top of page

8 Augustus 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Aug 4, 2022
  • 4 min read

8 Augustus 2022


Liewe Vriende


“Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.” (Ps 71:18).


Wanneer jy teen eensaamheid in opstand kom, gaan dit hoofsaaklik oor jou eie verlies. Jy soek ondersteuning en wil voel dat jy nog iewers behoort. Dis heeltemal te verstane - nogtans bly die motiewe ietwat selfsugtig. Maar dan hoor ons die woorde van Psalm 71:18 wat soos 'n vars bries uit die Woord oor ons waai. Dis asof die digter sê: "Here, ek vra dat U my moet beskerm sodat ek van U kan getuig. Gee my elke dag die krag en die geleentheid om vir die wêreld te vertel hoe goed U vir my was en steeds is."


Ek ken ouer mense wat skitterende getuies vir die Here is. Hulle straal God se liefde uit. Hulle beteken dikwels vir my baie meer as wat ek vir hulle kan beteken. Ek wil ook hê dat mense deur my lewe die wonder van God se liefde sal leer ken. Daarom vra ek ook die Here om my nie alleen te laat wanneer ek oud word nie, maar om my met krag na liggaam en gees te voorsien om vir Hom te kan getuig.


Wees 'n getuie van God se grootheid en mag vir die geslagte wat kom.


Gebed: Here, gebruik my lewe as instrument om die wonder van u liefde met ander te deel, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërder Kuda en sy span.

  4. Bediening. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige aanvalle op ons finansies, persoonlik en gesondheid en het u GEBED baie nodig.

  5. Geopende Deure Internasionaal. Volhard in gebed terwyl ons streef om ʼn verskil in vervolgde gesinne se lewens te maak. Bid vir ons vennote, vrywilligers en die instansies wat dit vir ons moontlik maak om ons vervolgde familie te ondersteun.

  6. Vrouedag.Die 9de ons Vrouedag in ons land, asook vroue se prestasies en die verskillende rolle wat hulle vertolk. Bid vir geestelike leiding met die opvoedingstaak van jongmense wat op hul skouers rus. Bid dat God hulle sal versterk in die uitvoering van hul pligte.

  7. Ongelowiges. Bid vir diegene wat Christus nie ken nie en dat hulle deur ander se geloof tot bekering sal kom. Mag hulle deur dié gelowiges God se tee.nwoordigheid beleef.

  8. God se getroue voorsiening. Bid vir God se getroue voorsiening vir vervolgde Christene en die doeltreffende voorsiening van noodhulp. Bid dat hulle en diegene wat hulle ondersteun, hierdeur geseën sal word.

  9. Noord-Korea. Bid vir ondergrondse Christene wat bereid is om vervolging te trotseer. Bid dat God hulle tydens geloofsreise en Evangelie-verkondiging sal versterk.

  10. Libië. Bid vir vervolgde Christene wat met die verspreiding van die Evangelie gevaar in die gesig staar. Bid dat hulle God se teenwoordigheid sal ervaar. Bid dat Bybel vertalings hier vir ander stamme nuttig sal wees.

  11. Marokko. Bid vir Christene in Marokko wat die gevaar van kriminele vervolging loop. Bid dat die regering kennis sal neem van diegene wat vir Christene se regte pleit. Bid vir beskerming teen Islamitiese ekstremiste.

  12. Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page