top of page

8 Mei 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 9, 2023
  • 4 min read


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

8 Mei 2023.

Beste Vriende.


“Die Here het met Moses gepraat in die tent van ontmoeting”. Numeri 1:1.

Numeri is ’n reisbeskrywing van Israel se lang reis na die Beloofde Land toe. In die eerste tien hoofstukke word vertel hoe die Israeliete hulle vir hierdie reis moet voorberei. Hoofstuk 11-20 vertel van hulle opstand teen God en hoe die verhouding met Hom telkens weer herstel is. Hierna beskryf hoofstuk 21-25 hoe die Israeliete wat uit Egipte vertrek het, in die woestyn sterf. Numeri se laaste hoofstukke (hfst 26-36) vertel van die nuwe geslag wat tot op die voorstoep van die Beloofde Land vorder.


Sowat veertien maande ná die uittog uit Egipte deel God Moses in die tent van ontmoeting mee dat hy ’n sensusopname moet maak van al twaalf stamme se mans wat geskik is vir oorlogvoering. Ongelooflik om te dink dat God nog nie op hierdie tydstip sy hardkoppige volk afgeskryf het nie. Ja, die Israeliete was maar ’n moeilike spulletjie, maar gelukkig is God se genade altyd groter as ons opstandigheid.


Tot vandag toe is God bereid om ’n tweede myl met ons te stap. Hy is bereid om altyd weer voor te begin. Hy skryf ons nooit af nie. Nee, keer op keer hoor ons maar weer sy stem! Week na week praat Hy met ons deur die Woord, of deur een van sy knegte. Luister wanneer God aan die woord is!


GEBED: Heer, dankie dat U steeds met ons praat.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com

U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Noord-Afrika. Naasima* sê Noord-Afrikaanse pa’s dwing hul dogters om hul onderrig vroeg te staak en eerder te trou. Bid vir ʼn groot verandering in die manier waarop vroue in Moslemlande beskou word.

  2. Indië.Godsdienstige ekstremiste en leiers eis dat Christelike stamme van stamskemas en voorregte ontneem moet word. Bid vir krag vir Christelike stamgemeenskappe terwyl hulle vervolging in die gesig staar.

  3. Tadjikistan. Nadat die Tadjiekse regering besluit het om nie meer kerkregistrasies te eerbiedig nie,het hulle vals aanklagte teen die leier van ʼn huiskerk opgemaak nadat hulle aansoek gedoen het en die gebou is gesluit. Bid dat dié en ander gemeentes weer veilig kan bymekaarkom.

  4. Turkye. Christene in Turkye verteenwoordig slegs 0,1% van die bevolking en staar dikwels smeerveldtogte en teenkanting in die gesig. Bid dat Christene getrou en hoopvol sal bly.

  5. Mexiko. Mexiko beklee tans die 124ste plek uit 180 lande vir korrupsie. Bid vir gelowiges wat Christus se lig te midde van die duisternis, korrupsie en misdaad versprei. Bid vir God se beskerming terwyl hulle die bose teëstaan.

  6. Suidelike Filippyne. Islam het vinnig in die Filippyne gegroei – die enigste Asiatiese land waar Christenskap die oorheersende godsdiens is. Bid dat baie mense Christus sal aanneem terwyl sendelinge die Evangelie landwyd versprei.

  7. Arabiese Skiereiland. Mense op die Arabiese Skiereiland is nuuskierig oor geloof en die mistieke. Hulle nuuskierigheid lei hulle dikwels na die okkulte. Bid vir beskerming teen demoniese geeste en praktyke en dat hulle Jesus sal vind.

  8. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  9. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  10. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  11. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  12. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  13. Vrystaat. Tans is ons op besoek aan die Vrystaat en Noord Wes. Bid asseblief vir hierdie uitreik vir veiligheid, beskermimg en Goddelike afsprake.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page