top of page

6 Mei 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 3, 2024
  • 6 min read

Deo Volente Sending


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


6 Mei 2024.


Beste Vriende.


“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Matt 7:12).


Selfsug bly maar een van ons grootste probleme. Ons dink en droom ure lank oor ons eie ideale, behoeftes en probleme. En wanneer ons aan ander mense dink, gaan dit ook maar hoofsaaklik oor mense wat vir ons van waarde kan wees. Wat kan hulle vir ons beteken? Wat het hulle wat ons nie het nie? In die proses van selfverryking en selfhandhawing gee ons ook nie om om op ander mense te trap nie, solank óns net bo uitkom. Dit klink dalk kras en miskien pas jy glad nie in by hierdie prentjie van selfsug nie. Maar is daar nie dalk so iets daarvan in jou eie lewe waar nie? Het jy jou naaste lief soos jy jouself liefhet? Is jy bereid om onselfsugtig na jou naaste se belange om te sien, om in hulle behoeftes te voorsien?


Indien jy ja antwoord op hierdie vrae, lees gerus weer vandag se vers. Gaan doen nou in die praktyk wat jy bely. Wees in-der-daad 'n naaste vir jou naaste. Stel belang en bied jouself aan en wees só gehoorsaam aan die wet van liefde.

Wees ingestel op iemand vir wie jy in-der-daad 'n naaste kan wees.


Gebed: Here, help my om my naaste raak te sien soos ek wil hê hulle my moet raaksien, In Jesus Naam Amen.

 

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


““The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Ontwaking van die Kerk – Goddelike regering – Herstel van die samelewing 19 Mei – 9 Junie 2024 Uitnodiging aan die Liggaam van Christus na 21 dae van dag en nag gebed en vas vir Suid-Afrika. Kom ons BID vir Suid Afrika en die gebedspunte wat elke week gegee word. Gaan na: https://jwipn.com/awaken-sa-19-may-6-june-2024/ om saam te bid.

  2. Bediening Hulp. Bid vir genade en leiding in hierdie tyd van finansiële beproewing en voorsiening met die finansiële middele wat ons benodig om al ons verpligting na te kom. Bid ook ook vir voorsiening van ‘n sending voertuig, wat 'n noodsaaklike hulpmiddel is vir ons om ons werk te doen en die gemeenskap te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons waar ons plaaslik in Winburg betrokke is.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  6. Indië. Bid vir waagmoed, krag en genade vir pastore en leiers wat gereed is om ná die verkiesingsuitslae die Evangelie steeds vreesloos te verkondig. Bid dat Christene, ongeag die uitkoms van die verkiesing, ʼn plek sal hê om vrylik te kan aanbid. Vra God om teenwoordig te wees by die 11 miljoen verkiesingswerkers wat moet verseker dat ʼn stemlokaal binne twee kilometer van elke woongebied gevestig is. Dit behels dikwels gevaarlike togte oor woestyne, oerwoude en ʼn oseaan om te verseker dat elke stemgeregtigde Indiër kan stem. Bid Filippense 4:6-7 oor ons Indiese broers en susters. Bid dat hulle “oor niks besorg sal wees nie.” Bid dat hulle God se vertroosting en vrede sal ervaar en dat dit hulle in tye van vrees en onsekerheid sal bewaar.

  7. Manipur-Staat. Dié maand is die eenjarige herdenking van die geweld wat tussen die Kuki- en Meitei-stamme in die Manipur-staat uitgebreek het. Bid vir vertroosting vir families van die geskatte meer as 70 Christene wat in die aanvalle vermoor is. Bid saam met die 50 000 Christene in Manipur wat tydens die aanvalle se aanvang gedwing is om uit hul huise te vlug. Talle bly ontwortel en is steeds oor vlugtelingkampe versprei. Bid dat hulle sal ervaar hoe die wêreldwye Kerk vir en saam met hulle bid. Bid vir Christen-leiers wat hul lewens waag om Jesus te dien. Die meeste lei huiskerke en is in gevaar van aanrandings, vals beskuldigings en die vernietiging van hul huise. Vra God om hul geloof te versterk terwyl hulle hul roeping uitleef. Gelowiges word dikwels aangerand of gearresteer wanneer kerke aangeval word. Dit veroorsaak onvermydelike trauma en uiteindelik ʼn geloofskrisis. Bid dat dié gelowiges ons plaaslike vennote vir trauma-ondersteuning sal nader. Bid vir krag vir die gesinne van huiskerkleiers wat weens hul geloof vir vals aanklagte gearresteer word. Gesinne ly saam met die leiers, aangesien hul lewensbestaan en status in die samelewing hierdeur bedreig word. Bid vir kerke wat deur Hindoe-ekstremiste gesluit is. Bid dat die gemeentes eendag weer vir aanbidding bymekaar kan kom en dat God gelowiges intussen na nuwe geloofsgemeenskappe sal lei.

  8. Indië. Bid vir waagmoed, krag en genade vir pastore en leiers wat gereed is om ná die verkiesingsuitslae die Evangelie steeds vreesloos te verkondig. Bid dat Christene, ongeag die uitkoms van die verkiesing, ʼn plek sal hê om vrylik te kan aanbid. Vra God om teenwoordig te wees by die 11 miljoen verkiesingswerkers wat moet verseker dat ʼn stemlokaal binne twee kilometer van elke woongebied gevestig is. Dit behels dikwels gevaarlike togte oor woestyne, oerwoude en ʼn oseaan om te verseker dat elke stemgeregtigde Indiër kan stem. Bid Filippense 4:6-7 oor ons Indiese broers en susters. Bid dat hulle “oor niks besorg sal wees nie.” Bid dat hulle God se vertroosting en vrede sal ervaar en dat dit hulle in tye van vrees en onsekerheid sal bewaar. Dié maand is die eenjarige herdenking van die geweld wat tussen die Kuki- en Meitei-stamme in die Manipur-staat uitgebreek het. Bid vir vertroosting vir families van die geskatte meer as 70 Christene wat in die aanvalle vermoor is. Bid saam met die 50 000 Christene in Manipur wat tydens die aanvalle se aanvang gedwing is om uit hul huise te vlug. Talle bly ontwortel en is steeds oor vlugtelingkampe versprei. Bid dat hulle sal ervaar hoe die wêreldwye Kerk vir en saam met hulle bid. Bid vir Christen-leiers wat hul lewens waag om Jesus te dien. Die meeste lei huiskerke en is in gevaar van aanrandings, vals beskuldigings en die vernietiging van hul huise. Vra God om hul geloof te versterk terwyl hulle hul roeping uitleef. Gelowiges word dikwels aangerand of gearresteer wanneer kerke aangeval word. Dit veroorsaak onvermydelike trauma en uiteindelik ʼn geloofskrisis. Bid dat dié gelowiges ons plaaslike vennote vir trauma-ondersteuning sal nader.











Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.



De Villiers Street, Winburg. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts:

Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference




 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page