top of page

9 Oktober 2023. Gebednet-Weeklikse Manna en Gebedsversoeke. Pastore waardering maand.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Oct 7, 2023
  • 6 min read

9 Oktober 2023.


Beste Vriende.


Ek groet julle in die Naam van die Here. Hierdie week verwelkom ons die maand Oktober - 'n maand wat ons toewy aan die waardering van ons dierbare pastore en geestelike leiers.


Die Bybel instrueer ons in 1 Timoteus 5:17: " Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer." Hierdie Skrifgedeelte herinner ons daaraan dat ons diegene wat ons geestelike leiding gee, met eer en respek moet behandel.


Pastore is 'n groot seën in ons lewens. Hulle staan aan die voorpunt van geestelike stryd, en hulle offer dikwels hul eie tyd en energie op om ons te lei, te onderrig en te ondersteun. Ons het 'n plig om hulle te ondersteun, nie net in Oktober nie, maar deur die hele jaar.


Die Bybel gee ons riglyne oor hoe om ons pastore te ondersteun:


1. Finansiële Ondersteuning: In 1 Korintiërs 9:14 sê die Skrif: "So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe." Ons moet sorg dat ons pastore nie finansiële sorge het nie, sodat hulle hul hele hart en siel kan wy aan die bediening van die Woord.


2. Gebed en Bemoediging: In Efeziërs 6:18: ”Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges” word ons aangemoedig om sonder ophou te bid vir alle heiliges. Ons moet spesifiek bid vir ons pastore, dat God hulle sal versterk, wysheid gee en beskerm teen geestelike stryd.


3. Gehoorsaamheid en Respek: Hebreeërs 13:17 sê: “Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie." Gehoorsaamheid en respek teenoor ons pastore is 'n manier om God te erken as die Een wat hulle aangestel het.


Gebed: Liewe Here, ons dank U vir die wonderlike pastore wat U in ons lewens gegee het. Ons bid dat U hulle sal seën en versterk, dat U hulle sal lei in u waarheid en dat hulle die gemeente met ware liefde sal dien. Ons bid ook vir diegene onder ons wat dalk nie die finansiële vermoë het om ons pastore te ondersteun nie. Gee ons 'n hart van bereidwilligheid om ons hulpbronne te deel, sodat die bediening van die Woord kan voortgaan. Mag hierdie maand van pastore waardering 'n herinnering wees aan ons plig om ons pastore lief te hê, te ondersteun en te waardeer. Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Bangladesj. In Bangladesj bestuur Geopende Deure ʼn Sentrum vir Volwasse Geletterdheid, wat landelike mense help om te leer lees, skryf en by die Bybel betrokke te raak. Prys God vir die talle plaaslike inwoners wat Christus op dié manier ontdek. Sommige Moslems het studente teen die bywoning van geletterdheidsklasse gewaarsku en vermaan dat hulle “in die moeilikheid sal beland” as hulle dit doen. Bid vir ʼn einde aan dié intimidasie en meer aanvaarding van godsdienstige diversiteit.

  2. China. China lei pogings om menseregte te herdefinieer, wat stabiliteit en sekuriteit bó waarde en waardigheid beklemtoon. Dit is ʼn gevaarlike stap na globale outoritarisme, met regimes wat meer mag oor hul mense wil uitoefen. Bid dat hul planne sal misluk. Verlede jaar is wette oor die deel van godsdienstige inhoud aanlyn ingestel. Dié stap het Christene gedwing om versigtig te wees oor wat hulle aanlyn plaas. Bid dat God die beperkings sal gebruik om mense se geloof te verdiep, vindingrykheid te inspireer en die Evangelie verder in China te versprei.

  3. Colombië. Die vervolging van Christene in Colombië vererger, hoofsaaklik weens ʼn toename in geweld en moord. Bid die woorde van Psalm 5:12 oor gelowiges: “Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat U Naam liefhet, en hulle juig oor U.”Meer vervolgde broers en susters in Colombië begin hul eie ondernemings danksy werkswinkels wat Geopende Deure-vennote aanbied. Bid vir besigheidsidees en winsgewende ondernemings.

  4. Mexiko. “In dié wêreld sal ons vrede en liefde beleef. Verenig, altyd verenig met hande wat mekaar vashou, sal ons na die wêreld uitgaan en tot God sing.” Altesaam 77 pastore het hierdie woorde gesing by ʼn geleentheid wat Geopende Deure-vennote aangebied het om hulle te help om hul gemeentes vir vervolging voor te berei. Bid dat God die pastore se bedienings sal versterk. “Wanneer jy toepaslik op vervolging reageer, kan jy die gemeenskap vir Christus wen,” sê pastoor Lauro Núñez. Toe hy geweier het om teen sy vervolgers op te staan, het hul houding teenoor hom versag. Bid dat sulke getuienisse talle mense na Jesus sal lei.

  5. Nigerië. Nigerië se demokrasie staar uitdagings in die gesig te midde van ernstige veiligheidsprobleme, veral in Noord-Nigerië. Bid vir ʼn sterk regering wat die beskerming van mense sal prioritiseer, ongeag hul godsdiens, etnisiteit of geslag. Nigerië het sowat 100 miljoen Christene, wat die helfte van die bevolking is. Die Kerk bly groei ten spyte van vervolging. Dank die Here vir Sy Kerk. Bid vir wysheid om te midde van toenemende diskriminasie en aanvalle lewens te lei wat Christus eer

  6. Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Die Geallieerde Demokratiese Magte voer sedert 2014 wrede aanvalle in die ooste van die DRK uit. Die aanvalle het die afgelope jare hewiger en gereelder geraak. Bid dat die oortreders ʼn radikale verandering in hul harte sal hê. Alhoewel 95% van die DRK uit Christene bestaan, ervaar hulle gereelde vervolging. Bid dat kerke teen aanvalle beskerm sal word en verenig sal bly.

  7. Sirië en Turkye. “Mense van die kruis. Julle was ons familie wat vir ons gesorg het.” Prys God vir die getuienis van vrygewige Christene in Sirië en Turkye, wat mense prakties bystaan. Bid vir die genesing van trauma en sielkundige gevolge ná die aardbewing. Vra dat die Kerk steeds ʼn plek van hoop en verligting in die gemeenskap sal wees.

  8. Viëtnam. Gelowiges in Viëtnam kan weens vals aanklagte opgesluit en gemartel word. Pastoor Phuc is vroeër vanjaar in die tronk dood. Sy gesin vermoed dat hy aangerand is. Bid vir God se volgehoue vertroosting oor sy gesin terwyl hulle treur.

  9. Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  11. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  12. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied vir die regte karavaan of motorhome vir die bediening.

  13. Finansies. Bid asseblief ernstig vir voorsiening van ons finansies en dat Vader vir ons nuwe en meer ondersteuners sal opwek. Tans ervaar ons ‘n geweldige uitdaging rakende ons finansies.

  14. Pastore Waardering Maand. Ek en Esther is al 23 jaar in voltydse bediening en in 2006 as pastore georden. Die bediening is ons passie. Bid asseblief vir ons as gesin en die area’s waar ons bedien, veral die Afrika Bediening.















Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or

https://gogetfunding.com/deo-valente-mission/


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

Bank Accounts: Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page