top of page

9 Maart 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • 6 days ago
  • 7 min read
Deo Volente Mission
Deo Volente Mission

9 Maart 2026.


Liewe Vriende, Geestelike Familie, Intersessors en Getroue Ondersteuners


“Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink.” – Filippense 1:3


Paulus het dikwels diegene wat hom gehelp het, erken: “Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God... omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra” (Filippense 1:3–5).


Hy sê verder: “Julle, Filippense... geen gemeente behalwe julle het my finansieel ondersteun nie. Selfs toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een keer iets gestuur om my te help” (Filippense 4:15–16).


En aan die gelowiges in Tessalonika skryf hy: “...dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! Gevolglik vertel ons self met trots in God se gemeentes hoe julle volhard en glo onder al die vervolging en swaarkry wat julle verduur” (2 Tessalonisense 1:3–4).


Om waardering te wys kos so min in terme van tyd en geld, maar dit kan die wêreld vir iemand beteken. Teenoor wie moet jy vandag jou waardering bewys? Soos die Here sê: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen; nou sal dit uitspruit – sal julle dit nie merk nie?” (Jesaja 43:19)


Aan die begin van Januarie 2026 het ons die bou van ons bediening- en opleidingsentrum begin, en op 6 Maart 2026 kan ons met blydskap deel dat die werk voltooi is! Julle gebede, bemoediging en ondersteuning het hierdie projek moontlik gemaak – soos Paulus ervaar het, is julle deel van die werk wat God doen.


Ons bediening sentrum is klaar!

Wat eens net ’n gebedsversoek was, staan vandag as ’n lewende getuienis van God se voorsiening. Die sentrum sal dien vir opleiding, berading, aanlyn-bediening, koördinering van sendingwerk en geestelike groei – alles tot Sy eer.


God is getrou in groot en klein dinge: die warmwatersisteem is herstel, die huis se buitekant en dak is vernuwe, die bediening sentrum is heeltemal gebou – en ons sien Sy hand in alles.


’n Nederige versoek:Daar is nog net R19 398.50 van die finale rekening uitstaande. Ons vra vir gebed vir voorsiening en dat hierdie sentrum vrugte sal dra vir Sy Koninkryk. As die Here julle harte roer om te help, sal dit ’n groot seën wees.

Mag die Here julle ryklik seën vir elke gebed, elke daad van liefde en elke offer wat julle bring. Saam sien ons hoe Hy nuwe dinge laat uitspruit!

.

Gebed: Here, ons kom vandag met dankbare harte na U toe. Dankie vir U troue voorsiening, vir elke gebed, elke bemoediging en elke hand wat gehelp het om hierdie bediening sentrum moontlik te maak. Dankie dat wat in Januarie begin het, op 6 Maart voltooi kon word deur U genade en leiding. Ons erken dat elke goeie gawe van U kom, en ons gee aan U al die eer en lof. Ons bid dat hierdie sentrum ’n plek sal wees waar mense U ontmoet, genesing ontvang, groei in geloof en toegerus word vir U Koninkryk. Ons vertrou U ook vir die voorsiening van die uitstaande behoefte en vra dat U elke ondersteuner ryklik sal seën. In Jesus se Naam bid ons dit, Amen.

 

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  2. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  3. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  4. Bediening. Bid saam met ons vir: Wysheid en beskerming, Fisiese en geestelike krag en Finansiële voorsiening vir 2026,

  5. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.

  6. Ons nooi jou uit om saam met ons tydens die '30 Dae van Ramadaan' van 17 Februarie – 18 Maart 2026 op 'n ingeligte en gefokusde wyse vir Moslems te bid – hul laste te deel, hul bekommernisse te verstaan en God te smeek vir hul verlossing. Afganistan. Bid vandag vir Christen-vroue wat in Afganistan woon. ʼn Afgaanse vrou se lewe en gesin kan in ernstige gevaar wees as haar geloof ontdek word. Bid vir Afgaanse vroue wat uit hul land na naburige lande gevlug het. Bid dat hulle veilige plekke sal vind om te woon en dat daar in hul behoeftes voorsien sal word. Ariana* ʼn Afgaanse Christen-vrou wat buite die land woon, vra: “Bid dat Afgaanse vroue nie net sal oorleef nie,maar dat hulle soos Ester dapperheid en moed sal hê.”Bid saam met Ariana en vra God om “die hart van elke persoon in Afganistan aan te raak sodat hulle tot geloof kan kom.”

  7. Suidoos-Asië.   Bid saam met Vannida*, ʼn weduwee van Suidoos-Asië wat ondanks geweldige swaarkry voortgaan om die Here te dien. Bid dat sy God se daaglikse teenwoordigheid sal aanvoel.Toe Vannida se* man geweier het om sy bediening in Suidoos-Asië te staak, is hy doodgemaak. Vra God vir selfvertroue terwyl sy die owerhede en haar familielede in die gesig moet staar. Hef Geopende Deure se bedieningsvennote op, wat saam met vervolgde vroue van geloof werk. Vra God om hulle te beskerm terwyl hulle God se mense dien.

  8.  KOEWEIT. 'Roep My aan, Ek sal jou antwoord… '(Jeremia 33:3).Christene aanbid God in stilte en binne perke.Moslems in Koeweit: 3,5 miljoen (75% van die bevolking) Bid en vra vir die Here om Moslems in Koeweit drome en duidelike openbarings van die Here Jesus Christus te gee. Bid dat die Heilige Gees harte sal versag en deure sal oopmaak sodat die Evangelie met wysheid en moed verkondig kan word.

  9.  SOMALIË. God wat gesê het: "Laat daar lig skyn uit die duisternis…" (2 Korintiërs 4:6). Christene leef vreedsaam, maar met min evangelisasievryheid. Moslems in Somaliё: 19,5. miljoen (99,7% van die bevolking). Bid en vra dat die Here die lig van Christus in Somalië sal laat skyn en blinde oë oopmaak om Sy heerlikheid te aanskou

  10. KAZAKSTAN. Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees. (Johannes 8:36).Christene staar toenemende regsdruk in die gesig. Moslems in Kazakstan: 13,8 miljoen (70,2% van die bevolking) Bid en Vra God om ontevredenheid met rituele aan te wakker en Moslems in Kazakstan tot ware versoening deur die Here Jesus Christus te lei. Bid dat die Heilige Gees getroue gelowiges sal vestig wat die Evangelie standvastig onder druk verkondig. Bid dat die Heilige Gees dapper getuies sal oprig wie se veranderde lewens verlossing in die Here Jesus Christus alleen verkondig.

  11. OESBEKISTAN. "Ek is die brood wat lewe gee..." (Johannes 6:35). Christene word beperk en gemonitor. Moslems in Oesbekistan: 31,7 miljoen (88% van die bevolking). Bid en vra die Vader om die Here Jesus te openbaar as die Brood van die Lewe, wat alleen elke vastende Moslem se siel versadig. Bid dat die Heilige Gees goddelike afsprake sal voorberei wat baie sal lei om die Here Jesus as Here te bely.

  12.  BANGLADESJ. Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet... (Jesaja 55:1). Christene is 'n klein en kwesbare minderheid. Moslems in Bangladesj: 157,6 miljoen (91,04% van die bevolking) Bid en vra die Vader om 'n diep geestelike honger regoor Bangladesj te wek en die Here Jesus Christus as die Lewende Water te openbaar. Bid dat die Here die vermoeides in die rus en vergifnis wat by die kruis verseker is, sal intrek.

  13. MALEISIË. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. (Efesiërs 2:8). Christene aanbid vrylik, maar ondervind beperkings na hulle tot bekering kom. Moslems in Maleisië: 20,6 miljoen (63,5% van die bevolking). Bid en vra die Vader om te openbaar dat verlossing 'n genadegawe deur die Here Jesus Christus is en nie deur werke verdien word nie. Bid dat die Heilige Gees sagmoedige maar dapper getuies sal oprig wat baie tot die kennis van die waarheid sal lei.

  14. LIBIË. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? (Psalm 27:1). Christene in Libië ervaar uiterste druk en gevaar van wetlike beperkings. Moslems in Libië: 6,6 miljoen (96,6% van die bevolking) Bid en vra die Vader om die Here Jesus as Vredevors en die enigste Verlosser in Libië te openbaar. Bid dat die Heilige Gees 'n veerkragtige Kerk sal bou en 'n oes van siele sal voortbring ten spyte van teenstand.

* Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

     











Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Account Holder Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260. {Local}


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page