top of page

Nuwejaars Boodskap

  • Writer: missions3
    missions3
  • Dec 26, 2021
  • 5 min read

Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.



Nuwejaarsboodskap en Gebedsversoeke.


27 Desember 2021.


Liewe Vriende.


“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.” Jeremiah 29:11-12


As ons terugkyk na 2021 dan kan ons net sê; “Dankie Vader dit is net U wat ons deurgedra het”. 2021 was ‘n uitdagende jaar maar in alles het ons ook die teenwoordigheid van God tasbaar ervaar en dan kan ons sing soos Habukuk in hoofstuk 3:17-19; “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.” Drie van ons nabye vriende en twee familie lede is gedurende die jaar oorlede en Esther se moeder twee weke terug. Dan besef mens weereens jou afhanklikheid aan God en dat Hy al is wat jy het.


Daar was egter ook besondere positiewe ervarings waarin ons kan jubel en juig en die Here dank vir Sy Goedheid en Guns. Hierdie jaar was ons 21 ste jaar in voltydse bediening, 21 jaar wat ons in die geloof uitgestap het en net op Vader vertrou vir ons daaglikse voorsiening en vir die bediening. Die Afrika bediening het gegroei en die koordineërders het meer eie insiatief begin neem en besef hulle kan sonder dat ons reis na die onderskeie lande self die opleiding en konferensies aanbied en kan ons deur hulle ywer en insiatief nou aankondig dat Tanzania en Uganda by die lys van lande gevoeg is waarin persoonlik bedien word. Die internet en sosiale media bediening het ook gegroei en groei daagliks en loof en prys die Here dat Hy ander deure oopgemaak het toe die covid pandemie deure toegemaak het, dan besef mens dat die Here gedagtes van vrede en nie van onheil nie oor ons koester om ons ‘n hoopvolle toekoms te gee. Volgende jaar is ook my 60ste verjaarsdag en Simeon se 18de, ‘n mylpaal van onverdiende genade. Alles net deur gebed!


Graag wil ons elkeen bemoedig vir die nuwe jaar wat voorlê om op die Here te wag in smeking en gebed. Hy het ons deur 2021 gedra en Hy sal ons deur 2022 ook dra as ons naby Hom bly in gehoorsaamheid, geregtigheid en gebed. Die drie G’s, as jy hierdie drie jou eie maak en Vader God vasgryp daarin dan het jy niks te vrees vir 2022 nie. Vader sal sorg en deurdra. ‘n Voorspoedige Nuwejaar vir elkee.


Gebed: Vader aan die einde van 2021 kom ons na U en sê net dankie vir U goedheid en guns en dat U ons deurgedra het in 2021, sonder U was dit nie moontlik nie. Ons kom nou en plaas ons lewe en 2022 in U hande en vra om beheer te neem van al ons drome en planne vir 2022 en gee alles aan U oor. In Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Sirië. Dwelms, ateïsme en pornografie is besig om in Sirië te versprei. Bid dat die Kerk ʼn kragtige impak op tieners en jongmense sal hê om hulle na Jesus te lei en hulle te help om op die regte pad te bly.

  2. Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.

  3. Viëtnam. In 2020 is drie gelowiges opgesluit omdat hulle blykbaar ʼn bewaarde woud onwettig vernietig het. Volgens hulle pastoor is dit oor hul geloof. Bid dat God hulle getuienis en situasie sal gebruik om ander na Hom te draai.

  4. Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. My regterhand het geen gevoel en belemmer dit die werk op die rekenaar.

  5. Broenei. Self voor Sjaria-wetgewing (Islamitiese wette) in die land geïmplementeer is, was dit reeds moeilik om ʼn Bybel te bekom, veral in plaaslike inheemse tale. Inheemse gelowiges hunker na hul eie Bybels in hulle moedertaal. Bid dat God deure sal oopmaak vir Sy kinders om dit in die hande te kry.

  6. Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.

  7. Indonesië. Baie jong Christene soek ʼn lewe vry van bekommernisse en probleme. Die realiteit is dat gelowiges uitdagings en vervolging sal verduur. Bid dat jong gelowiges ontvanklik sal wees vir die realiteite van Christenskap en dat hulle gereed sal wees om sterk te staan wanneer hulle geloof uitgedaag word.

  8. Oesbekistan. Leiers van klein huiskerkgroepe benodig bemoediging, maar die aantal Covid-19-gevalle is steeds hoog, wat besoeke moeilik maak. Bid vir geleenthede om hierdie huisgroepe te besoek. Bid ook vir die veiligheid van die huisgroepe wat in Moslemgemeenskappe is.

  9. Wêreldwye Liggaam van Christus. In hierdie nuwe jaar, bid dat God by ons as die wêreldwye Liggaam van Christus sal wees. Bid dat Hy die Kerk sal gebruik om ʼn moedige en brawe getuie vir Hom te wees, terwyl ons steeds ʼn pandemie en verskeie sosiale kwessies in die gesig staar.

  10. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid ook dat meer vennote aan boord sal kom wat die bediening sal ondersteun.

  11. Geopende Deure wêreldwyd. Namate ons voortgaan om ons vervolgde familie te dien terwyl vervolging en diskriminasie teen hulle toeneem, bid dat God aan ons wysheid sal gee oor hoe om hulle die beste te dien in ʼn veranderende omgewing en dat Hy ons in staat sal stel om hulle te dien.

  12. Afrika Bediening. Bid asseblief vir oop deure en finansies om weer te begin reis in Afrika om opleiding te doen en die onderkeie koordieneerders te besoek.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens

N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 078 674 6125.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page