9 Januarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 5, 2023
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
9 Januarie 2023.
Liewe Vriende
“Maar ... julle leef nie in die duisternis nie ... Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees.”(1 Tess 5:4-6).
Nadat Paulus ’n ernstige waarskuwing gerig het tot diegene wat leef asof daar nie ’n wederkoms gaan wees nie, kyk hy met ’n glimlag na die gemeente van die Here. “Maar julle hoef nie bang te wees nie. Julle is nie mense wat in die duisternis lewe nie. Mense wat in die lig lewe, hoef niks te vrees nie.”
Neerdrukkende omstandighede laat dit soms nagdonker om ons voel. Ons kan nie verstaan hoekom dit so voorspoedig met die godloënaars gaan nie. Miskien moet ons net weer ’n nuwe perspektief kry op lig en duisternis.
Wanneer jy lewe met jou oog op Christus gerig, lewe jy in die lig. Dan het die Son van geregtigheid vir jou opgekom. Dit is ’n lig wat nooit uitgedoof sal raak nie. Moenie dat die donker wolke van beproewing jou oortuig dat die lig uitgedoof is nie. Wees wakker, nugter, paraat en gereed vir die koms van die Here. Daar kom ’n dag wanneer die Son agter die wolke sal uitkom
Gebed: Here, dankie dat ek in die lig kan lewe. Vir mense wat in die lig lewe, is daar niks te vrees nie, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Vervolgde gelowiges. Terwyl die vervolging van gelowiges toeneem, bid dat die Here hul sterk toring sal bly. Bid dat hulle herinner sal word aan God se krag en werk in hulle lewens, sodat hul geloof te midde van vervolging standvastig sal bly.
Wêreld-Brailledag. Bid vir blinde gelowiges wat in talle lande addisionele lyding ervaar en weens hul blindheid ook verwerping in die gesig staar. Bid dat God in al hulle behoeftes sal voorsien en hulle ook met Oudiobybels sal seën sodat hulle in geloof kan volhard.
Ondergrondse gelowiges. Bid vir ondergrondse gelowiges wat gedwing word om hul geloof weg te steek. In sommige gevalle kan hulle nie bymekaar kom om in hul geloof en kennis van God se Woord te groei nie. Bid dat hulle sal vasstaan en God se beloftes sal koester.
Christenleiers wêreldwyd. Bid vir wysheid vir Christenleiers en dat hulle God se mense met liefde en nederigheid sal lei. Bid dat hulle versterk en toegerus sal word in hul roeping om die Kerk te dien.
Mensehandelbewustheidsdag. Bid vir dié in ons vervolgde familie wat ontvoer is en nou in die buiteland verhandel word. Bid vir God se vertroosting en Sy vrede sodat hulle na veiligheid kan ontsnap.
Suid-Afrikaanse skole heropen. Bid vir die veiligheid van kinders wanneer hulle vir die nuwe skooljaar terugkeer. Bid dat hulle opvoeding geseën sal word en dat die Goeie Nuus onder vriende by die skool gedeel kan word. Bid dat onderwysers en die kinders met doelgerigtheid sal onderrig en lei.
Regeringsleiers wêreldwyd. Bid tot ons Hemelse Vader dat regeringsleiers hulle tot God sal wend vir leiding en wysheid. Bid dat God in hul harte sal werk om godsdiensvryheid te verseker.
Uitsaai van Christelike programme. Bid dat God radiostasies en televisiekanale sal seën wat daartoe verbind is om die Evangelie en aanbidding te verkondig. Bid dat vervolgde gelowiges wat na die uitsendings luister, bemoedig en versterk sal word in hul geloof.
Wêreldgodsdiensdag. Bid dat ons vervolgde familie wat nie vrylik kan aanbid nie, maniere sal vind om veilig bymekaar te kom. Bid ook dat diegene van ander gelowe wat die waarheid soek Jesus sal vind – die Waarheid, die Weg en die Lewe.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n grote woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Gebed vir voorsiening. Prys God vir ons Geestelike familie en vriende wat die bediening ondersteun. Twee van ons anker ondersteuners is egter gedurende 2022 oorlede en het ons nou ‘n permanente tekort van 40% op die begroting. Bid asseblief vir nuwe ondersteuners om hulle plek te wil en vir meer ondersteuners maandeliks. Bid dat Vader alle ondersteuners mildelik sal seën.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Sending/Mission}
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments