top of page

7 Maart 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Mar 4, 2022
  • 4 min read


7 Maart 2022.


Liewe Vriende.


Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is (Joh 13:34-35).


As ons praat oor verhoudings is dit duidelik dat ons, ons nie van ander mense durf afsonder asof ons niks met hulle te doen het nie. Wat ons verhoudings tot ander gelowiges betref, is die verantwoordelikheid soveel groter.


Wanneer Jesus vir sy dissipels sê dat Hy vir hulle 'n nuwe gebod gee, bedoel Hy dat Hy aan die bekende gebod van die liefde nuwe betekenis gee. Die Jode het naasteliefde fyn uitgewerk tot 'n magdom reëls. Maar nou word liefde vir mekaar iets heel anders: Dit is nou 'n liefde na die voorbeeld van Jesus self, om lief te hê soos Jesus. In sy liefde gaan dit nie oor die nakom van reëls nie, maar oor onselfsugtige en opofferende diens aan mekaar. Ons kan dit as "voetwas-liefde" beskryf.


As ons as Christene mekaar só liefhet, sal die wêreld weet dat ons dissipels van Jesus is. Jy onderskei jou nie as 'n volgeling van Jesus met mooi woorde of godsdiensoefeninge nie, maar met opregte dade van liefde. En dié oefening in liefde begin by jou medegelowiges. Bybelse liefde beteken om vir mekaar Christus te wees.


Gebed: Hemelse Vader, help my om so lief te hê dat mense sal weet ek is 'n dissipel van Jesus. Amen.

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Tunisië. Christene wat vanaf Islam bekeer, is die kwesbaarste vir vervolging – dikwels deur hul eie familielede en die omliggende samelewing. Bid dat gelowiges regoor Tunisië wat Jesus volg met hernude lewenskragtigheid en geloof gevul sal word

  2. Oman. Islam is die staatsgeloof en daar word aangeneem dat alle Oman-burgers Moslems is. Bid dat God deure sal oopmaak en geleenthede sal verskaf vir gelowiges om ander meer oor Jesus te vertel, en dat geïsoleerde gelowiges samesyn met ander gelowiges sal kan hê.

  3. Kuba. In hierdie sosialistiese diktatorskap word die teenwoordigheid van ander sosiale rolspelers soos die Kerk, burgerlike samelewingsorganisasies en internasionale organisasies nie toegelaat nie. Bid vir verandering in Kuba sodat daar godsdiensvryheid vir alle gelowe en mense sal wees.

  4. Ethiopië. In Ethiopië hang die mate van vervolging wat ʼn persoon ervaar dikwels af van die denominasie waaraan hy behoort. Bid dat Christene van alle denominasies in Ethiopië Christus se opdrag vir eenheid sal nastreef.

  5. Jordanië. Hoewel Jordanië daarvan hou om homself as ʼn baken van verdraagsaamheid en dialoog tussen gelowe uit te beeld, hou Islamitiese ekstremisme aan om ʼn bedreiging vir die Christelike gemeenskap te wees. Bid dat Jordanië se leiers toenemend ontvanklik vir godsdiensvryheid sal wees.

  6. Demokratiese Republiek van die Kongo. Christene in die Demokratiese Republiek van die Kongo ervaar van die mees ekstreme geweld in die wêreld. Bid dat God diegene wat Christene gewelddadig aanval se planne sal stuit.

  7. Mosambiek. Aanvalle deur Islamitiese ekstremiste en die teenwoordigheid van dwelmkartelle in sommige gebiede dra by tot verhoogde vervolging. Bid vir beskerming teen verdere aanvalle deur Islamitiese ekstremiste en dat God hul planne sal stuit.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  9. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:

https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page