top of page

Dringende Kennisgewing, Terugvoer en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Nov 22, 2022
  • 5 min read

ree

Gebednet.


28 November 2022


Beste Geestelike familie en vriende.



BELANGRIKE KENNISGEWING.


Neem asseblief kennis dat die volgende e-pos adresse verval op 6 Desember 2022 omrede Webmail nie meer ‘n gratis e-pos diens verrig nie en vanaf 6 Desember 2022 R79 per maand subskribsie vra. Sien Boodskap.


Webmail.co.za has just been upgraded. We hope you will enjoy the new version! Webmail.co.za has just been renewed! We hope that you enjoy the new version. Please note that you need to activate a subscription to continue using your email in the future. Here is all the information you need about the changes. By December 6th, 2022, you need to activate a subscription to continue using the Webmail.co.za email service. The ordinary subscription price is R79 per month, R474 per half-year or R948 per year (including VAT). When signing up for the first time, we offer an 80% discount on the half-yearly subscription (R94.80 for the first six months). After this, renewal happens automatically at ordinary prices. Revenue from ads is not sufficient to operate Webmail.co.za, and we are therefore switching to a subscription based business model.


Die Volgende VERVAL op 6 Desember 2022.

Die volgende e-pos adresse is in werking vir die bediening, gebruik gerus EEN van die onderstaande om met ons te korrespondeer,

Sending Terugvoer.


Ons het gedink Oktober was 'n besige en uitdagende maand, maar November was die heel besigste ooit!


Plaaslik

Sosiale Media groepe groei en blom. Ongeveer 3250 leiers word daagliks bereik.Die e-pos bediening is daar ook daagliks positiewe terugvoer. Johan is vir vier weke besig met 'n groep Buitelanders in en om die Kaap met verskeie aktiwiteite.


Malawi

Geoffrey is pas terug uit Botswana waar hy opleiding gegee het. Hy vertrek 22 tot 26 Desember na Windhoek in Namibia. Bid vir hierdie uitreik en guns met die hernu van sy paspoort wat op 5 Desember verval.

Fredson tree Desember in die huwelik. Precious rapporteer dat die plaas projek uiters geslaag en suksesvol is. Raphael en Sophie besig met kinder bediening. Moses en sy span het meer as 300 leiers opgelei.


Mosambiek

Xavier en Mariana het 70 leiers opgelei. Anastancio en Betty deel groente en vrugte uit aan die wese en weduwees op Guija Sending Stasie. Hulle gemeente het tans 35 lidmate. Bid vir fondse om die sending kar reg te maak, ongeveer R8500 is nodig.


Zambia

Die fietsry jeug projek groei met rasse skrede. Fred besig met verskeie projekte. Ons beplan om in 2023 weer Zambia te besoek.


Zimbabwe.

Foster het Bulowayo en Masvingo besoek vir opleiding en om te netwerk met ander gemeentes en leiers. Heelwat leiers is opgelei maar presiese getalle nie beskikbaar nie.


Kenya en Uganda

As gevolg van die werklas en logistiek is besluit dat die Kenya en Uganda Koordineerders op hulle eie funksioneer en al die aktiwiteite/projekte self hanteer in hulle plaaslike gemeente of hulle eie induvidele bediening. Ons is egter nog beskikbaar om raad te gee en te bid vir mekaar.


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Maand-Einde. Dit is weereens maand-einde en wil ons u vra om saam te bid vir voorsiening sodat ons al ons verpligtinge kan nakom. Bid asseblief dat God nuwe en meer ondersteuners sal opwek wat kan saai in ons bedeing.

  2. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  3. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  4. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  5. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  6. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  7. Bediening. Ons staan aan die vooraand van GROOT veranderinge in die bediening. Bid asseblief saam vir wysheid, kennis en ‘n gladde oorgang.

  8. Indonesië. Prys God vir die lewe van pastoor Fernando Tambunan*, wat God se volk in Indonesië getrou dien. Vroeër vanjaar is hy gewond, waarskynlik weens sy evangelisering. Bid dat God hom volkome sal genees en dat geregtigheid sal seëvier.

  9. Sri Lanka. Bid vir pastoor Charles*, wat deur ʼn bende aangerand is omdat hy ʼn versoek geweier het om ander musiek as lofsange by ʼn familietroue te speel. Bid vir genesing en vertroosting vir sy familie en dat die aanvallers voor die gereg gebring sal word.

  10. Oman. Oman is ʼn toegewyde Islamitiese land waar nuwe gelowiges weens hul bekering dikwels deur hul familielede en gemeenskappe verstoot word. Bid vir standvastigheid van geloof en voorsiening wanneer hulle misken word.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page