top of page

Oktober Terugvoer en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Nov 5, 2022
  • 4 min read

Gebednet.

Oktober Terugvoer en Gebedsversoeke.


7 November 2022


Beste Geestelike familie en vriende.


Alhoewel Oktober 'n besige en uitdagende maand was, Loof en prys ons die Here vir Sy Goedheid en Guns en positiewe terugvoer wat ontvang word via die sosiale media groepe, e-pos, internet en onderskeie Afrika Koordineerders. Ook twee paartjies in die huwelik bevestig.


Mosambiek.

Xavier en Mariana het 'n nuwe "branch" begin te Beira, Anastancio en Betty deel groente en vrugte uit aan die wese en weduwees op Guija Sending Stasie. Bid vir fondse om die sending kar reg te maak, ongeveer R8500 is nodig.


Malawi.

Geofrey in Botswana besig met opleiding as hy hier klaar is dan gaan hy in Tanzania opleiding aanbied. Moses en Raphael in Malawi besig met opleiding. Precious en Annie te Salima met jeug opleiding, Fredson en Precious leer die boere "Farming God's Way". Bid vir voorsiening vir Precious vir 'n ander beter motorfiets vir die bediening.


Zambia.

Die fietsry jeug projek groei met rasse skrede, Fred het oor die 300 leiers opgelei.


Uganda.

Thembeviro is besig om die opleiding onder sy eie bediening te intregeer om onafhanklik van ons te gaan.


Kenya.

Alex en Samuel doen die opleiding onder hul eie bedienings. Ons nie meer betrokke daar, alhoewel ons nog kontak het met hulle. (Broerderskap)


Zimbabwe.

Foster is tans besig in Bulowayo met opleiding. Masvingo is klaar gedoen. Hy en sy span sal oor twee weke weer terugkeer na Beitbridge. 95 Leiers is intensief opgelei, Dit gaan egter nie oor getalle nie maar eerder oor ware dissipels wat weer ander kan bereik en kan "multiply". Daar is ‘n groot tekort aan Bybels.

Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


Gebed: Dankie Vader dat U Woord nooit ledig terugkeer nie en vir die geleentheid om Jesus na die markplein te neem, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Oesbekistan. Bid vir die vervolgde gelowiges wat gely het weens die aandklokreël en padblokkades wat in Julie by Karakalpakstan afgedwing is. Bid vir die voorsiening van voedsel, asook die vrystelling van fondse en pensioene, sodat mense hul lewens kan herbou.

  2. Marokko. Bid vir gelowiges in Marokko wat voortdurend deur die polisie gemonitor word. Bid dat hulle standvastig in hul geloof sal bly en nie soos misdadigers behandel sal word nie. Bid dat gelowiges se regte eerbiedig sal word.

  3. Wêreldvryheidsdag. Prys God vir die vryheid wat ons in Suid-Afrika en regoor die wêreld kan geniet. Bid vir vryheid vir die talle vervolgde gelowiges wat weens hul geloof gevange geneem is.

  4. Nigerië. Bid vir die twee Chibok-vroue en hul kinders wat in Junie gered is, terwyl hulle voortgaan om by die samelewing in te skakel. Bid vir ontvoerde vroue wat nog nie gevind is nie om met hul families herenig te word.

  5. Oos-Afrika. Bid vir nuwe gelowiges soos Munah* en haar gesin, wat weens hul besluit om Jesus te volg deur hul stamlede uitgedryf is. Bid dat hulle sal onthou dat hulle aan Christus behoort en dat hulle geloof sal groei namate hulle meer van Hom leer.

  6. Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond. Bid vir bekeerde Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond wat mishandel, gedreig en vermy word. Bid vir krag tydens die aanhoudende vervolging en dat God hulle sal beskerm.

  7. Wêreldwelwillendheidsdag. Bid dat gelowiges barmhartigheid aan nie-gelowiges sal bewys en hulle Christus deur dié liefde en welwillendheid sal ontmoet. Bid dat vriendelikheid steeds ʼn verstaanbare taal vir almal sal wees, ten spyte van kultuurverskille en oortuigings.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  9. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  11. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  12. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  13. Maand-Einde. Bid asseblief saam vir voorsiening om ons maand einde verpligtinge na te kom.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.
























Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comentarios


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page