan het nie, of bid jy vir 'n wonderwerk wat nog nie gekom het nie. Onthou dan: God het jou nie vergeet nie. Sy hand is steeds oor jou lewe. Sy beloftes staan vas. Sy genade is groter as jou verlede, Sy krag is sterker as jou swakheid en Sy vrede is die anker wat jou deur elke storm sal dra.
Moenie jou hoop bou op veranderende omstandighede nie; bou dit op die onveranderlike God. Wanneer alles om jou wankel, bly Hy die Rots waarop jy veilig kan staan. Die God wat jou geroep het, sal jou dra. Die God wat jou liefhet, sal jou nooit los nie. En die God wat Sy beloftes gemaak het, sal elkeen daarvan op Sy volmaakte tyd vervul.
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U liefde nooit wankel nie en dat U vrede my hart dra wanneer die storms woed. Versterk my geloof om my oë op U te hou, want U is my Rots, my Hoop en my veilige Toevlug in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
Ondersteun asseblief ons bediening deur gebruik te maak van die oornag akkomodasie. Bespreek by: https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/10-on-de-villiers
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
COLOMBIË. Colombië se Onafhanklik-heidsdag word vandag herdenk. Christene in baie streke ervaar egter nie vryheid nie. Bid vandag vir Christelike gemeenskappe wat bedreigings in die gesig staar, wat hul vermoë beperk om openlik te aanbid en te dien. Bid saam met 13 gesinne wat gedwing is om hul gemeenskap in Nariño,Colombië, te verlaat omdat hulle Jesus dien. Bid dat hierdie families verenig sal bly en mekaar sal versterk. Bid vir die ontwortelde Kerk op plekke waar geweld en kriminele beheer volledige gemeentes uit hul huise verdryf het. Bid vir stabiliteit terwyl hierdie gelowiges hul huise en lewens herbou.
Nigerie. Ons het onlangs met Ruth*gepraat, wie se dogter en stiefdogter nog steeds vermis word – gevangenes van die 2014-aanval op ʼn meisieskool in Chibok. Sy vra ons om saam met haar te bid: “Broers en susters in Christus, help ons met gebede ... bid dat ons die meisies met ons eie oë sal sien.”Alheri was twaalf toe BokoHaram-vegters haar gevange geneem het. Sy het ontsnap en na Geopende Deure se traumasentrum gegaan. Loof God! Alheri vra: “Bid dat God my geloof sal versterk en my drome oor Boko Haram sal wegneem.”Bid vir die 27-jarige Blessing,ʼn voormalige gevangene van ʼn ekstremistiese groep, wat traumasorg by Geopende Deure ontvang het. “Ek het geleer om te vergewe,” sê sy.Bid dat God haar heeltemal van hierdie trauma sal genees.
Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).Die geweld teen hoofsaaklik Christelike gemeenskappe in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het kommerwekkende afmetings aangeneem. Bid vir die versterking van die Kerk in die aangesig van hierdie aanvalle.
Fasiliteit en Toerusting. Bid asseblief vir die volgende basiese toerusting om die opleiding fasiliteit ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers: Bid vir tafels en stoele vir opleiding, ‘n Dubbel Bed ,’n Kombuiskas vir die kombuisarea, mikrogolf oond en twee plaat stofie. Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.
Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek en Kenya. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry and Ministry Team:
GoTyme Bank, Branch: 678910, Account: 5100 0796 701. {General Account}
Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments