5 Januarie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3

- 2 days ago
- 5 min read

5 Januarie 2026.
Liewe Vriende.
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. ”. Johannes 10:10.
Aan die begin van ’n nuwe jaar sit ons almal met verskillende gevoelens. Sommige gesinne dra vreugde, ander dra bekommernis. Party ouer mense stap hierdie jaar in met dankbaarheid, ander met onsekerheid oor gesondheid, finansies of eensaamheid. Die Here ken elke hart. Jesus se woorde herinner ons vandag dat ons nie alleen die pad stap nie – die Goeie Herder stap saam met ons.
1. God sien die stryd in ons huise en harte
Jesus praat eerlik oor die werklikheid van die lewe. Daar ís ’n vyand wat probeer steel – soms baie stil en onopsigtelik. Hy steel vrede in huise, rus in verhoudings, en hoop in ouer harte wat moeg geword het.
Maar hierdie Skrif begin nie by die vyand nie – dit eindig by Jesus. God wil hê ons moet weet: Hy sien ons stryd, Hy verstaan ons trane, en Hy is naby.
2. Jesus bring oorvloed vir elke lewensfase
Vir gesinne bring Jesus nie ’n perfekte lewe nie, maar Sy teenwoordigheid in die alledaagse:
in besige huise
in moeilike gesprekke
in oomblikke waar geduld min raak
Vir ouer mense bring Jesus rus:
die wete dat jou lewe betekenis het
dat jou gebede kragtig is
dat jou storie nog tel
Die Here se oorvloed is dikwels nie lawaaierig nie – dit is vrede in die hart.
3. Staande bly deur vas te hou aan die Herder
Ons bly staande nie deur sterk te wees nie, maar deur vas te hou. Vas te hou aan God se beloftes.Vas te hou aan gebed, selfs wanneer die woorde min is.Gesinne bly staande wanneer hulle kies vir liefde bo woede, vir vergifnis bo seer.Ouer mense bly staande wanneer hulle hul dae in God se hande plaas en rus in Sy getrouheid. Die Goeie Herder laat nie Sy skape los nie – nie in die nag nie, en ook nie in die nuwe jaar nie.
As ons hierdie jaar begin, hoef ons nie alles te verstaan nie. Ons hoef net te weet aan Wie ons behoort. Jesus het gekom dat ons lewe kan hê, lewe in ons huise, lewe in ons harte, lewe in oorvloed en lewe tot die laaste dag.
Gebed: Here, dankie dat U die Goeie Herder is. U ken elke gesin, elke ouer hart en elke stille traan. Hou ons vas hierdie nuwe jaar. Gee vrede waar daar onsekerheid is en rus waar daar moegheid is. Ons vertrou ons lewens aan U toe, in Jesus Naam,Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Geestelike Familie/Ondersteuners. Ons wil bid en sê dankie vir die Here en vra dat Abba Vader elke persoon wat ons ondersteun, elke intersessor wat gebid het, en elke donasie wat gegee is, sal seën met 'n duisendvoudige seën. Hierdie gebare is kosbaar en waardevol vir ons, en ons bid dat Vader daardie liefde en toewyding wat aan ons gegee is, ryk beloon. Mag diegene wat in ons sending en werk belê, oorvloedig geseën word met vrede, liefde, voorspoed, en beskerming. Mag elke een wat in SY Naam gee, geseën word in alles wat hulle doen.
ERITREA. Baie Christene is vasgevang in Eritrea se bekende gevangenisstelsel. Sommiges word aangehou net omdat hulle hul geloof uitleef. Bid dat hulle sal aanhou hoop en uiteindelik vrygelaat sal word.Bid vandag vir die sewe pastore in Eritrea wat weens hul geloof gevange geneem is: Dr. Futsum Gabrenegus,ds. Gebremedhin Gebregiorgis, dr. Kuflu Gebremeskel, ds. Million Gebreselassie, ds. Halie Naziga, ds. Kidone Weldou en dr. Tekieab Menghisteab. Eritrea word deur ʼn brutale diktatorskap regeer. Bid dat president Afwerki se hart van verdrukking na ʼn liefde vir Jesus sal verander.
NIGERIË. Dit blyk dat die geweld in noordelike Nigerië nooit gaan ophou nie. Vra God om vrede in hierdie land te bring. Die afgelope jaar is duisende Nigeriese Christene uit hul huise ontwortel. Bid vir Christen weduwees soos Grace*. Sy moes toekyk hoe ekstremiste haar man aanrand en doodmaak omdat hy ʼn pastoor was. Bid vir genesing, vertroosting en krag. Bid dat hierdie weduwees aan Jesus sal vashou. Bid dat die Nigeriese regering alles moontlik sal doen om mense teen geweld te beskerm. Vra God om in beide die regeringsamptenare en mense wat die geweld veroorsaak, se harte te werk.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Bediening-Sentrum Hulp. Prys die Here vir Sy Goedheid en Guns, Vader is getrou. Op Kersdag 25 Desember is ‘n groot bedrag hiervoor inbetaal. Ons harte loop oor van dankbaarheid. Werk sal eersdaags begin as die regte kontrakteur aangestel is.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry and Ministry Team:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.
Acountholder: Sending/Mission
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Acountholder: Reverend, J.Lourens.
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments