top of page

9 Junie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 5
  • 6 min read

Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

9 Junie 2025


Liewe Vriende.


“Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” Matteus 6:5-6.


Jesus nooi jou vandag na iets kosbaars toe. Iets wat jou lewe kan verander. Hy sê: "Wanneer jy bid, moet jy nie soos die skynheiliges wees nie…"

Dalk voel jy soms gebed is moeilik. Dalk wonder jy of God regtig luister. Maar hoor vandag weer wat Jesus sê: Gebed gaan nie oor vertoon nie. Dis nie daar vir mense se oë nie. Dis daar vir jou hart. Dis daar vir daardie heilige plek waar jy en God alleen is.


Jesus wys vir ons: Die krag van gebed lê nie in woorde nie, maar in verhouding. ’n Intieme, stil, persoonlike verhouding met jou Vader. Nie ’n God wat ver is nie, maar ’n Vader wat jou ken. Wat jou verstaan. Wat wag dat jy Hom kom ontmoet.


En daarom sê Hy: “Gaan na jou kamer toe, maak die deur toe…” Maak toe vir die wêreld. Sit die geraas af. Die foon, die tablet, die e-posse, die sorge. Maak oop vir Hom. En dan, net daar, in die stilte van daardie plek — jou binnekamer — is Hy teenwoordig. Jy sien Hom dalk nie, maar Hy sien jou. En wat jy in stilte doen, sal Hy in liefde beloon.


Kan ek jou uitnooi? Stel ’n afspraak op met God. Daagliks. ’n Spesiale tyd, ’n afgesonderde plek. ’n Stil hoekie waar jy met jou Bybel en jou noto boek gaan sit en sê: "Here, hier is ek. Spreek met my." En Hy sal. Hy sal jou wysheid gee vir jou dag. Hy sal jou troos in jou hartseer. Hy sal jou herinner aan wie jy is — Sy geliefde kind.


Dalk wil jy begin deur 'n gebedsjoernaal te hou. Skryf neer wat op jou hart lê. Wat jy hoor. Wat jy voel. Jy sal verbaas wees hoe getrou Hy jou lei, dag na dag.


Gebed is nie ’n plig nie. Dis ’n voorreg. ’n Genade-oomblik tussen jou en die Koning van die hemel. Moenie dit mis nie. Laat hierdie eenvoudige waarheid jou lei: Jou Vader sien jou. En Hy wag op jou.


Gebed: Here, Dankie dat ek altyd welkom is by U. Dankie dat U nie ver is nie, maar naby — net een binnekamer ver. U wag op my. U verlang na tyd saam met my. Leer my om stil te word, om af te sluit, en in U teenwoordigheid te rus. Here, maak my binnekamer ’n heilige plek — ’n plek van ontmoeting. Help my om getrou te wees, om elke dag U aangesig te soek, en in U stem vreugde te vind. Dankie dat U my Vader is. My Gids. My Krag.In Jesus se Naam. Amen.

 

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Kanaal 7-Namibia. Ons vra asseblief vir gebed vir: 'n Geseënde en suksesvolle Radiothon fondsinsamelingsprojek in Julie/Augustus; Vader weet hoeveel fondse hulle benodig. 'n Positiewe gesindheid en betrokkenheid van die gemeenskap. Vrywilligers wat gewillig is om hul tyd en energie aan hierdie projek te wy. Ons wil ook graag versoek dat daar spesifiek vir ons personeel gebid word: vir wysheid, krag en volharding in hul daaglikse take, asook vir geestelike en emosionele versterking.

  2. Gobabis-Namibia. Bid vir Oom Izak wat baie betrokke is in die gemeenskap met verskeie opheffings projekte onder die Boesmans. Hy ondervind verskeie uitdagings.

  3. VENEZUELA. Bid saam met pastoor Hilder*, ʼn voormalige huur-moordenaar wat Jesus in die tronk ontmoet het en ná sy vrylating ʼn tronkbediening begin het om mense soos hy te bereik. Terwyl pastoor Hilder werk om die Koninkryk na die mense op sy pad te bring, vra hy ons om te bid vir krag vir Christene wat deur Venezuela se regering gemanipuleer en uitgebuit word.Bid vir wysheid, insig, kreatiwiteit en eenheid terwyl kerkleiers saamwerk om strategieë te ontwikkel om te midde van toenemende vervolging vir hul lidmate te sorg.

  4. NOORD-KOREA. Moenie ophou bid dat God verandering in Noord-Korea sal bring nie. Bid dat Hy Noord-Korea se heerser, Kim Jong Un, sal verwyder of sy hart sal verander, net soos Hy die hart van die Babiloniese koning, Nebukadnesar, verander het. Bid dat God aan Kim die waarheid sal openbaar oor wie Hy is en wat Hy vir hom gedoen het, soos Hy met Paulus op pad na Damaskus gedoen het (Handelinge 9).Vra God om Kim in drome en visioene te bereik. Bid dat hy die krete van sy gekrenkte mense sal hoor, insluitend die honderdduisende lydende geheime Christene in Noord-Korea.

  5. Gesondheid-Johan. Graag wil ek gebed vra vir die volgende asseblief. In Januarie hierdie jaar het ek sere op albei my voete gekry en het die voete geswel. Na kortisoon behandeling en salf het die toestand opgeklaar en die linkervoet volmaak genees. In Maart het die toestand weer begin maar net die regtervoet, na die dokter weer kortisoon voorgeskryf het en antibiotika salf het die toestand baie mooi opgeklaar en genees. Middel April het die voet weer begin en blou begin word. Vanaf Dinsdag 20 Mei het daar nou sere op my bene, rug en hande verskyn wat rooi is en vreeslik jeuk. Die regter voet, bene, rug en hande is nou vol sere en linkervoet word blou en swel. Bid asseblief saam vir volkome genesing en opembaring kennis oor wat fout is en wat dit veroorsaak. As Vader Woord gee of openbaring kennis deel asseblief. Kan nie weer dokter toe gaan nie, nie fondse nie.

  6. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  7. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  9. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  10. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  11. Maand-Einde Verpligtinge. Bid asseblief en roep uit saam met ons na Abba Vader vir SY wonderwerk voorsiening. Ons is al in die tweede week van die nuwe maand en is nog nie in staat om al ons maand-einde verpligtinge na te kom nie.








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page