6 Maart 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Mar 4, 2023
- 5 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
6 Maart 2023.
Beste Vriende.
“En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade 'n blywende troos en goeie hoop gegee” (2 Tess 2:16-17). Waaraan dink jy wanneer daar van bemoediging gepraat word? Aan iemand wat 'n ernstige krisis beleef en nou vertroosting nodig het? Luister dan wat die doel van hierdie bemoediging is: Mag julle in al die goeie wat julle doen, bemoedig word. Hierdie bemoediging moet dien as 'n aanmoediging om in goeie werke toe te neem, om dit met nog groter geesdrif en deursettingsvermoë te doen. Ten spyte van geweldige terugslae het hierdie bediening nie gekrepeer van ellende nie, maar hulle toegespits op die doen van goeie werke.
En dan kry hulle 'n trooswoord. God het sy liefde aan hulle bewys en aan hulle 'n blywende troos en goeie hoop gegee. 'n Blywende troos? Ja, dit gaan hier oor die inwoning van die groot Trooster, die Heilige Gees wat nooit God se kinders verlaat nie. En benewens die troos is daar ook die hoop - nie 'n ydele verwagting nie, maar die hoop wat reeds deur Jesus se kruisverdienste vir ons 'n realiteit geword het.
Hou aan met goeie werke, geniet die blywende troos en verbly jou in die hoop vir altyd.
Gebed: Here, dankie dat ek deel het aan 'n blywende troos en dat ek my kan verheug in 'n ewige hoop< Amen.
Sending Terugvoer Februarie 2023.
Vanaf die 19de tot Sondag 26 Februarie was ek in Namibia. Hierdie was 'n unieke uitreik en het die Heilige Gees van dag tot dag gelei en is heeltemal anders uitgereik as beplan. Geoffrey het op die laaste nippertjie sy reis moes afstel en terugkeer Malawi toe en ek toe alleen op my eie. Maar God het gesê gaan en hou aan, EK is met jou. En al die ere aan Abba Vader vir 'n wonderlike 100% geslaagde/geseënde uitreik.
Het 4 dae in Gobabis bedien, en 'n ander sendeling (Gawie Joubert) besoek in Charles Hill in Botswana. 'n Ander bediening gehelp om nuwe stelsels vir hulle finansies in plek te sit. Die hoogtepunt was Dinsdag toe ek bedien dat 2 vroue na die tyd vir my sê dat ek presies hulle vrae/probleem waarmee hulle al baie lank geworstel het kom oplos het.
Mosambiek.
Anastancio het per whatsapp fotos gestuur dat die rivier die hele plaas oorstroom het en hulle het groot skade gelei op Guija. Xavier op Xai-Xai rapporteer ook van groot skade daar. Hy help gesinne wat alles verloor het met komberse en kos. Bid asseblief vir hulle.
Kenya.
Past. Alex het ons uitgenooi vir 'n leierskap opleiding konferensie in Augustus. Hy het ook 'n voedselskema begin waar hy kos uitdeel aan weduwees en wese.
Zambia en Zimbabwe gaan dit goed en Fred en Foster meld dat die uitstekend gaan met die opleiding soos die leiers los kom uit "religion" en die "Kingdom Truth" aanneem. Fred se bediening onder die jeug met die fietse is net met een woord awesome.
Loof en dank saam met ons die Here vir SY GOEDHEID EN GUNS en vir elke "Divine Appointment" wat daar was.
Bid asseblief saam vir ek en Esther se gesondheid. My regterhand gee baie las en raak al hoe swakker. Die dokter sê al oplossing is 'n operasie, maar ek vertrou die Here vir volkome.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Marokko.Beide Marokkaanse en buitelandse Christene wat met ander oor hul geloof praat, loop die gevaar van arrestasie en kriminele vervolging. Bid vir geïsoleerde gelowiges in Marokko wat hul geloof alleen moet uitleef. Hulle kan huisarres, fisiese aanvalle, en tronkstraf in die gesig staar.
Bangladesj. Christene wat uit ʼn Moslem-, Hindoe-,Boeddhistiese of stamagtergrond tot bekering gekom het, word aan baie ernstige vervolging blootgestel. Bid dat gelowiges in Bangladesj maniere sal vind om bymekaar te kom vir aanbidding en dat hulle krag in die Here sal vind.
Laos. Bekeerlinge in Laos word skuldig bevind daaraan dat hulle die Boeddhistiese tradisies van hul gemeenskappe verraai het. Hulle ervaar dikwels druk en geweld vanaf hul gesinne en plaaslike owerhede. Bid dat hulle die krag sal hê om in hul geloof te volhard.
Mosambiek. Islamitiese militante het talle gelowiges in Mosambiek doodgemaak. Christene wat daarin kan slaag om van die geweld te ontsnap, verloor dikwels hul lewensbestaan en al hul besittings. Bid vir die genesing van gesinne wat hul geliefdes verloor het en die herstel van hul lewensbestaan. Daar is ook tans ernstige vloede in verskeie gedeeltes van Mosambiek, veral die Suidelike gedeeltes en party mense het alles verloor deur die water vloed.
Indonesië. Kerke en Christene wat betrokke is by Evangelisasie, loop veral die gevaar van vervolging. Bid dat Christene en kerkleiers wysheid en vrymoedigheid sal ontvang, terwyl hulle Jesus in ʼn samelewing met ʼn Moslem-meerderheid volg.
Katar. Die meerderheid van Katar se Christene is trekarbeiders wat vry is om te aanbid, maar nie die Evangelie met Katar-gemeenskappe kan deel nie. Bid dat migrerende Christene ondanks die grootskaalse beperkings geleenthede sal kry om toegang tot die Evangelie te verkry en dit met ander te deel.
Egipte. Kerke in Egipte ervaar weens staatsbeperkings of gemeenskaplike vyandigheid probleme wanneer hulle probeer om nuwe geboue op te rig. Bid vir gelowiges, kerke en Christelike instansies vir beskerming. Bid dat gelowiges versterk en bemoedig sal word om standvastig te bly.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Groet e in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments