top of page

9 Mei 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 1, 2022
  • 6 min read

Gebednet.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


9 Mei 2022.


Liewe Vriende.


As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs (Ps 127:1).


Wat jy ook al sonder die Here se seën aanpak, is tot mislukking gedoem. Dit geld in 'n spesiale opsig vir die huwelik en gesinslewe. Want die gesin is in werklikheid 'n klein koninkrykie, 'n afgeronde struktuur waarbinne mense na 'n sinvolle lewe en geluk soek. Dit is die vertrekpunt, die basis van mense se optrede in die wêreld daarbuite. En juis daarom is dit so belangrik dat God self die Argitek en Bouheer van hierdie struktuur sal wees. En dit gebeur wanneer die deelnemers aan die bouproses God se Woord as die argitekplan vir hulle bouwerk gebruik en onder die leiding van sy Gees volgens daardie plan lewe. Dit beteken dat ouers en kinders saam aan die Bybel en Bybelse waardes erkenning sal gee. Ons lewe word te maklik gereël deur faktore van buite, deur interessante bouplanne wat deur die media en ander mense aan ons opgedis word.


As die Here die huis nie bou nie, sal daar dalk eendag oor daardie huis geskryf staan: "tevergeefs", "afgekeur", "voldoen nie aan God se standaarde nie". Bid vir jou en jou kinders se huise - dat dit God se goedkeuring sal wegdra.


Sal julle huis aan God se spesifikasietoets voldoen?


Gebed: Here, ek dra opnuut my gesin aan U op. Help ons om volgens u standaard te lewe. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Regerings. In hul stryd teen verskerpte djihad-geweld is die regerings van lande soos Burkina Faso,Nigerië en Mosambiek dikwels skuldig aan menseregteskendings. Bid dat dié regerings maniere sal vind om hul burgers te beskerm, terwyl hulle ook mense se regte respekteer.

  2. Leiers in Afrika. Djihad volg dikwels kort na ʼn ineenstorting van demokrasie. Bid dat die Here leiers in Afrika sal vestig wat toegewyd is aan demokrasie en om reg op te tree teenoor die mense wat hulle lei.

  3. Professionele mense in Afrika. Bid dat die Here Christen-joernaliste,-prokureurs en -politici sal vestig wat ʼn verskil op die politieke en wetlike terrein in Afrika-lande kan maak. Mag hulle sout en lig wees in werksgebiede wat tradisioneel deur baie Christene as onvanpas vir gelowiges gesien word.

  4. Liggaam van Christus. Bid dat die Here sal voortgaan om Sy Kerk in Afrika uit te bou, ten spyte van daadwerklike pogings om dit te vernietig. Bid dat die Here hoop sal bring te midde van die moeilike omstandighede wat slagoffers van geweld verduur, en dat Hy in hulle geestelike en fisiese behoeftes sal voorsien.

  5. Christen-leiers. Bid vir wysheid en ʼn gevoel van dringendheid by pastore terwyl hulle hul gemeentes voorberei om vas te staan in hul geloof en dit beter te verstaan, asook hulle leer om nader aan Christus te leef en om hul getuienisse met hul ongelowige bure te deel.

  6. Christen-mans. Bid dat ontwortelde Christen-mans in Afrika hulle uitsluitlik na die Here sal wend vir hulp terwyl hulle druk ervaar om vir hul families te voorsien. Bid dat hulle te midde van die uitdagings leiding aan hul families sal gee oor fisiese en geestelike kwessies.

  7. Christen-vroue. Jong Christen-vroue is dikwels teikens vir ontvoering deur terroriste, soos met die ontvoering van die Chibok-meisies, Leah Sharibu, Alice Ngadah en baie ander. Bid vir die Here se beskerming oor vroue in Afrika.

  8. Jeug. Bid vir die Kerk om ʼn alternatief te bied vir jeugdiges wat arm, ontnugter en gefrustreerd is deur hulle omstandighede. Bid dat die Kerk in staat sal wees om die jeug te lei tot ʼn dieper begrip van hul geloof.

  9. Weduwees en weeskinders. Bid dat dié wat weens ekstremistiese geweld as weduwees en weeskinders agtergelaat is, vrede en genesing in Christus sal vind. Bid dat hulle die Here se voorsiening in al hul behoeftes sal ervaar, hetsy fisies of geestelik.

  10. Impak van Covid-19 op Afrika-lande. Baie lande in Afrika het al voor Covid-19 onder armoede en ʼn sukkelende ekonomie gebuk gegaan. Bid dat die Here hierdie lande se ekonomieë weer sal herstel terwyl hulle die impak van Covid-19 voel.

  11. Niger. In die suidwestelike dorpie Bomoaga lewe die bevolking in voortdurende vrees vanweë ʼn toename in geweld en ontvoerings die afgelope jare. Bid vir beskerming vir die mense en dat die regering ʼn manier sal vind om die geweld te beëindig.

  12. Nigerië. Vandag word Leah Sharibu 19 jaar oud. Sy is vier jaar gelede, ʼn paar maande voor haar 15de verjaardag, deur Boko Haram ontvoer. Waar sy nou ʼn jaar ouer word, bid vir ʼn deurbraak vir haar, hereniging met haar familie en dat die Here voortdurend by haar sal wees.

  13. Burkina Faso. Dank die Here dat Hy vir Martine beskerm het en haar geloof sterk gehou het nadat Islamitiese militante haar man en ander familielede vermoor het. “Hou asseblief aan om te bid dat die opleiding wat ons gekry het, die las in ons harte sal ligter maak en ons wonde sal genees.”

  14. Gauteng/Mpumalanga Roadtrip. Ons is tans op besoek aan Mpumalanga en Gauteng in Mei 2022. Bid asseblief vir veiligheid, besskerming, voertuig en voorsiening vir hierdie besoek.

  15. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  16. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  17. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

  18. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  19. Afrika-lande met gewelddadige vervolging. Gewelddadige vervolging ontwikkel dikwels in lande wat sukkel met dinge soos beperkte hulpbronne weens klimaatsverandering, politieke onstabiliteit of ontevredenheid oor etniese marginalisering. Bid vir wysheid vir die regerings om hierdie kwessies te hanteer.

  20. 60de Verjaarsdag.Die 23 ste Mei is dit my 60 de verjaarsdag en wil ek verneem of daar nie iemand is wat tyd deel punte of ' n vakansie huis vir ons beskikbaar kan maak vir ' n week nie ?My grootste begeerte en spesiale verjaarsdag wens is ' n week ( of langer ) vakansie aangesien ons in 2016 laas op vakansie was .

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

Bank Accounts:

Absa Bank, Branch: 632 005, Account: 90 7317 9493. {Deo Volente Mission}{Bibles and Africa}

Absa Bank, Branch: 632 005, Account: 93-6104-5805.{J.Lourens}{Covid Relief Fund-Humanity Aid}

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}


The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!

Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:

https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page