8 November 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Nov 5, 2021
- 4 min read

Gebednet.
2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
8 November 2021.
Liewe Vriende.
“En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.” (1 Sam. 16:23).
Die diens van God en aangrypende musiek loop saam. Dawid, seker een van die mees begenadigde mense wat ooit geleef het, was by al sy talente ook digter en musikus. Volgens tradisie het hy Psalm 8 as 'n jong tiener agter die skape gesing.
Die Vroeë Kerk het gesange en lofliedere gevestig. Luther, ook 'n musikant en komponis, het die boodskap deur wonderlike himnes uitgedra. Musiek en gebed loop deur die eeue saam: al die werklike groot meesters, die Bachs en Beethovens, het een of ander verband met aanbidding gesoek.
Musiek was God se plan om Dawid aan Saul se hof te kry, laasgenoemde wat waarskynlik aan depressie gely het wat die mense van daardie tyd as 'n "gees" beskryf het. Die mense van daardie tyd het min van ingewikkelde emosionele steurings verstaan. Maar God het, merkwaardig, Saul se siekte ingeweef in sy metode om Dawid se musiek en later sy durf ten toon te stel aan die hof. 'n Mens kan glo dat die skone klanke van die lier en die stem van 'n jong man wat God se eer besing, Saul gekalmeer het of "gees" weggejaag het.
'n Mens vind dat aanbiddende klavierkonserte in die agtergrond, ‘n CD met gospel musiek of kore wat God se lof besing, of 'n orrel wat jou jubelend by die kerk begroet, jou vir God en die dag instem. Of bloot 'n lied tot sy eer wat morbiede gedagtes uit jou kop verdryf. Begin die dag met 'n lied aan God, al is dit net in jou gemoed, en herhaal dit en kyk hoe dit jou op die Teenwoordigheid van God attent maak. Musiek is gebed en kan ons Vader aanbid deur musiek.
Gebed: Here, verdryf die onsekerheid en morbiede gedagtes met 'n lied uit my hart, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Viëtnam. Drie maande nadat Yen* en sy vrou tot Christenskap bekeer het, het hul familielede en die ander dorpsmense daarop aangedring dat hulle hul huis verlaat en nooit weer na die dorp terugkeer nie. Bid dat God aan Yen se gesin vrede sal gee en dat hulle sal aanhou om op Hom te fokus.
Nepal. Nita* word weens haar geloof in Christus fisies en geestelik mishandel deur haar man. Bid dat God haar krag sal gee om die vervolging te verduur, en dat Hy haar man se hart sal verander en hy Sy genade sal ervaar.
Tanzanië. Isaac* (29) het sy lewe vroeër vanjaar aan Christus gewy. Toe hy die nuus met sy broer deel, het dié hom uit die huis gejaag en hom gewaarsku dat hy hom sal doodmaak as hul paaie ooit weer kruis. Bid vir Isaac en sy pastoor, wat hom bystaan, se veiligheid. Mag die Here hulle en die kerk veilig hou.
Kenia. Rogo* is ʼn straatsmous en ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslem-agtergrond. Nadat hy Jesus aangeneem het, het sy vrou al die goedere wat hy by die mark verkoop en hulle kind gevat en hom verlaat. Bid dat Rogo deur die Heilige Gees vertroos sal word en op Hom sal vertrou vir sy bekommernisse en behoeftes.
Sirië. Aanlyn opleidingskursusse is ʼn uitdaging vir die Siriese Kerk omdat die Internet en elektrisiteitstekorte probleme skep. Bid dat hierdie struikelblokke oorkom sal word en dat die kursusse vrugbaar vir die studente sal wees en ʼn seën vir dienaars in die kerke.
Iran.Bid vir die jeug, wat baie uitdagings ervaar weens die ekonomiese situasie en hoë vlakke van werkloosheid. Dit kan daartoe lei dat baie jeugdiges hoop verloor vir die toekoms. Bid vir nuwe inisiatiewe om hierdie groep te bedien, sodat hulle ʼn doel en vervulling in hul geloof sal vind.
Indië. Baie pastore en leiers, insluitende sommige van Geopende Deure se plaaslike vennote, het weens Covid-19 met hul lewens geboet. Bid vir hul familielede se beskerming. Bid dat God hulle sal vertroos en met Sy hoop vir die toekoms sal vul.
Bid vir onbereikte Somaliërs. 12,4 mil Somali in Somalië (Moslems – slegs 0,3% Christene). 7,4 mil Somali in Ethiopië (Moslems – slegs 0,14% Christene).Bid vir die onbereiktes: 2,1 mil Rahanweyn in Somalië (Moslems – slegs 0,02% Christene)
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.
Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en moet dringend vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Maand-Einde Verpligtinge. Bid asseblief vir die bediening se finansiële posisie. Huidiglik is ons nie in staat om al ons verpligtinge na te kom nie. Nog net 19% van die maandelikse begroting is al ontvang vir November.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
Comments