top of page

Oorsig van 60de Verjaarsdag en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 3, 2022
  • 6 min read

23 Mei 2022.


Liewe Vriende.


Ek het vandeesweek ’n MYLPAAL op my Lewenspad bereik. Ek skryf dit aspris so vaag en eufemisties, versier met hoofletters, want dis hoe soveel mense wat gaaf genoeg was om my geluk te wens, daarna verwys het. ’n Kroonjaar, die soort ouderdom wat met ’n nul eindig, ja 60!


Ek wil graag glo dat mens nie oor ouderdom jok nie. Maar ek moet bieg, hoe ouer ek raak, hoe groter raak die versoeking. Nie noodwendig om te jók nie, net om stil te bly. Maar ek weet mos dat stilbly ook ’n manier van lieg kan wees.


Daarom gaan ek nou soos ’n nuweling by ’n Alkoholiste Anoniem-vergadering opstaan en in die openbaar verklaar: “My naam is Johan Lourens en ek is 60.” Ja, op Maandag 23 Mei het ek deur dié gevreesde klankgrens gebreek. Skielik is ek amptelik “bejaard”! Eensklaps kwalifiseer ek vir SASSA en goedkoper treinkaartjies!


En tog was dit ’n doodgewone dag in Pretoria waar ek met familie, kinders en kleinkinders die dag spandeer het. Dit was lieflik, maar dit was heeltemal anders as wat ek altyd gedog het my 60ste verjaardag sou wees.


Dit is ook my 22ste jaar in voltydse bediening. 22 Jaar wat ek in God se Sending akker kan arbei en Matt.28:19 letterlik kon uitleef! “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Het 13 keer op ‘n Bus gereis vanaf Kaapstad na Malawi, 1 x per bus na Mosambiek, 1x per vliegtuig en 68 x met ‘n bakkie na Mosambiek, dan is Namibia, Botswana, Zambia en Kenya besoek. In die vroeër 90 Jare is ‘n voedselskema in Nelspruit/Witrivier bedryf en daagliks kos opgelaai by 5 winkels en 300 mense per dag kos gegee. Menigde beradings is gedoen, leiers opgelei 68 paartjies is in die huwelik bevestig.


Dan kon ek sekulêr werk vir Spoornet vir 21 Jaar waar ek op Tien verskillende dorpe gebly het, in staat om 2x my eie huis te koop. Baie mense kennis en lewens ervaring op te doen. ‘n Wonderlike vrou. kinders en kleinkinders te hê.


Intussen was my wonderlike 60ste verjaardag wat my oudste dogter vir my gereël het vir my ’n openbaring. Danksy die wonder van internet en WhatsApp en sosiale media het ek soveel liefdevolle boodskappe van oral oor Afrika ontvang dat ek skaars kans gekry het om myself te bejammer oor hierdie hoë ouderdom wat my so skelm bekruip het. Ek het heeldag so half op die rand van trane gehang, maar dit was nie trane van wanhoop nie, eerder van verwondering en dankbaarheid. Dat ek dit tot by hierdie Mylpaal gemaak het.


Wie is dit wat gesê het dis absoluut aaklig om oud te word – tot jy dink aan die alternatief?

Soveel vriende en tydgenote het langs die pad verdwyn. Weg weens kanker, motorongelukke, misdaad, Vigs, selfdood. Ek het hulle almal op my 60ste verjaardag onthou veral my mentos oorlede Pastoor Andre Myburg en oorlede Prof. Thys van Rensburg.


En nou, ’n oogknip later, het 60 jare verbygevlieg. Op my 60ste verjaardag wou ek die hele dag lank uitroep: “Stop die trein! Ek wil afklim en oor begin!” Maar aangesien mens nie só oud kan word sonder om minstens ’n klein bietjie wysheid by te kry nie, wéét ek teen dié tyd dat ek sekerlik dieselfde foute sou maak as ek alles oor kon doen.


Daarom sal ek tog maar op hierdie wegholtrein bly en die rit geniet vir so lank as wat ek nog kan. Of soos die skrywer Raymond Carver dit stel: “And did you get what you wanted from this life, even so? I did. And what did you want? To call myself beloved, to feel myself beloved on the earth.” Dis eintlik al. En dis reeds meer as genoeg.


Gebed: Dankie Vader dat U my vir sestig jaar gespaar het met ‘n vrou kinders en kleinkinders en my geseën het om voltyds in U Koninkryk te arbei, dankie Jesus, Amen!


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Kenia. Jaali is een van die hoogste gekwalifiseerde onderwysers in sy streek, maar hy sukkel om werk te kry weens sy geloof. Bid vir ʼn werk vir Jaali en vir beskerming vir sy vrou, Zawadi, en hulle kinders, waar hulle nou apart woon terwyl hy werk soek.

  2. Wes-Afrika.Bid vir pastore in Wes-Afrika, wat in uiterste onsekerheid en gevaarlike omgewings bedien. Bid vir hul beskerming en dat die Here aan hulle die nodige wysheid en onderskeidingsvermoë sal gee wanneer hulle bedien.

  3. Mosambiek. Lorena* is een van duisende wat in noordelike Mosambiek ontwortel is. Haar man en baie ander mans is gewelddadig vermoor toe rebelle hulle dorpie aangeval het. Bid dat God al hulle emosionele wonde sal genees en hulle met Sy vreugde sal vul.

  4. Eritrea. Dit is hierdie maand 20 jaar sedert die regering alle kerke (behalwe die Ortodokse, Katolieke en Evangeliese Lutheraanse Kerke) gesluit het en honderde kerkleiers in die tronk gegooi is. Bid dat hulle God se genade en teenwoordigheid sal ervaar.

  5. Mali.Dank die Here vir die teenwoordigeheid van Sy Kerk in Mali. Namate die invloed van radikale Islamitiese ideologieë groei en die eensgesindheid waarvoor Mali beny is verbrokkel, bid dat die Kerk sal voortgaan om dapper elke geleentheid te gebruik om die samelewing te bereik.

  6. Somalië. Somaliese gelowiges ervaar intense isolasie. Bid dat hulle God se vertroosting sal ervaar en dat hulle maniere sal vind om in hul geloof te groei. Bid dat God Christelike rolmodelle onder Somaliese gelowiges sal vestig.

  7. Ethiopië. Oorloë, sprinkaanplae, droogtes en politieke onstabiliteit veroorsaak baie onsekerheid en maak die Kerk ʼn maklike teiken. Bid vir wysheid vir die eerste minister, Abiy Ahmed, en sy regering terwyl hulle na volhoubare oplossings soek om hierdie kwessies aan te spreek

  8. Gauteng/Mpumalanga Roadtrip. Dankbaar dat alles goed afgeloop het en familie, vriende, kinders en kleinkinders besoek kon word.

  9. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  10. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  11. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

  12. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page