top of page

5 Junie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 1, 2023
  • 6 min read

ree

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

5 Junie 2023.


Beste Vriende.


“Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” {Johannes 4:10}


'n Legende vertel van ‘n man wat in die woestyn verdwaal het en besig was om te sterf van dors. Hy het op ‘n ou geroeste pomp afgekom. Hy het die handvatsel gegryp en begin pomp, geen water het uitgekom. Toe sien hy ‘n bottel langs die pomp staan met die woorde "My vriend, jy het die water in die bottel nodig dat die pomp kan werk en onthou om hom weer vol te maak as jy klaar gedrink het".Sy keuse was moeilik,drink hy die water dan gaan hy lewe, as hy dit in die pomp afgooi sal hy net kan hoop dat hy meer as genoeg water sal he vir n baie lang tyd. Hy het diep nagedink oor sy opsies.Teen sy sin gooi hy dit toe af in die pomp en begin pomp. Aanvanklik het niks gebeur nie, na lang ‘n ruk se pomp begin n paar druppels uitloop,toe n straaltjie en toe n stroom yskoue fontein water! Hyt die bottel gretig volgemaak en begin drink.Uiteindelik het hy die bottel vir die volgende reisiger volgemaak, die prop opgesit en sy eie brief ook bygeskryf, "Glo my,dit werk regtig! Vriend,moenie die boodskap wat Jesus agtergelaat het ignoreer nie!


Mag jy in hierdie week die verkwikking van die Lewende Water ervaar en jou siele dors les en meer as genoeg hê om mildelik uit te deel aan jou mede broer en suster.


Gebed: Here, gee my die Lewende Water om te drink en my siel te versadig en help my om nie terug te hou nie maar mildelik uit te deel, in Jesus Naam Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Nigerië. Nigerië is weens ondenkbare geweld en brutaliteit bo-aan die Wêreldwaarnemingslys vir geweld. Bid dat God dié bose aanvalle sal stop en militante se harte na Jesus se liefde sal verander. Bid vir genesing vir die talle gelowiges wat deur gewelddadige vervolging getraumatiseer is. Vra God om Christene te beskerm en die president en staatsgoewerneurs te help om blywende oplossings vir Nigerië se toenemende veiligheidskrisis te vind.

  2. Burkina Faso. Bid dat Islamitiese ekstremistiese groepe se planne en invloed gestuit sal word. Bid vir genesing, vertroosting en herstel vir diegene wat deur hul aanvalle ontwortel is. Bid vir krag vir Christene wat teenstand ervaar en dat hulle ligbakens in hul gesinne en gemeenskappe sal wees.

  3. Sentraal-Afrikaanse Republiek. Ons smag na vrede in dié gekwelde nasie. Bid vir Goddelike bystand vir die regering om onseker-heid te bekamp en vir leiers van militante groepe om ʼn vreedsamer lewe na te streef. Bid vir voorsiening in die behoeftes van alle ontwortelde gelowiges wat ook vervolging ervaar. Mag God hulle beskerm teen onheil, veral kerkleiers, aangesien hulle toenemende gevare trotseer.

  4. Demokratiese Republiek van die Kongo, (DRK). Ons verlang om ʼn einde te sien aan die geweld en wetteloosheid wat Christene in die ooste van die DRK verduur. Bid dat God die land sal koester en die owerhede sal help om blywende vrede hier te vestig. Bid vir wysheid en waagmoed vir kerkleiers terwyl hulle getraumatiseerdes en ontworteldes bedien en hul mense leer om vervolging te trotseer. Mag God Sy genesing bring vir almal wat gely het.

  5. Niger. Bid dat God daagliks nader aan dié Christene sal beweeg wat daagliks die gevaar van vervolging deurmaak. Mag hulle onder druk standvastig bly in hul geloof en mag Hy hul vervolgers se harte versag. Bid dat die regering die regstelsel regverdig vir almal sal maak en die bose praktyke van ontvoering en gedwonge huwelike sal staak. Bid vir veilige ruimtes vir Christelike byeenkomste, aanbidding en bemoediging.

  6. Gebedsversoek. Nuwe Voertuig vir Bediening. Hiermee wil ons julle nader met ‘n spesiale versoek wat wel klink of dit bietjie buitensporig is, maar nie is as mens al die faktore in ag neem nie. Ons is al 23 jaar in voltydse bediening en ons huidige sending voertuig 25 jaar oud en word laasgenoemde duur om te onderhou. Sedert die inperking in 2020 het reis kostes verdubbel veral vliegtuig kaartjies. ‘n Kaartjie na Malawi het in 2020 R7000 retoer gekos en kos nou R13 000 retoer. Sedert 2020 het die publieke vervoer senario ook drasties verander in Afrika. Al die faktore is in ag geneem en het ons duidelike bevestiging ontvang dat die weg vorentoe sal wees om per voertuig te reis in Afrika. Ons het gekyk na verskeie opsies en is die Isuzu bakkies die beste opsie wat betref versekerings en sekuriteit. Die Isuzu is byvoorbeeld ‘n laer risiko vir Hi-Jacking as die Toyota en ook meer betroubaar. Dit is ook nie goeie rentmeesterskap om weer ‘n ou bakkie te koop nie maar beter om so nuut as moontlik te koop. Die bakkie wat geidentifiseer is is ‘n 2020 model met lae kilometers van 12500 en ‘n koste van R459 000 dit is ook die prys van soortgelyke bakkies waarna ons gekyk het. Sien besonderhede hieronder. Graag wil ons julle almal vra om saam te bid vir voorsiening vir hierdie bakkie. Dit sal wonderlik wees as ons al in Agustus 2023 met die bakkie kan ry na die volgende uitreik in Malawi i.p.v. vlieg. Terloops die Augustus uitreik is Malawi As u gelei voel om te help om hierdie bakkie te koop sal ons dit opreg waardeer. U kan enige bedrag inbetaal in die volgende rekening: Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Sending/Mission.

  7. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  8. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  9. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  11. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  12. Arise Africa-veldtog. Afrika suid van die Sahara ervaar rekordgetalle van geweld, wat deur die teenwoordigheid van jihadistiese groepe in talle lande veroorsaak word. Bid dat ons meerjarige Arise Africa-veldtog die Kerk in hierdie streek sal versterk en bewustheid van hul situasie sal verhoog.

  13. Fokus vir die maand. Ons fokus vir die maand van Junie is die Jeug. God het 'n spesiale plek in Sy hart vir die kleintjies – veral die weeskinders. Ons moet jongmense van Sy liefde en spesiale sorg voorsien – hetsy in ons gesinne of die breër samelewing. Gelukkig, geseënd en gelukkig is die man wie se koker vol van hulle is! Hulle sal nie beskaamd staan ​​wanneer hulle met hulle teëstanders [in samekomste] by die [stad] se poort praat nie. (Psalm 127:5 AMP)

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Bid saam vir nuwe voertuig asseblief.
Bid saam vir nuwe voertuig asseblief.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page