top of page

7 Februarie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Feb 2, 2022
  • 4 min read

ree

Gebednet.



Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


7 Februarie 2022.


Liewe Vriende.


“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? ... Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal” (Matt 7:3, 5).


Dit is so maklik om ander se foute raak te sien, veral wanneer jy soos 'n goeie Christen die Bybel en die kerklike tradisie goed ken. Jy weet presies hoe mense moet leef en jy is sensitief vir enigiets wat maar net na sonde ruik.


Splinterjagters: Ons almal moet maar vir hierdie lastige siekte lig loop. Die belangrikste rede waarom ons so vatbaar is vir hierdie virus is dat dit die aandag van onsself wegneem. Om ander mense se sondes uit te wys laat jou eie sondes in die duister. So dínk jy. Maar God dink nie so nie. In God se oë is jy 'n huigelaar wat ander mense se foute skaamteloos uitbuit om jouself in 'n beter lig te stel. Gaan staan eers voor die spieël van God se Woord en sien die balk in jou eie oog raak. Bely jou eie skuld voor God. Miskien kan jy dan in opregte Christelike liefde jou medegelowiges in hulle sondenood bystaan.


Huigelaar! Haal maar eers die balk uit jou eie oog .


Gebed: Here, help my om my eie sonde te erken en te oorwin. Ek bid vir ander wat ook met sonde worstel, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Bid vir die onbereiktes. 65 000 Tatare in die Oekraïne (Moslems – slegs 1,5% Christene), 65 000 Andalaans in Rusland (Moslems – 0% Christene), 62 000 Meshketian Turke in Rusland (Moslems – 0% Christene), 52 000 Antushk in Rusland (Moslems – 0% Christene), 65 000 Pomak in Bulgarye (Moslems – slegs 1,2% Christene), 76 000 Altai-Kizhi in Rusland (Etnies – slegs 2% Christene),80 000 Turke in Noord-Masedonië (Moslems – 0% Christene), 88 000 Bosniaks in Slovenia (Muslims – only 0,3% Christians).

  2. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  3. Voertuie. Ons ondervind probleme met beide ons voertuie, een is al herstel maar die ander een moet maar eers wag omrede onvoldoende fondse. Bid vir uitkoms asseblief en dat Vader ‘n nuwer model voertuig sal voorsien.

  4. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Sending Koordineërders. Bid asseblief vir die onderskeie koordineers in die onderskeie Afrika lande. Weens die pandemie ervaar elkeen maar sy eie persoonlike uitdagings.

  6. House of Peace-2 Sendingstasie Malawi. Op Maandag/Dinsdag 24 en 25 Januarie het ‘n verwoestende wind storm en swaar reën die sending stasie getref. Precious en Annie se nuwe huis het geweldige skade en die kerk is heeltemal verwoes. Van die mense in die omgewing en ander dele van Malawi het ook groot skade gelei. Kom ons bid vir die sending koordineërders en die mense van Malawi in hierdie tyd. As iemand gelei voel om te help om die infra struktuur te herstel sal dit opreg waardeer word. Enige bedrag kan inbetaal word in die Deo Volente Sending se Absa Rekening: 90-7317-9493 met verwysing: U sel nommer en MALAWI VLOEDE.

  7. Nigerië. Meer Christene word weens hul geloof in Nigerië vermoor as in enige ander land. Bid dat dié wat oor hul geliefdes rou, God se vrede sal ervaar en dat die regering beslissende optrede sal toepas om alle burgers te beskerm.

  8. Pakistan. Christene in Pakistan ervaar uiterste vervolging op alle terreine van hul lewens. Bid vir beskerming oor Pakistan se kerke, veral tydens Christelike feeste.

  9. Iran. Geheime kerke word dikwels aangeval, hul leiers en lede gearresteer en lang tronkstraf opgelê vir “misdade teen nasionale veiligheid”. Bid dat Christene wat weens hul geloof gevange geneem word, God se vertroosting sal ervaar.

  10. Indië. Hindoe-ekstremiste glo dat alle Indiërs Hindoes moet wees en dat die land van Christene ontslae moet raak. Bid vir beskerming teen aanvalle op Indiese gelowiges, veral nuwe Christene.

  11. Saoedi-Arabië. Christene wat in Saoedi-Arabië bly – waar die regstelsel op Islamitiese wetgewing gebaseer is – loop die risiko van ernstige teenkanting en selfs die dood. Talle mense steek hul geloof weg. Bid vir wysheid en beskerming vir alle Christene wat Jesus volg.

  12. Mianmar.Boeddhistiese nasionalisme is baie sterk in Mianmar en meestal die dryfveer agter die vervolging van Christene. Bid dat alle gelowiges in Mianmar samesyn met ander Christene sal geniet sodat hulle mekaar te midde van vervolging kan bemoedig.

  13. Soedan.Militariste het verlede jaar ʼn staatsgreep uitgevoer, twee jaar nadat president Omar al-Bashir se regering omvergewerp is. Die Kerk is op een of ander manier in die middel van die konflik vasgevang. Bid vir God se genade en beskerming vir Christene in hierdie land.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.


Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page