7 April 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke
- missions3
- Mar 25
- 5 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
BELANGRIK!
Beste Geestelike Familie,
Ek wil graag julle laat weet dat ek op Saterdag, 29 Maart, na Namibië reis. Die weeklikse manna en gebedsversoeke word vooruit geplaas op die webwerf tot 14 April. Die sosiale bediening sal voortgaan via die selfoon vanuit Namibië, maar wees asseblief bewus daarvan dat daar dalk vertragings kan wees, aangesien ek slegs aanlyn sal wees wanneer Wi-Fi beskikbaar is.
Dankie vir julle begrip en gebede. Ek sien uit daarna om in kontak te bly en die werk van die Here saam voort te sit.
Vriendelike groete,
Johan
7 April 2025.
Liewe Vriende.
“Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin” {Gen. 7:1}
Vreemd, ten spyte van mense soos Henog en ten spyte van die feit dat die mense die Here se Naam al van vroeg begin aanroep het, het die verwydering tussen God en sy mense, sy aarde, die werk van sy hande, onoorbrugbaar geword. Van die “dit was goed” wat God tydens die skepping verbly het, was naderhand min oor. Die skeppingsprosesse en die verhoudings tussen mense en natuur en God was totaal van balans.
Die groot verwoesting van die vloed sou as ’n noodwendigheid kom. Die beeld van God in die mens het vervaag. Maar daar was nog mense, soos Noag, wat Hom wou dien. En vir hulle bied die Here besondere beskerming aan: “Gaan in die ark in!”
Dan kan die vloed maar kom. Of die ark soos in die prentjies van die Kinderbybel gelyk het (kompleet met ’n skoorsteentjie), of ’n spesiale toestand van bewaring was (’n tipe ark-verhaal is in feitlik alle beskawingsoorlewerings te vind) – die hele vertelling verduidelik bloot dat God se mense in God se beskerming moet leef.
’n Mens weet nie of vandag se wêreld met al sy tegnologie en wondere “beter” of “slegter” is as die een waaruit die Noag-verhaal dateer nie. Ons gaan elke dag ’n vloed van moontlike bedreigings en gevare tegemoet. Ons beleef feitlik elke dag groter of kleiner storms in ons gemoed of waar ons ook al kom. Ons reken soms die son sal nie weer skyn nie, die waters sal bly styg en in die skuimende vloed wat ons die moderne lewe noem, sal van die groot boomstompe wat verbydryf ons tref.
Met dit in gedagte sê God vir ons ook: “Gaan in die ark in!” Wanneer jy jou oë sluit of opkyk na God om te bid, gaan jy in die ark in. Wanneer jy die Here om hulp vra in besige verkeer, gaan jy in die ark in terwyl jy jou oë op die pad hou. Wanneer jou kind skool toe gaan en jy kan nie oral by wees vir raad en bewaring nie, en jy glo God sal bewaar, gaan julle in die ark in.
En sou jou ark deur reusebranders getref word, sal dit nie kantel nie. Mense wat op God vertrou, is veilig in sy beskerming.
Gebed: Here, ek gaan vanaf hierdie dag en nag in die ark van u beskerming in, en ek dank U vir u nabyheid in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Namibia Uitreik. Wanneer U hier lees is ek {Johan} in Namibia op ‘n sending uitreik. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik, Goddelike afsprake en dat die wil van die Here sal geskied in alles wat ek doen. Bid ook vir my gesin tuis.
Vir die leiers van die land. Bid vir wysheid, integriteit en ‘n hart vir diens onder ons leiers. Mag hulle besluitneming gelei word deur regverdigheid en ‘n strewe na vrede en voorspoed vir almal.
Vir Transnet en die vervoerbedryf. Bid en vra vir stabiliteit in ons logistieke sektor. Seën diegene wat verantwoordelik is vir spoorvervoer, hawens en logistiek, sodat goedere vrylik kan vloei en die ekonomie kan groei.
Vir Eskom en energievoorsiening. Bid vir kundigheid en eerlikheid in Eskom. Mag oplossings gevind word vir beurtkrag en energiekrisisse, sodat besighede en huishoudings kan floreer.
Vir die boere en landboubedryf. Bid vir beskerming vir ons boere teen droogte, misdaad en finansiële druk. Gee hulle krag om aan te hou produseer, sodat ons land se mense gevoed kan word.
Vir die ekonomie en werkskepping. Bid en vra die Here om Suid-Afrika se ekonomie te seën. Bid vir entrepreneurs en besighede om te groei, sodat meer werksgeleenthede geskep kan word en armoede verlig kan word.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comentários