top of page
  • Writer's picturemissions3

9 September 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.




Deo Volente Sending


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


9 September 2024.


Liewe Vriende.


“Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het; ”. {Ps. 104:16}


Dit is September, tradiosioneel Lente en die begin van ‘n nuwe seisoen. Die winter is verby die lente is hier. Net so het ons winter en lente seiesoene in ons lewe.


As dit sleg gaan, sê mense soms vinnig vir jou: "Moenie 'worry' nie, die wiel sal draai." En ons moet erken dat dit die een ding is waaraan ons dikwels vashou: die wiel moet een of ander tyd draai. Somer moet een of ander tyd kom.


Ongelukkig is die omgekeerde ook waar. Die wiel hou aan draai en winter kom ook. Ek wil nou nie 'n depressie-pilletjie in jou cocktail gooi as dit op die oomblik vir jou voel jy sit in die son êrens op 'n spreekwoordelike Mauritius of Hawaii nie. Die feite van die lewe is dat winters en somers mekaar ook in ons emosionele lewe opvolg soos die seisoene in die natuur. Ons weet almal wat die gevolg van 'n te lang somer is. Wat aanvanklik lekker is, word later 'n krisis. Ook in jou persoonlike lewe is seisoene nodig.


Jy voel dalk nie lus daarvoor nie, maar ons het die tye van stilte, na binne gekeerdheid, introspeksie en rus nodig. Dit kom nie altyd in die somertye van ons lewe nie.


Net so is winter, lente en somer nodig in ons lewens om ons gebalanseerd te hou.


Gebed: Here, mag ek die rykdom van elke seisoen ontdek. Help my om geduldig met die verskillende seisoene te wees en die sin in elkeen te ontdek, in die Naam van Jesus, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Afrika-Lande. SUB-SAHARA AFRIKA. Bid vir Afrika-lande waar Christene deur ekstremiste vir hul geloof in Jesus geteiken word. Die gewelddadige situasie vererger steeds, wat onsekerheid teen ʼn kommerwekkende tempo verhoog. Ons broers en susters doen ʼn beroep op ons om te bid. Dwarsdeur sub-Sahara Afrika is Christene slagoffers van aanvalle op hul lewens en dorpies. Bid dat God dringende benodigde, gekwalifiseerde traumasorgwerkers sal oprig om met oorlewendes te werk. Bid saam met Mafulul, ʼn Nigeriese gelowige wat sy vrou in ʼn ekstremiste-aanval verloor het. Sy ervaring by ons traumasentrum beklemtoon die dringende behoefte aan meer traumawerkers: “In die paar dae wat ek hier deurgebring het, genees ek van binne,” sê hy.Na ʼn wrede aanval in Nigerië, het pastoor Elisha by Geopende Deure se traumasorg geleer om sy vyande te vergewe. “Eerlik waar, toe ek vergewe het, het ek gelukkig gevoel,” het hy gedeel. “Ek het ook begin bid vir hulle bekering.” Bid vir ons traumasentrum. Bid dat ekstremiste ontmoetings met Jesus sal hê. Bid vir Saulus-tot-Paulus-ervarings. Here,soos Jesus ons beveel het om te doen, bid ons vir die wat vervolg (Matt. 5:44). Teen die agtergrond van vrees en onsekerheid vind Christen-gesinne dit dikwels moeilik om op hul plase te werk. Bid asseblief vir die Here se voorsiening. Bid vir alternatiewe, volhoubare maniere om vir hul gesinne te voorsien

  2. Demokratiese Republiek van die Kongo. Ons familie in die Demokratiese Republiek van die Kongo vra ons om te bid ná ʼn gewelddadige moordtog wat minste 80 Christene se lewens geëis het. Talle is vermoor terwyl hulle op hul landerye gewerk het. “Dit is ʼn vervolging op ʼn groot skaal,” het ʼn plaaslike DRK-pastoor gedeel. “Ons vra alle Christene om in te tree.” Bid saam met gesinne wat geliefdes aan ekstremistiese geweld verloor het. Bid vir weduwee-moeders, spesifiek vir bemoediging en voorsiening terwyl hulle na hul kinders en tuistes moet omsien sonder hul mans. Teen die einde van 2022 is ʼn verbysterende 16,2 miljoen Christene regoor sub-Sahara Afrika met geweld uit hul huise verdryf weens aanvalle en onveiligheid. Bid asseblief vir die Here se krag, voorsiening en hoop. Dikwels is die kampe vir intern ontheemde persone (IDP) oorvol, met swak higiëniese toestande en min toegang tot voedsel. Bid dat die kampe plekke van veiligheid en eenheid sal wees. Vra God om Sy volk teen siektes te beskerm. Bid saam met ons broer Jerome* wat saam met sy gesin in ʼn IDP-kamp in die Demokratiese Republiek van die Kongo woon. Hulle het gevlug toe ekstremiste sy seun vermoor het. “Die situasie is baie sleg,” sê hy. “As die lewe so aangaan,is dit moeilik om te lewe.”

  3. Noord-Nigerië.Pastoor Barnabas bedien duisende Christene in een van Noord-Nigerië se vele IDP-kampe. Hy en sy gesin is deur Fulani-militante aangeval. Bid vir Barnabas se bediening en deursettingsvermoë. Gelowiges staar elke dag gevaar in die kamp in die gesig – maar Pastoor Barnabas bly vol vertroue in God se goedheid en Sy voorsiening. Vra God om sy gebed vir herstel te beantwoord. Abraham is voorsitter van ʼn IDP-kamp in die noorde van Nigerië. Sy gesin van vyf is al drie jaar daar vandat Fulani-militante hul dorpie verwoes het. Vra die Heilige Gees om Abraham te onderhou terwyl hy doelgerig lei.

  4. Burkina Faso. “Ek glo wel dat al is ons verplaas, is Jesus nie, en Hy sal nooit uit ons lewens verplaas word nie. Hy is altyd by ons,” sê pastoor oré. Sy gesin het uit hul huise in Burkina Faso gevlug. Hy vra ons om vir alle gelowiges in die land te bid om standvastig te bly.

  5. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  6. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons waar ons plaaslik in Winburg betrokke is.

  7. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  9. Maand-Einde. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening, tans ervaar ons geweldige finansiele uitdagings en is in ‘n krises.

*Name verander vir sekuriteitsredes.












Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street, Winburg. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516


Bank Accounts Ministry:


First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance



3 views0 comments

Comments


bottom of page