6 Februarie 2023. Januarie Sending Terugvoer Gebedsversoeke.
- missions3
- Feb 4, 2023
- 6 min read

Gebednet.

Januarie Sending Terugvoer Gebedsversoeke.
6 Februarie 2023.
Beste Geestelike familie en vriende.
Ek kan begin soos die gebruiklike “Die eerste maand van 2023 is al verby”, maar wil ek begin met Psalm 23:6; “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.” Dit laat my dink in ALLES is die Here met ons en SY Goedheid en Guns volg ons as ons in Sy wil en geregtigheid bly. Mens kan kla oor finansies, petrol, ens, maar dan onthou jy ja daar is altyd genoeg om te eet en jy kan ry. In alles sien mens SY goedheid en guns en is dit net genade dat ons hierdie jaar al 23 jaar in voltydse bediening is. Ja, daar was en is moeilike tye, maar in ALLES ervaar ons nog steeds SY goedheid en guns!
Ek is so opgewonde soos ‘n klein kindjie met ‘n nuwe speelding. Vader is besig om deure oop te maak om weer oorgrens te reis sedert die laaste reis in Februarie 2020 en wat alle reise gestop was deur covit.
Uganda is aan Thembeviro en sy span volmag gegee om op hulle eie aan te aan met die opleiding onder sy eie bediening “Living in Christ Ministries”. Dit verlig die administratiewe las op ons en is ook logistiek meer uitvoerbaar. Dieselfde is gedoen met Alex in Kenya. Hierdie twee koordineerders het uitsondelike kwaliteite en kan hulle die leierskap opleiding onder hul eie kerke/bediening hanteer. Dit was en is nog steeds die visie om leiers te kry om SELF insiatief te neem en op hulle eie aan te gaan met die visie van; “Om leiers in Afrika te bereik en toe te rus met behoorlike dissipelskapopleiding sodat hulle self die groot opdrag ten volle kan vul.” Die klem is op “Self” en is dit prysenwaardig dat dit besig is om te gebeur.
Mosambiek doen Xavier opleiding en is hy tans in Nelspruit waar hy besig in met opleiding. Anastancio op Guija Sendingstasie leer die leiers die "Farming God's Way" manier van boer sodat hulle deur boerdery die bediening kan finansiër en die gemeenskap kan help. Op die oomblik word verskeie weduwee’s en ouers met klein kindertjies gehelp met vars groentes en vrugte vanaf die plaas. Anastancio ondervind tans probleme met siektes op die piesang plante, die blare kry knoppies op en die plant vrek dan. As daar iemand is wat kan help of weet wat om te doen sal dit opreg waardeer word.
Zambia groei die leierskap opleiding en Fred se fiets bediening.
Malawi gaan goed reik Geoffrey uit na die omliggende lande rondom. Precious en Annie ondervind groot uitdagings op finansiële gebied. Raphael, Moses en Jackson gaan dit goed meë.
Kuda ondervind uitdagings met sy projek en vra ons dat julle vir hom baie bid asseblief. Solomon se projekte en tronk bediening groei en wonderlike getuienis word weekliks gegee.
Ons Hulp projek plaaslik ondervind finansiële uitdagings en moes ons ongelukkig versoeke vir pre-paid elektrisiteit, lugtyd en kos afwys of herlei. Bid asseblief ernstig vir voorsiening in die Absa Hulp Rekening 93-6104-5805.
Sosiale media leierskaps groepe op whatsapp en telegram groei. 3211 Leiers word daagliks bereik. Daar is ‘n groot behoefte na Geestelike Begeleiding en is besluit om ‘n Aanlyn Kerk te begin vir persone wat aan geen kerk behoort nie en hulle te bedien. Hierdie kerk funksioneer net soos ‘n fisiese kerk maar met een verskil alles gebeur aanlyn. Gennesaret Ministry Church Online is einde Desember begin Januarie gestig en is daar alreeds 147 “Lidmate”.
Loof en Prys die Here vir Koordineërders en Goddelike manne wat HY rondom Johan plaas wat die visie deel en Johan se hande kan omhoog hou in die bediening in Afrika. Baie dankie vir Geoffrey, Raphael, Precious, Moses, Fredson, Jackson, Alex, Thembeviro, Samuel, Richard, Xavier, Foster, Enos en Anastancio.
Gebed: Dankie Vader vir U goedheid en guns en dat ons weet in alles is U met ons, dankie vir die geleentheid om 23 in U bediening te staan, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Noord-Korea. Christene word beskou as die gevaarlikste politieke element in Noord-Korea en word weens hul geloof in Jesus aan uiterste vervolging blootgestel. Bid dat God die talle geheime gelowiges in dié land se geloof sal versterk.
Somalië. Somaliese gelowiges wat van Islam bekeer, word deur groepe soos Al-Sjabaab as verraaiers en “hoëwaarde”-moordteikens beskou. Bid vir die beskerming van dié gelowiges.
Jemen. Jemenitiese Christene staar verbanning en selfs die dood in die gesig weens hul geloof in Christus. Bid dat God voorsiening sal maak vir dié gesinne en diegene wat weens hul Christenskap geïsoleer word
Eritrea. Christene wat nie deel van die drie erkende denominasies is nie, word gemonitor, blootgestel aan klopjagte en tronkstraf in onmenslike toestande opgelê deur die staat. Bid dat God hierdie gelowiges sal versterk en dat hul geloof standvastig sal bly.
Libië. Christene in Libië ervaar dikwels geweldige druk van hul gesinne om hul geloof te verloën. Weiering om dit te doen, kan lei tot haweloosheid en werkloosheid. Bid vir hierdie gelowiges vir volharding, voorsiening vir diegene wat werk soek en ʼn veilige toevlugsoord.
Nigerië. Christene se vervolging is dikwels uiters gewelddadig, terwyl Islamitiese militante en gewapende rowers hulle met toenemende wetteloosheid aanval. Bid dat almal wat deur die geweld geraak word van hul wonde en trauma sal genees.
Pakistan. Daar heers ʼn stille epidemie van ontvoerings, gedwonge huwelike en die gedwonge verloëning van Christenmeisies en -vroue se geloof om hele Christengemeenskappe te vervolg. Bid vir die genesing van trauma vir dié vroue wat ontvoerings verduur het.
Iran. Christen-huisgroepe bestaande uit Moslem-bekeerlinge word dikwels aan klopjagte blootgestel. Tydens dié aanvalle word leiers en groeplede vir “misdade teen nasionale veiligheid” gearresteer. Bid dat die president die regte van Iran se godsdienstige minderhede sal respekteer.
Afganistan. Dit is steeds onmoontlik om openlik in Afganistan as ʼn Christen te funksioneer, en sedert die Taliban se oorname in 2021 het vervolging toegeneem. Bid vir die veiligheid van Christenbekeerlinge wat gewelddadige gevolge in die gesig kan staar indien hulle as gelowiges geïdentifiseer word.
Soedan. Christene is kwesbaar vir uiterste vervolging in hul openbareBid vir beskerming, bemoediging en moed vir Christene wat vanaf Islam tot bekering gekom het.- en privaatlewens, veral as hulle vanaf Islam tot bekering gekom het.
Indië. Die vervolging van Christene neem steeds toe terwyl Hindoe-ekstremiste probeer om die land van hulle teenwoordigheid en invloed te “reinig”. Bid dat vervolgde Christene bemagtig sal word om sterk te staan.
Sirië. Christene in Sirië en veral kerkleiers worstel steeds met daaglikse vervolging, ten spyte van die sogenaamde Islamitiese Staat se openbare bedreiging wat grootliks afgeskaal is. Bid vir vrede in die land, asook die beskerming van Christene en veral kerkleiers.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Bediening 2023. Ons beplan ‘n paar groot projekte asook “Road Trip” na ander provinsies en drie buitelandse uitreike. Bid asseblief saam vir die logistiek en finansiële voorsiening.
Finansies. Ons enige ondersteuning is van individule ondersteuners. Twee van ons ondersteuners is in 2022 oorlede wat ons maandeliks met ‘n tekort van 50% {Die helfde} op ons begroting laat. Bid asseblief dat Vader ondersteuners en meer ondersteuners sal opwek vir die bediening. Daar is verskeie projekte wat moet oorstaan, afstaan of net op die wenslysies geplaas moet word a.g.v. finansies op die oomblik.
G roete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Σχόλια