Guija Sending Stasie
- missions3
- Aug 25, 2021
- 2 min read
Guija Sendingstasie Gaza Provinsie Mosambiej Oorsig Guija Sendingstasie. Guija Sendingstasie is gestig in April 2006 deur Johan Lourens {Deo Valente Sending} en sal vanjaar hulle 10 de verjaarsdag vier. Daar het verskeie mooi dinge gebeur sedert die stigting soos 'n kerkie wat gebou is, waterpomp aangekoop vir besproeing vir die plaas sodat groente verbou kan word. Permanente infrastruktuur gebou. Die gemeente wissel van tussen 10 en 35 volwassenes op 'n Sondag wat waarlik die Here aanbid. Anastancio & Betty Tivane is die presiderende pastore daar. In 2009 is die totale bestuur en administrasie aan Anastancio oorhandig en het hulle volle seggenskap oorgeneem. Johan & Esther het terug gestaan en kontak verbreek sodat Anastancio kon groei en die sendingstasie bedryf. In Januarie 2016 het Johan Anastancio kontak en is meegedeel dat dinge bietjie deurgeval het. Byvoorbeeld die waterpomp vir die plaas het in 2013 gebreek en het Anastancio die groente verbouing gestop omdat die pomp stukkend was. Sy huis het inmekaar geval en is net halfpad herbou, die kerk se sinkdak het die wind afgeruk en het die kerk nie meer 'n dak op nie. Hy het die karavaan op die kerk perseel getrek en bly nou daar. Tans ondervind die sendingstasie geweldige finansiële druk en Anastancio begin moedeloos word van al die druk en is dinge besig om te verwaarloos. Anastancio het Johan gesmeek om weer beheer oor te neem en iemand gestuur om hom te kom help om die sendingstasie weer op te bou. Daar is besluit om dringend nog 'n persoon aan te stel om die leisels oor te neem en Anastancio vir 'n jaar af te los. Daar is reeds 'n aansoek ontvang van 'n sendeling in Suid Afrika, maar aangesien hierdie 'n vrywillige pos is moet die persoon self sy ondersteuning werf. Ons voel egter om hierdie persoon tegemoet te kom en 'n maandelikse bydrae te doen t.o.v. van sy lewenskoste en die administrasie op die sendingstasie. Daarom wil ons al ons ondersteuners vra om te oorweeg om vir 'n jaar lank hierdie sendeling te ondersteun/borg. Doen dit biddend en hoor wat die bedrag is waartoe u moet/kan verbind. Graag wil ek hiermee eerstens u GEBED vra vir die sendingstasie, Anastancio en almal betrokke. Tweedens wil ek 'n versoek rig indien moontlik om by te dra vir Anastancio. Om die proses te bespoedig en te vergemaklik wil ek vra dat u nie donasies sal inbetaal in die bediening se Absa bank rekening nie, maar direk aan hom sal stuur via WESTERN UNION waarvan die besonderhede as volg is: U kan donasies stuur via WESTERN UNION deur ABSA BANK of AMERICANN EXPRESS. Stuur na Millennium Bank BIM (65285269) in CHOKWE, Gaza Province, Mozambique. Ontvanger: Anastancio, Jaime Tivane. Guija, District Chokwe, Mozambique. Test Question: What church? Answer: Word of Life. Cell Number: +2588 469 74440. Nadat transaksie voltooi is stuur asseblief vir Anastancio 'n SMS na +2588 469 74440 met die verwysing nommer. {Anastancio kan net bereik word deur SMS en voice calls. GEEN WHATSAPP op sy selfoon nie} Baie dankie dat u die bediening in Mosambiek ondersteun en BID vir die span daar. Groete in Christus. Stigter, Guija Sendingstasie. Johan Lourens
Comments