top of page

15 Junie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 10
  • 5 min read
Deo Volente Sending.
Deo Volente Sending.

15 Junie 2026.


Liewe Vriende.


“Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander. “ {1 Korintiers 10:24}


Ons leef in 'n wêreld waar mense dikwels aangemoedig word om eerste aan hulself te dink. Die Bybel leer egter 'n ander lewenswyse. God roep ons om nie net ons eie belange na te jaag nie, maar om ook om te gee vir die behoeftes van ander.


Jesus Christus is ons grootste voorbeeld. Hy het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien. Hy het Homself opgeoffer sodat ander die lewe kon ontvang. Wanneer ons sy voorbeeld volg, begin ons om met oop oë en oop harte na die mense rondom ons te kyk. Dan sien ons die eensame persoon wat bemoediging nodig het, die honger persoon wat kos nodig het, die moedelose persoon wat 'n vriendelike woord nodig het, en die verlore persoon wat die liefde van God nodig het.


Ware liefde word nie gemeet aan wat ons ontvang nie, maar aan wat ons bereid is om te gee. Selfsugtigheid bou mure tussen mense, maar liefde bou brûe. Wanneer ons ander se belange bo ons eie stel, weerspieël ons die karakter van Christus en word ons instrumente van sy genade.


Vra jouself vandag af: Wie kan ek help? Wie kan ek bemoedig? Wie kan ek dien? Soms is dit nie groot dade wat 'n verskil maak nie, maar 'n vriendelike glimlag, 'n gebed, 'n besoek, of 'n hand wat uitgereik word na iemand in nood.


Mag ons elke dag minder op onsself fokus en meer op die mense wat God op ons pad plaas, sodat sy liefde deur ons lewens sigbaar kan word.


Gebed: Here, help my om nie my eie voordeel te soek nie, maar om met die liefde van Christus ander te dien en te seën, in Jesus Naam, Amen.                                                                                                                                                                                     

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914



“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  2. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.

  3. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.

  4. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.

  5. LAOS. Bid saam met ons vir die Houang*-gesin, wie se huis vernietig is deur dorps-bewoners wat woedend is oor hulle besluit om na ʼn nabygeleë kerk te gaan. Bid vir Geopende Deure se plaaslike vennote terwyl hulle werk om ʼn langtermynoplossing vir die gesin te vind. Bid vir onlangse opleiding-sessies vir plaaslike kerke,veral vir deelnemers aan ʼn sessie wat ontwerp is om Christene te help om kultusse en vals leraars te hanteer. Bid dat gelowiges in die Woord gewortel sal bly. Bid vir die Sout en Lig-projek, wat plaaslike kerke help om nou saam met ons plaaslike vennote te werk om verhoudings met plaaslike owerhede te vestig deur gemeenskapsinisiatiewe, soos skoolondersteuning.

  6. SENTRAAL-ASIË. Bid saam met die 16-jarige Hysam* van Sentraal-Asië. Nadat hy gedoop is, het sy Moslem-ouers hom aangerand en uit hul huis geskop. Danksy jou ondersteuning het Hysam nou ʼn blyplek. Bid vir standvastige geloof vir Ayaz, ʼn 40-jarige wewenaar met twee tienerdogters. Hy is ʼn nuwe gelowige en die onlangse verlies van sy vrou was verwoestend. Bid vir wysheid en volharding. Loof God vir onlangse opleidingskursusse in dissipelskap in Sentraal-Asië. Altesaam 283 gelowiges uit verskeie Christelike lande het aan ʼn konferensie deelgeneem wat op die roeping van die Kerk gefokus het. Jou gebede en ondersteuning maak dit moontlik!

  7. FILIPPYNE. Bid vandag, op Wêreld-vlugtelingdag, saam met Christene wat gedwing is om vir veiligheid uit hul huise te vlug. Vra God om hulle te vertroos en nuwe deure van geleentheid en bemoediging oop te maak. Bid vandag vir Filippynse vaders en alle vaders wat vervolging in die gesig staar weens hul geloof. Vra God om hulle moed te gee en hulle toe te rus om die geestelike leiers in hul gesinne te wees. Bid vir die storievertellings-programme aan kinders wat ons plaaslike vennoot in die suidelike streek van die Filippyne lei. Vra God om hierdie Bybelstories in die kinders se gedagtes en harte te vestig.

  8. DIE OPROEP TOT NEDERIGHEID "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel." (Matteus 5:3). Lees ook Lukas 18:9-14 – Nederigheid teenoor selfgeregtigheid Jesus het deur Galilea gewandel en geleer dat toegang tot die Koninkryk van God begin met nederigheid en afhanklikheid van die Here. Hy het trots, selfgeregtigheid en geestelike blindheid gekonfronteer en mense opgeroep om hul behoefte aan God te erken. Die ewige lewe behoort aan dié wat hulself voor Hom verneder. Praktiese stap Kies vandag om iemand stilweg te dien sonder om erkenning daarvoor te soek. Bid dat die Here die harte van leiers en invloedryke mense in jou stad sal verneder en binne hulle 'n ware afhanklikheid van God sal wakker maak. Vra die Heilige Gees om dié wat op rykdom, status of wêreldse sukses vertrou, te oortuig en hulle tot bekering en oorgawe aan Christus te trek.


* Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure.

 












Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Account Holder: Sending/Mission}


Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page