Agt Dae van Gee.
- missions3
- Nov 11, 2023
- 1 min read

Agt dae van gee
Eksperimenteer saam hoe dit kan lyk om te groei in vrygewigheid tydens agtdaevangee.
12 – 19 November word jy genooi om vir 8 dae elke dag iets wat van waarde is vir jou weg te gee om mededeelsaamheid en vrygewigheid te beoefen.
Hoekom doen ons dit & Hoe neem ek deel?
Hoekom doen ons dit?
Omdat Jesus só sê en omdat Hy sê dat as ons dit beoefen, Dit saliger is om te gee as te ontvang. Ons sal in SY opdrag deel, ons sal die werklike lewe verkry.
Hoe neem ek deel?
1. Raak elke dag bewus van wat jy het – Kyk na wat jy het en vra vir jouself “het ek dit nodig?” en “Hoe laat dit my voel?”
2. Raak bewus van ander. Vra jouself die vraag, “Vir wie kan hierdie voorwerp baie meer beteken? Wie het dit nodig?”. As jy nie iemand kry om voor te gee nie, gee dit dan vir die plaaslike “Night Shelter” of aan ‘n NPO organisasie.
3. Reflekteer oor hoe die ervaring vir jou is en deel dit op sosiale media deur vir ons ‘n whatsapp boodskap by 0834606914 te stuur of e-pos na missions@lantic.net! Gebruik "Agt dae van gee"
“Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade vergeet nie.” -Psalm 103
Tydens hierdie week sal daar ook ‘n geleentheid wees om dankoffers te gee. Deur ‘n dankoffer simboliseer ek my dankbaarheid soos ek onthou hoe die Here hierdie jaar vir my voorsien het.
GEE METODES:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. {Sending/Mission}
Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805
of
https://gogetfunding.com/deo-valente-mission/
Groete in Christus.
Johan & Lourens.
Comments