top of page

8 Januarie 2024. Spesiale Aankondiging/Persverklaring

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 4, 2024
  • 7 min read

Updated: Jan 7, 2024


Deo Volente Sending

Spesiale Aankondiging/Persverklaring

{Scroll down to the bottom for English}


8 Januarie 2024.


Geagte Vriende,


Dit is met 'n diepe gevoel van dankbaarheid en vreugde dat ons, die Lourens-gesin hiermee ons naderende verhuising aankondig vanaf Somerset-Wes-Kaap na die hart van Winburg-Vrystaat op 18 Maart 2024. Hierdie trek is meer as net 'n fisiese skuif; dit is 'n voortsetting van 'n geseënde reis van toewyding en geloof.


Vir die afgelope twaalf jaar het ons met passie in Pinksterpark gewoon, wat nie bloot ons tuiste was nie, maar ook die plek vanwaar ons bedien het. Op 27 April 2012 het God ons na die Kaap gestuur om die "Cape to Cairo" proklamasie te maak, waar ons die boodskap van God ontvang het dat die Suidelike Grens Kaapstad is en die Noordelike Grens Kairo, en alles daar tussen in, ons sendingveld is. Ons bediening het begin met 'n eenvoudige uitnodiging na 'n huwelik in Malawi in 2012, en teen die einde van 2023 het ons bediening reeds uitgebrei na agt lande: Mosambiek, Malawi, Zambië, Zimbabwe, Namibië, Uganda, Kenia en Tanzanië. Gedurende hierdie tyd het ons meer as 24,320 leiers suksesvol opgelei in die "Basic Concept Course" leierskapopleiding. Daarnaas het ons ook verskeie plaaslike projekte en aksies geïnisieer, maar die kern van ons bediening bly die opleiding van leierskap en die koördinasie van sendingaksies in verskeie Afrika-lande.


Na 'n uitgebreide tyd van gebed en oorweging het ons, in die tyd van Covid in 2021, die leiding van God ontvang dat ons tyd in Pinksterpark verstreke is. Vanaf daardie oomblik het ons na verskeie opsies vir nuwe verblyf begin kyk. Verskeie moontlike plekke in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat is oorweeg, en hoewel Vierfontein aanvanklik op die radar was, het die deur toegeklap op nommer 99.{Dokumente was reeds geteken} Maar God is steeds in beheer en ‘n ander deur in De Villiersstraat Winburg het oopgegaan, en ons is nou die trotse eienaars van 'n geseënde eie huis. Hierdie woning, as 'n geskenk van God vir ons bediening, bied vier ruim slaapkamers, 'n royaal sitkamer, buite-lokale vir bediening, 'n groot stuk grond vir groentetuine, en 'n dubbele bonus van 'n boorgat.


 Op 21 Augustus 2023 het ek 'n besondere visie ontvang oor 'n nuwe seisoen in die bediening. Die Lourens-gesin sien met groot opgewondenheid uit na die toekoms en die grootsheid van die nuwe seisoen wat voorlê. Johan, Esther, Simeon en Joshua bly 'n stralende voorbeeld van die krag van geloof en die impak van toegewyde diensbaarheid.


Die verhuising bring egter ook uitdagings mee, insluitend die reël van vervoer vir meubels, die aansluiting van water en elektrisiteit, en ander logistieke uitdagings. Daarom vra ons elkeen wat hierdie boodskap lees vir hul ondersteuning, deur gebed of finansieel, in hierdie nuwe seisoen. {Ons beide is sending pastore en ek ‘n huweliks bevestiger maar staan ons in GELOOF vir ons voorsiening} Enige bydrae sal opreg waardeer word.


Ons nooi ook graag almal uit om ons nuwe tuiste in Winburg te besoek. Die deure staan oop vir vriende, familie en medegelowiges om saam met ons die vreugde van hierdie nuwe seisoen te deel. Maak gerus 'n afspraak en kom KUIER!!

{Ons is op die N1 Hoofroete tussen Johannesburg en Kaapstad}


Finansiële bydraes met die verwysing "Winburg" kan in een van die volgende bankrekeninge gedeponeer word:


1. Capitec Bank, Tak: 470010, Rekening: 153 718 3077 (Sending/Missie)

2. Absa Bank, Tak: 632005, Rekening: 93 6104 5805


Ons bedank elkeen vir hul liefde en ondersteuning deur hierdie geloofs- en bedieningsreis. Mag daar oorvloedige seëninge wees vir almal wat betrokke is.


Met vriendelike groete


GEBED: Vader, baie dankie vir U wil en U leiding in die nuwe seisoen wat onbekend voor ons lê. Ons vra U leiding, beskerming, kennis en voorsiening in die nuwe seisoen wat voor ons lê in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1.  Verhuising. Einde Maart 2024 verhuis ons vanaf Somerset Wes na Winburg. Bid asseblief saam vir die totale verhuising aangesien om te verhuis traumaties kan wees. Ons het in 2012 laas verhuis na ‘n ander huis en bly al die afgelope 12 jaar in dieselfde huis hier op Somerset Wes.

  2. Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.

  3. Water op Winburg. Die dorp het uitdagings met water voorsiening vanaf die munisipaliteit maar God het vir ons ‘n huis met ‘n boorgat voorsien. Bid asseblief vir die voorsiening van ‘n 5000liter water tenk, tenk staander en toerusting van die boorgat.

  4. Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.

  5. Sending Voertuig. Ons sal ons voertuig moet agter los omrede die voertuig nie meer so ver pad sal kan ry nie. Bid asseblief saam vir voorsiening van ‘n ander voertuig.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.










Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


Spesiale Fondsinsameling. Vir Verhuising: https://candystick.co.za/c/moving-to-the-free-state/


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


ENGLISH

Special Announcement/Press Release


8 January 2024.

Dear Friends,


It is with a deep sense of gratitude and joy that we, the Lourens family, hereby announce our impending move from Somerset-Western Cape to the heart of Winburg-Free State on March 18, 2024.


This move is more than just a physical move; it is a continuation of a blessed journey of devotion and faith. For the past twelve years we have lived with in Pimkster Park, which was not only our home, but also the place from which we ministered. On 27 April 2012, God sent us to the Cape to make the "Cape to Cairo" proclamation, where we received the message from God that the Southern Border is Cape Town and the Northern Border Cairo, and everything in between, our mission field is. Our ministry started with a simple invitation to a wedding in Malawi in 2012, and by the end of 2023 our ministry has already expanded to eight countries: Mozambique, Malawi, Zambia, Zimbabwe, Namibia, Uganda, Kenya and Tanzania. During this time we have successfully trained more than 24,320 leaders in the "Basic Concept Course" leadership training. In addition, we have also initiated various local projects and actions, but the core of our ministry remains the training of leadership and the coordination of mission actions in various African countries.


After an extensive time of prayer and consideration, during the time of Covid in 2021, we received guidance from God that our time in Pinkster Park has expired. From that moment we started looking at various options for new accommodation. Several possible locations in the Western Cape, Northern Cape and Free State were considered, and although Vierfontein was initially on the radar, the door slammed on number 99. {Documents had already been signed} But God is still in control and another door in De Villiersstraat Winburg opened, and we are now the proud owners of a blessed home of our own. This residence, as a gift from God to our ministry, offers four spacious bedrooms, a generous living room, outdoor rooms for ministry, a large plot of land for vegetable gardens, and a double bonus of a borehole.


On August 21, 2023, I received a special vision about a new season in ministry.

The Lourens family looks forward with great excitement to the future and the greatness of the new season ahead. Johan, Esther, Simeon and Joshua remain a shining example of the power of faith and the impact of dedicated service. However, the move also brings challenges, including arranging transportation for furniture, connecting water and electricity, and other logistical challenges. Therefore, we ask everyone who reads this message for their support, through prayer or financially, in this new season. {We are both mission pastors and I a marriage confirmer but we stand in FAITH for our provision} Any contribution will be truly appreciated.


We also like to invite everyone to visit our new home in Winburg. The doors are open for friends, family and fellow believers to share with us the joy of this new season. Feel free to make an appointment and come VISIT!! {We are on the N1 Main Route between Johannesburg and Cape Town}


Financial contributions with the reference "Winburg" can be deposited into one of the following bank accounts:

1. Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077 (Mission/Mission)

2. Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805


We thank everyone for their love and support through this journey of faith and ministry. May there be abundant blessings for all involved.


With kind regards


PRAYER: Father, thank you very much for Your will and Your guidance in the new season that lies ahead of us. We ask for Your guidance, protection, knowledge and provision in the new season that lies before us in Jesus Name, Amen.


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page