top of page

5 September 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Sep 2, 2022
  • 4 min read

5 September 2022


Liewe Vriende


Jesaja. 55:11."So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur."


Dit maak ons so opgewonde elke keer as ons positiewe terugvoer ontvang via die internet en sosiale media groepe. Omrede daar baie keer nie fisiese kontak is nie is dit moeilik om te bepaal hoeveel leiers daagliks bereik word. Ons dink ons weet van die 5000 op die adres lyste, maar dan ontvang mens 'n boodskap soos hierdie:"I received a forwarded message from you and it save my life. It just come at the right time"!


Die Afrika Koordineerders gaan dit uitstekend en was dit 'n besturing toe ons nie kon reis nie gedurende die inperking en hulle feintlik gedwing was om SELF die leisels oor te neem. Ons staan verstom oor die groei en alles wat gebeur. Wil nie persone uitsonder nie, maar Geoffrey, Jackson, Gloria, Jackson en Xavier is sterre!


Dit was Sondag 4 September Esther se verjaarsdag. Ons dank die Here vir nog ‘n jaar dat sy gespaar is vir ons gesin.


Gebedsversoeke:

1) Bid asseblief vir finansies in die sending rekening. Verskeie projekte is afgeskaal of "on hold" geplaas.

2) Bid vir elke Afrika Koordineerder en hulle spanne. 3)Bid vir Geoffrey waar hy besig is om te netwerk in Botswana vir nuwe opleiding geleenthede.

4) Bid vir waterpomp vir Guija Plaas en herstelwerk aan Anastancio se motor.

5) Bid vir ek en Esther se gesondheid.

6) Bid vir ons veiligheid, beskerming en bewaring. Omrede ons in die voorste linies werk is die aanvalle en uitdagings fel.

7) Bid vir die voorsiening van 'n karavaan of motorhome vir die bediening.

Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


Gebed: Here, mag ek die rykdom van U woord daagliks ontdek. Baie dankie dat ons vir U kan arbei in die sendingveld, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  4. Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!

  5. Lentetyd. Terwyl ons lente in die Suidelike Halfrond binnegaan, bid vir herlewing van geloof regoor die wêreldwye Liggaam van Christus. Bid dat gelowiges opnuut hul geloof sal versterk, selfs in tye van teëspoed.

  6. Ons vervolgde familie. Bid vir ons vervolgde familie wat bedreig word in lande wat nie by die Wêreld-waarnemingslys 2022 ingesluit is nie. Bid dat hulle vrede sal beleef en sal weet dat hul mede-gelowiges hulle aanhoudend aan die Skepper opdra.

  7. China. Bid vir vervolgde ondergrondse Christene in China, wat nou tegnologie gebruik om te aanbid. Bid dat hulle toegang tot hulpbronne sal verkry om die Evangelie te verkondig.

  8. Pakistan. Vervolgde Christene wat beskuldig word van godslastering teen Islam se tronkvonnisse is na doodsvonnisse verander. Bid vir vrede en vertroosting vir hul gesinne.

  9. Moslemwêreld. Bid vir waagmoed vir Christelike kerkleiers wat deur Islamitiese ekstremiste geteiken word sodat hulle kan voortgaan om die Evangelie te verkondig. Bid vir beseerde gelowiges wat in die hospitaal opgeneem is en die gesinne van vermoorde gelowiges.

  10. Bangladesj. Met indiensneming word daar teen talle Bangladesj-Christene gediskrimineer. Bid vir regskennis sodat hulle die ongeregtighede kan teenstaan. *Name verander vir sekuriteits doeleindes.

  11. Sri Lanka. Bid vir bedreigde Christene wat weier om die tradisionele Boeddhistiese gebruike na te kom. Bid vir God se beskerming en dat hulle vreesloos sal wees.

  12. Bhoetan. Bid vir vervolgde Christengesinne in Bhoetan wat regeringsbystand en ondersteuning geweier word. Bid dat God hulle sal versterk en dat hulle deur ons vennote bystand sal ontvang.

  13. Sentraal-Afrikaanse Republiek. Christene in die Sentraal-Afrikaanse Republiek wat tydens die pandemie regeringsbystand wou hê, moes hulle tot Islam bekeer. Bid vir God se genade met die opbou van hul lewens.

  14. Nigerië. Christene wat deur Fulani-militante ontwortel is, staar voor die algemene verkiesing van 2023 groter vervolging in die gesig. Bid dat hulle sal onthou dat God se Naam ʼn sterk vesting is tydens onsekerhede (Spr. 18:10).

  15. Somalië. Bid vir Christene wat weens vervolging nie vrylik die Bybel kan besit of lees nie. Bid dat God se Woord deur lofprysing in hulle harte gegraveer sal word. Bid dat die Evangelie hulle deur Goddelike kanale sal bereik.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens.


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page