top of page

Februarie 2025 Sending Terugvoer Verslag

  • Writer: missions3
    missions3
  • Mar 1
  • 6 min read
Deo Volente Sending-Gebednet
Deo Volente Sending-Gebednet

Beste Geestelike familie en ondersteuners.


“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde..” Handelinge 1:8.


Samevatting van Aktiwiteite.

  1. Huwelik. Johan het 'n paartjie in die huwelik bevestig.

  2.  Drie vroue byeenkomste gehou deur Esther, waar vroue geïnspireer is om hul geloof uit te leef.

  3.  Twee jeugbyeenkomste en 'n verjaarsdag gelei deur Simeon en Joshua, waar jongmense uitgedaag is om 'n verskil te maak.

  4.  Een manne aand waar mans bemagtig is om leiers in hul gemeenskappe te wees.

  5.  Een leiers vergadering waar leiers mekaar bemoedig het.

  6.  Afrika bediening: Leiderskapopleiding in Afrika, wat 'n nuwe generasie leiers oplei deur die Afrika Koordineërders. Johan is daagliks in kontak met hulle deur internet en media.

  7.  Sosiale Media Bediening: Bereik baie mense daagliks oor verskeie platforms, die Evangelie versprei, berading en gelowiges bemoedig.

  8.  Besoek aan sending kollega in Rustenburg, vennootskappe weer versterk en mekaar bemoedig.


Afrika Bediening Terugvoer.


  • Mosambiek: Vier families sangomas (toordokters) het Jesus Christus aangeneem, hul toorgoed verbrand en is deur Xavier gedoop! Dit is 'n merkwaardige deurbraak, aangesien hierdie families diep betrokke was by voorvader aanbidding en toordery. Ongelukkig is Xavier se motor deur rowers uitgebrand, wat hom sonder vervoer laat. Kan jy Xavier help met 'n motor? Hy het dringend 'n betroubare voertuig nodig om sy bediening voort te sit.

  •  Zambia: Alles gaan goed, en Fred het ons genooi na Livingston in Julie vir 'n jeug konferensie. Ons is opgewonde om te gaan en die Evangelie te deel.

  •  Zimbabwe: Pastor Mzonzo doen goed en is besig met uitreikings. Hy sien 'n beduidende impak in sy gemeenskap.

  •  Malawi: Geoffrey rapporteer dat alles goed gaan. Hy gaan voort om leiers op te lei en nuwe gelowiges te dissipels en kerke te plant.

  •  Uganda: Samuel rapporteer dat alles goed gaan. Hy sien 'n merkwaardige beweging van God onder jong mense.

  •  Kenya: Pastor Richard Opiyo rapporteer dat alles goed gaan in Mombasa. Pastor Alex Masika in Webuye ondervind groot uitdagings. Bid asseblief vir hom terwyl hy moeilikhede navigeer.

  •  Namibië: Johan is uitgenooi na Namibië aan die einde van Maart. Vervoer na Windhoek is betaal. Plaaslike motorhuur ooreenkomstes is gemaak maar nog nie betaal nie. Bid asseblief vir akkommodasie, plaaslike motorhuur en voorsiening viŕ kos.


Hoe Jy Ons Kan Ondersteun.

As jy ons sending bediening finansieel wil ondersteun, kan jy dit doen deur te deponeer in die rekeninge onderaan nuusbrief.


Slotgebed.

Liewe Hemelse Vader, ons dank U vir die geleenthede wat U ons gegee het om U en U mense te dien. Ons bid vir U voortdurende leiding, beskerming en voorsiening vir ons en ons sending koordineërders en hul gesinne. Mag ons pogings vrugbaar wees en eer aan U Naam bring. Ons vra dat U 'n motor vir Xavier sal voorsien, sodat hy effektief kan bedien. In Jesus se Naam, bid ons. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Kenya. Pastor Alex Masika wat uitdagings ervaar in Webuye.

  2. Namibia. Akkommodasie, kos en motor voorsiening vir Johan se reis terwyl in Namibië

  3. Mosambiek. 'n Motor vir Xavier in Mosambiek en beskerming van Xavier en Anastancio en hulle gesinne. ‘n Waterpomp vir Guija Sendingstasie.

  4. Gesin. Beskerming, bewaring, gesondheid en voorsiening vir ons as gesin. Ek en Esther ervaar aanvalle op ons gesondheid.

  5. BedieningSentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  6. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  7. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  8. AfrikaBediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.Voortdurende beskerming en leiding vir ons sendingkoördineerders en hul gesinne

  9. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  10. Afrika Uitreike. Ons as gesin gaan hierdie jaar op twee Afrika besoeke. Die logistiek is ingewikkeld. Bid asseblief saam vir voorsiening asseblief.

  11. DIE JEUG, Bid vir Simeon en Joshua se jeug jeug bediening wat twee maal per maand bymekaar kom.

  12. Finansies. Bid asseblief ernstig vir voorsiening van ons finansies en dat Vader vir ons nuwe en meer ondersteuners sal opwek. Tans ervaar ons ‘n geweldige uitdaging rakende ons finansies en maandeinde betalings is ‘n groot uitdaging.

  13. Eindtye. Bid dat mense nie deur vrees en valse profete verlei sal word om enige iets te glo nie, maar self die Bybel te ondersoek en te bid.

  14. Vroue. Vroue regoor die wêreld word in ʼn dubbele mate vervolg weens beide hul geloof en hul geslag. Bid dat hulle hul identiteit in Christus sal vind deur die waarheid van God se Woord te aanvaar en te glo. Bid vir ons susters in Iran wat in uitdagende situasies leef – vir hulle wat weens hul bediening gevange geneem is, dié wat onder gesinsgeweld ly, die weduwees of geskeides, en vroue wie se mans weens hul geloof tronk toe gestuur word. Bid dat die Iranse vroue in hul talente, vermoëns en gawes sal glo en die moed sal hê om dit tot God se eer te gebruik, met die fokus op hul waarde in God se oë. Bid saam met ʼn suster in Saoedi-Arabië: “Bid vir Saoedi-gelowiges. Mag God aan hulle krag, beskerming, vreugde en vrede gee en die deur vir ons oopmaak om ander gelowiges te ontmoet om saam met hulle te bid.” Bid vandag, op Aswoensdag, dat die wêreldwye Kerk sal wakker word en aan die stryd teen die lyding van vervolgde gelowiges sal deelneem. Bid saam met vroue wat nie die vryheid het om hul geloof openlik te beoefen nie. Wanneer ʼn vrou die enigste gelowige in haar gesin is, word dit uiters moeilik om deel te wees van ʼn plaaslike kerk. ʼn Christen-vrou in Jemen het ons gevra om saam met haar te bid: “Mag ons Here by die mense van Jemen wees en hulle help in die tye van rampe en oorloë. Bid vir die Jemeniete dat hulle die pad van die Waarheid sal ken.” Ons staan op Internasionale Vrouedag saam met ons vervolgde susters in gebed. Bid dat hulle die belangrike rol wat hulle in hul gesinne en die samelewing vervul, sal raaksien. Bid saam met Yasmina* van Noord-Afrika. Sy en haar man is Christen-bekeerlinge vanuit Islam en is in die lig van toenemende vyandig-heid gedwing om uit hul land uit te vlug. Bid vir hul veiligheid.








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan, Esther, Simeon en Joshua Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaretministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Account Holder: Sending


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page