top of page

Terugvoer oor Bediening/ Sendingwerk en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 23
  • 6 min read
Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

27 Januarie 2025.


Liewe Vriende.


“Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” 2 Timoteus 4:2-4


Welkom by die Januarie 2025 nuusbrief! Dit is hard om te glo, maar die eerste maand van 2025 het reeds verbygevlieg. Vir baie was die begin van die jaar 'n mengsel van opwinding en uitdagings, maar ons is bly om te kan sê dat die Lourense steeds sterk staan. Alhoewel ons nie immuun is teen die uitdagings wat die lewe op ons pad bring nie, gaan dit goed met ons, en ons is vol hoop en energie om die jaar voort te sit. Ons is opgewonde om die vordering wat gemaak is, met julle te deel, sowel as wat voorlê.


Jeugbediening Simeon en Joshua het met groot toewyding voortgegaan in hulle jeugbediening. Die skool vakansie was die hoogtepunt en is ses ekstra byeenkomste gereel.


Vroue Bediening  Haar bediening fokus op bemagtiging en die skep van 'n ondersteunende netwerk vir vroue in uitdagende omstandighede.


Manne-aand Die manne-aande is goed bygewoon, met die klem op broederskap en geestelike groei. Daar word temas bespreek wat relevant is vir mans se rolle as leiers, vaders en dissipels. Dit dien ook as 'n platform om mekaar te ondersteun in geloof en lewensuitdagings.


Afrika Bediening Die Afrika bediening het voortgegaan om ’n wesenlike verskil te maak. Hier is ’n oorsig van die opleiding en aktiwiteite van ons koördineerders:

  • Geoffrey Mputa, Jackson Dimba, en Raphael Zimba (Malawi): Die span het sleutelrolle vervul in evangelisasie en leierskapopleiding in Malawi. Daar was aansienlike groei in plaaslike gemeentes en 'n sterker fokus op dissipelskap. Ons het ook opwindende nuus van Geoffrey se seun, wat 27 Januarie begin met sy sendingopleiding by AFC in Kimberley. Dit is 'n wonderlike stap in sy geestelike reis wat hy volg in Geoffrey se voetspore, en ons wens hom alle seën toe in hierdie nuwe fase van sy lewe sodat hy kan oorvat by Geoffrey eendag.


  • Fred Mbewe (Zambïa): Fred het suksesvol voortgegaan met opleidingsprogramme en gemeenskapsontwikkeling. Sy jeugbediening groei steeds en sluit nou 'n fietsryklub in wat jeug inspireer om aktief en betrokke te bly.


  • Pastoor Mzonzo (Zimbabwe): Pastoor Mzonzo se bediening het ten spyte van ekonomiese uitdagings voortgebou op die grondslag van gemeenskapseenheid en geestelike groei.


  • Alex Masika (Kenia): Alex het gehelp om die werk van kerkleiers in landelike gebiede te ondersteun en koördinasie tussen gemeenskappe te verbeter.


  • Anastancio en Xavier (Mosambiek): Hierdie twee leiers het moeilike tye beleef na die opstande van die Oktober 2024 verkiesing. Xavier moes vir 'n tyd na Suid-Afrika vlug, maar is nou terug in Mosambiek. Hulle volhard in hul bediening ondanks die uitdagings.


  • Pastoor Kuda (Strand, Suid-Afrika): Ons samewerking met Pastoor Kuda in die Kaap is 'n seëning. Hy speel 'n belangrike rol in die plaaslike gemeenskap deur herlewingsbyeenkomste en versorgingsprojekte.


Sosiale Media Bediening Ons sosiale media bediening bereik daagliks ongeveer 3,000 leiers, wat bemoediging en onderrig ontvang deur digitale platforms. Dit is ’n kragtige instrument vir die verspreiding van die evangelie en die versterking van leierskap in afgeleë gebiede.


Oorgrens Uitreike vir 2025:

  • April 2025: Namibië

  • Julie 2025: Zambia

  • Desember 2025: Kenia

Vir al drie uitreike in 2025 is die begroting R98 000, wat insluit die reiskoste, opleiding, verblyf, taxis en projekte wat in elke land gedoen gaan moet word, te dek.


Gebedsversoeke

  1. Bid vir Simeon en Joshua se jeugbediening, dat hulle meer jongmense kan bereik.

  2. Bid vir Esther se vrouebediening, dat vroue geestelik versterk en bemagtig sal word.

  3. Bid vir ons koördineerders in Afrika, spesifiek vir Anastancio en Xavier in Mosambiek, dat hulle deur moeilike tye sal volhard.

  4. Bid vir die sosiale media bediening, dat dit steeds nuwe mense kan bereik en leiers sal toerus.

  5. Bid vir fondse en ondersteuning om voort te gaan met ons sendingwerk.


GEBED: Vader, ons loof en prys U vir die geleentheid om in diens van U sending te staan. Maak ons goeie rentmeesters van U bediening, in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. MALEDIVE. Dit is onwettig om in die Maledive Bybels in die land se moedertaal (Dhivehi) te druk of in te voer. Bid dat God dit vir ons Christen-familie moontlik sal maak om toegang tot God se Woord te verkry. Op die oomblik is slegs 25 boeke van die Bybel in Dhivehi vertaal. In die Maledive word eredienste in die openbaar verbied. Vra God om toe te laat dat Christene – die plaaslike burgers sowel as baie buitelandse werkers wat in die land bly – ʼn geloofsgemeenskap sal vind.

  2. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ndersteun.

  6. CHINA. Dit lyk asof die druk wat Chinese Christene ervaar, elke jaar toeneem. Bid dat gelowiges ten spyte van die toename in vervolging geloofsgroei sal ervaar. Kerkleiers word dikwels deur die Chinese owerheid dopgehou en met agterdog bejeën. Bid dat hierdie leiers vandag, op die Chinese Nuwejaar, die teenwoordigheid van Christus sal ervaar.

  7. Bid vir die ondergrondse Kerk in China.

“En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” {Johannes 1:5}










Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

Bank Accounts:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page