top of page

5 Mei 2025. APRIL 2025 - SENDING VERSLAG Samevatting van Aktiwiteite

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 1
  • 7 min read

Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

5 Mei 2025.


Liewe Geestelike Familie,


Die maand April was gevul met kragtige getuienisse van die Here, groei in die bediening en kosbare oomblikke van bediening, toerusting en bemoediging. Ons sien die Here se hand in elke aspek van ons werk, en deel graag met julle die hoogtepunte van die afgelope maand.


Johan se Bedieningsreis na Gobabis, Namibië

Vanaf 30 Maart tot 13 April het Johan in Gobabis, Namibië bedien – 'n bedieningstoer van 3678 km (retour) waarvan 90% per bus afgelê is. Die tema regdeur hierdie tyd was gehoorsaamheid, en dit was duidelik hoe die Here getrou werk deur gehoorsame harte. Daar is leiers bemoedig, gemeentes versterk en die Evangelie kragtig verkondig.

 Gebeure in April 2025

1. Vroue Byeenkomste – Gelei deur Esther

Esther het een vroue-byeenkoms gehou waar vroue saamgekom het vir gebed, geestelike verdieping en bemoediging. Die teenwoordigheid van die Here was tasbaar en baie het geestelike herstel en versterking ervaar.

2. Jeugbyeenkomste – Gelei deur Simeon en Joshua

Simeon en Joshua het twee jeugbyeenkomste aangebied, met 'n fokus op die sosiale en geestelike ontwikkeling van jongmense.

3. Manne Aand. ’n Manne-aand is gereël, met kragtige getuienisse en het die manne koek en tee na die byeenkoms geniet. Hierdie geleentheid het nie net geloof versterk nie, maar ook broederskap gebou.

4. Leiers Vergadering. ’n Leiersvergadering is gehou waar leiers saam gebid het.


 Afrika Bedieningsnetwerk

Johan het daagliks kontak gehad met die Afrika-koördineerders in Malawi, Mosambiek, Zambia, Zimbabwe, Namibië, Kenia en Uganda. Hier volg ’n paar opdaterings:

  • Mozambique:“We are grateful for what the Lord is doing in Mozambique. We are witnessing hearts being touched and leaders rising up with a passion for God’s work. Through ministry in various communities, there are growing opportunities for discipleship and training, and we’re seeing faith take deeper root. Please pray with us for continued strength, wisdom, and open doors as we raise up new leaders to carry the Gospel forward.” – Anastancio & Betty Tivane and Xavier & Mariana Simango

  • Zambia:“In Zambia, we are experiencing a season of growth and new doors opening for evangelism. We have recently started supporting a few new congregations, and people are opening their hearts to Christ. The ministry is reaching into new areas, and we are excited about what lies ahead. Pray that we will have the resources, both spiritual and practical, to meet the needs of these growing communities.” – Fred Mbewe

  • Zimbabwe:“The Lord is doing a wonderful work here in Masvingo. Together with local leaders, we are focusing on evangelism and training, and we’re seeing believers growing spiritually and starting to reach others. There is a great need for Biblical training, but we are encouraged by the hunger for God’s Word. Please pray for continued growth, provision of discipleship materials, and protection over the ministry.” – Pastor Mzonzo

  • Malawi:“Ministry in Malawi is going well. We are seeing clear fruit from discipleship—people are taking the Word seriously and beginning to teach others. By God’s grace, there is a strong movement of emerging leaders stepping up to spiritually guide their communities. Please pray for these young leaders, that they will remain rooted in Christ and be equipped to handle the challenges of ministry.” – Geoffrey, Moses, Raphael, Precious, Fredson & Gloria

  • Uganda:“Our ministry in Uganda is focused on strengthening the local church, and we are seeing the fruit of this work. Leaders are taking ownership and beginning to step out to share the Gospel. We see God's hand in every gathering, and we are excited for the journey ahead. Please pray for unity among churches and for more training opportunities to raise up faithful leaders.” – Samuel

  • Kenya:“We are working hard to let the light of Christ shine in our communities. In both Mombasa and Webuye, we are beginning to reach many young people and families with the Gospel. The Lord is faithful, and we are thankful for every opportunity He gives. However, the spiritual battle is real, and we face many challenges on the ground. Please pray especially for Kenya—for strength, protection, and boldness for our pastors, for hearts to remain open to the Gospel, and for long-term transformation in our communities.” – Pastor Richard Opiyo & Pastor Alex Masika


Sosiale Media Bedieningsimpak

Ons aanlyn bediening deur Gennesaret Ministry Church groei steeds! Deur sosiale media bereik ons duisende met die Evangelie, asook met gebed, berading en bemoediging. Ons sien mense van regoor die wêreld inskakel en reageer op die boodskap van hoop.


 Hoe Jy Kan Help

Wil jy help om hierdie werk aan die gang te hou? Jou finansiële ondersteuning maak 'n groot verskil. Gebruik gerus die bankbesonderhede onderaan die nuusbrief om 'n bydrae te maak. Elke sent help ons om meer mense te bereik en meer leiers toe te rus.


🙏 Slotgebed

"Hemelse Vader, dankie vir elke deur wat U oopmaak. Seën elke leier, elke gemeente, elke bediening. Laat die lig van U Evangelie skyn in elke nasie. Gebruik ons as U werktuie, en lei ons in gehoorsaamheid. Amen."


Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning, gebede en betrokkenheid. Ons is saam deel van iets baie groter – die bou van God se Koninkryk!


Seënwense,Johan, Esther, Simeon & Joshua Lourens


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  2. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  3. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  4. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  5. Indië: 1,2 miljard praktiserende Hindoes. Vra die Here om deur elke weerstand van tradisie, vrees en verwarring te breek in Indiё. Bid dat Sy naam – Alfa en Omega – diep in die Hindoes se gees sal resoneer. Bid dat Hy hulle harte sal aanwakker om te sien dat Hy hulle eerste begeerte enfinale antwoord is.

  6. China: Ongeveer 700 miljoen ateïste. Vra die Here om die harte van Ateïste in China bewus te maak vir die waarheid dat Hy die finale antwoord op elke vraag, die onveranderlike belofte en die getroue Verlosser is.• Bid dat hulle Hom sal leer ken as die Amen, die een in wie alle beloftes vervul word, en Sy heerlikheid aan die wêreld sal weerspieël.

  7. Indonesië: 230 miljoen praktiserende Moslems. Bid dat drome, visioene en goddelike ontmoetings die harte van Moslems in Indonesia sal oopmaak om Hom te sien as die Veroweraar en Verlosser wat beide sag en magtig is. Bid dat hulle Hom sal leer ken as ‘die Leeu uit die stam van Juda’, die een wat oor alles triomfeer.

  8. Thailand: 70 miljoen praktiserende Boeddhiste. Vra die Here om die oë van Boeddhiste in Thailand oop te maak om te sien dat Hy die uiteindelike Bron van Vrede is, die Verlosser wat die ewige lewe bring. Bid dat Sy Naam verhef sal word in daardie nasie en mag baie die Lam van God leer ken wat vir hulle redding geslag is.

  9. Utah: 60-70% van die bevolking beoefen Mormonisme. Bid dat die harte van Mormone in Utah aangeraak sal word deur die waarheid van Sy liefde, die sekerheid van Sy getrouheid en betroubaarheid en die sekerheid dat Hy alleen die Ware Weg is en die Getroue Een wat lewe bring. Bid dat hulle besef dat hulle in Hom sal vind waarna hul harte smag: hoop, vrede en ‘n doel.

  10. Japan: 80 miljoen mense beoefen Sjinto. Vra die Here om Homself te openbaar aan mense in Japan wat Sjinto beoefen as die Woord van God (Johannes 1:1), die ewige en lewende Woord wat vlees geword het. Bid dat Hy deur die krag van Sy Gees deur die geestelike duisternis sal breek en hulle in die lig van waarheid sal lei.

  11. China: 300 miljoen mense beoefen Confucianisme. Vra die Here om die oë van Confuciane in China oop te maak vir die waarheid dat die wysheid wat hulle soek en die morele waardes wat hulle waardeer, uiteindelik in Jesus gevind word – die Wortel en die Nakomeling van Dawid. Vra die Heilige Gees om hulle gees wakker te maak vir die werklikheid dat Jesus die Lewende Woord is wat verlossing bied.








Groete in Jesus Christus.


‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry



De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.

Account Holder: J. Lourens. Type: Savings


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page