6 Desember 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Dec 4, 2021
- 5 min read
Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
6 Desember 2021.
Liewe Vriende.
Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete (Matt 7:12).
Selfsug bly maar een van ons grootste probleme. Ons dink en droom ure lank oor ons eie ideale, behoeftes en probleme. En wanneer ons aan ander mense dink, gaan dit ook maar hoofsaaklik oor mense wat vir ons van waarde kan wees. Wat kan hulle vir ons beteken?
Wat het hulle wat ons nie het nie? In die proses van selfverryking en selfhandhawing gee ons ook nie om om op ander mense te trap nie, solank óns net bo uitkom. Dit klink dalk kras en miskien pas jy glad nie in by hierdie prentjie van selfsug nie. Maar is daar nie dalk so iets daarvan in jou eie lewe waar nie? Het jy jou naaste lief soos jy jouself liefhet? Is jy bereid om onselfsugtig na jou naaste se belange om te sien, om in hulle behoeftes te voorsien?
Indien jy ja antwoord op hierdie vrae, lees gerus weer ons teksvers vir die week. Gaan doen nou in die praktyk wat jy bely. Wees in-der-daad 'n naaste vir jou naaste. Stel belang en bied jouself aan en wees só gehoorsaam aan die wet van liefde.
Wees ingestel op iemand vir wie jy in-der-daad 'n naaste kan wees. Met dade van liefde, stuur daardie sms, bel, gee ‘n offergawe, ‘n kospakkie of dalk net ‘n blommetjie.
Gebed: Here, help my om my naaste raak te sien soos ek wil hê hulle my moet raaksien, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.
Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. My regterhand het geen gevoel en belemmer dit die werk op die rekenaar. Asseblief bly ook bid vir Esther se moeder wat geweldige uitdagings het met haar gesondheid en tans baie broos en kritiek is. Bid asseblief.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Ethiopië. Khalid* bly vasberade ten spyte van sprinkane wat vroeër vanjaar sy oes vernietig het, Covid-19 en die politieke konflik in sy gebied. Hy vra dat ons sal aanhou bid dat hy sterk en gesond sal bly om vir sy familie te voorsien en dat God hom kan gebruik.
Nigerië. Bid vir die groeiende aantal weduwees in Nigerië. Bid dat hulle op God sal steun en op Hom sal vertrou vir al hul behoeftes. Bid dat God hulle waardigheid sal herstel en dat baie Hom as hul Verlosser en Vader sal leer ken.
China. Broer Ma* en sy vrou bedien Gelowiges vanuit ʼn Boeddhistiese Agtergrond in westelike China. Bid vir hulle vir goeie gesondheid en dat hulle in die bergagtige gebiede sal kan werk sonder om deur bergsiekte geaffekteer te word.
Laos. Athit is tot Maart 2022 onder huisarres en word verbied om te preek, Christelike aktiwiteite te organiseer of om buite sy dorpie te gaan om te evangeliseer. Bid vir Athit terwyl hy uitdagings in sy bediening ervaar.
Suidelike Filippyne.Sedert die pandemie is Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond meer vasberade om die Evangelie met hul families en bure te deel. Bid dat God aan hulle geleenthede sal gee om die Evangelie met dié rondom hulle te deel.
Sentraal-Asië. ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond is deur haar twee volwasse seuns onderdruk en vervolg vir haar geloof. Haar oudste seun het wonderbaarlik om verskoning gevra. Prys die Here vir beantwoorde gebede. Hou asseblief aan bid vir haar tweede seun, wat steeds baie vyandig is.
Tanzanië.Vroue word dikwels aan fisiese en seksuele geweld onderwerp as ʼn manier van vervolging. Soms kan die geweld selfs tot die dood lei. Bid vir hulle beskerming en dat die Here vroue se geloof en vertroue in Hom sal versterk.
Burundi. Toe Jamal*, ʼn voormalige Imam, ʼn Christen geword het, was die mense in sy dorpie woedend, en sy vrou het hom probeer vergiftig. Hy is geforseer om te vlug en skuil nou in ʼn nabygeleë dorp. Bid dat die Here vir Jamal sal help om ʼn kerk te vind waar sy geloof en begrip van die Woord kan groei en versterk.
Mianmar. ns dank die Here vir Sy beskerming oor ons plaaslike vennote en die suksesvolle aflewering van medisyne aan gelowiges, ten spyte van uitdagings. Bid dat Hy voortdurend saam met ons plaaslike vennote sal wees terwyl hulle na gelowiges in die land uitreik.
Arabiese Skiereiland. Bid vir Evangelisasie-aktiwiteite in hierdie hoofsaaklike Islamitiese lande. Bid dat al die saadjies van waarheid wat tydens Ramadan en die res van die jaar gesaai is, sal wortel skiet in die harte van dié wat soekend is.
Israel. Spanning tussen die Arabiese en Joodse gemeenskappe het gegroei sedert geweld maande gelede uitgebreek het. Bid vir herstel en die moontlikheid van “Leef die Koninkryk saam” vir die Christen-gemeenskappe onder die Arabiere en Jode in Israel.
Sri Lanka. Rashmi (10) is deur drie seuns aangerand omdat sy ʼn Christen is. Dit het ernstige skade aan haar ruggraat en laer buik aangedoen, wat veroorsaak dat sy nie behoorlik kan loop nie. Tog bly haar geloof in God sterk. Prys God vir kinders soos Rashmi, wat aanhou om Hom in moeilike tye te prys
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:
https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments