top of page

5 Februarie 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Feb 3, 2024
  • 7 min read

Deo Volente Sending

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


5 Februarie 2024


Beste Vriende.


“’n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” {Psalm 121:1-2.}


Ons bevind ons op die drempel van 'n nuwe avontuur, 'n reis van Somerset Wes na Winburg. Mag ons harte nie vervul wees met vrees nie, maar eerder met geloof en vertroue in die Here, ons herder en beskermer.


In Filippense 4:19 beloof die Woord: "En my God sal na Sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus voorsien al julle behoeftes." Ons mag met vrymoedigheid naderkom en weet dat God ons nie sal verlaat nie. Sy voorsiening is ryklik en volmaak vir elke stap van ons reis.

Psalm 121 herinner ons daaraan dat ons hulp van die Here kom: "Ek slaan my oë op na die berge; van waar sal my hulp kom? My hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het." Laat ons nie vergeet dat ons hulpbron en krag in God gevind word, en Hy is getrou om ons te lei op hierdie pad van verandering.


Terwyl ons na Winburg beweeg, laat ons nie net fisiese afstand van ons ondersteuners ervaar nie, maar ook 'n groeiende behoefte aan geestelike ondersteuning. Mag die gemeenskap rondom ons saamstaan en mag God nuwe mense beweeg om deel te wees van ons reis. In Filippense 1:3 lees ons: "Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink." Mag mense ons nie vergeet nie, maar eerder deel wees van ons reis deur gebed, liefde en ondersteuning.


GEBED: Here God, ons dank U vir U beloftes van voorsiening en leiding. U ken ons reis van Somerset Wes na Winburg, en ons vertrou op U genade en wysheid. Ons vra vir nuwe ondersteuners, en dat U harte sal roer om deel te wees van ons pad. Mag ons nie vergeet word nie, maar eerder ervaar dat U in alles voorsien. Amen.

 

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  2. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  3. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  4.  Verhuising. Einde Maart 2024 verhuis ons vanaf Somerset Wes na Winburg. Bid asseblief saam vir die totale verhuising aangesien om te verhuis traumaties kan wees. Ons het in 2012 laas verhuis na ‘n ander huis en bly al die afgelope 12 jaar in dieselfde huis hier op Somerset Wes.

  5. Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.

  6. Water op Winburg. Die dorp het uitdagings met water voorsiening vanaf die munisipaliteit maar God het vir ons ‘n huis met ‘n boorgat voorsien. Bid asseblief vir die voorsiening van ‘n 5000liter water tenk, tenk staander en toerusting van die boorgat.

  7. Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.

  8. Afganistan. Vra God om die harte van die Taliban-leiers en ander ekstremiste wat Christene sal onderdruk, aan te raak. Bid dat God Jesus se waarheid sal openbaar aan elke persoon wat Hom teëgaan.

  9. Algerië. Bid vir Christene wat daarvan beskuldig word dat hulle “ʼn Moslem se geloof geskud het”, wat onwettig in Algerië is. Bid dat dié gelowiges nie onregverdig geteiken sal word nie en dat onbillike wette soos dié geskrap sal word.

  10.  Bangladesj. Bid vir genesing van Bangladesj se Christene wat aangeval of fisies mishandel is weens hul geloof. Vra God om hul fisiese en emosionele wonde te verbind.

  11.  Bhoetan. Vra God dat Christelike gemeenskappe mekaar hier sonder inmenging kan ontmoet. Dank God vir Bhoetanese gelowiges se vermoë om bymekaar te kom. Vra Hom om Sy mense te help om ten spyte van uitdagings samesyn te vind.

  12. Burkina Faso. Terwyl die geweld steeds op ʼn groot skaal in Burkina Faso toeneem, bid vir almal wat deur ontvoerings, seksuele geweld en die dood geraak word. Vra God om hul harte en siele te genees en dié wat treur, te vertroos

  13. Kameroen. Bid dat die geweld sal eindig, veral in die Verre Noord-streek. Vra God om vrede te bewerkstellig wat net Hy kan skep.

  14. Sentraal-Afrikaanse Republiek. Vra God om Sy mense te bewaar, wat geweld in die gesig staar omdat hulle Hom volg, veral in gebiede waar ekstremiste hulle teiken. Bid vir dié gelowiges se beskerming.

  15. China. Terwyl China vanjaar voortgaan om sy greep op godsdiensvryheid te verstewig, bid vir wysheid vir Christene oor hoe hulle onder veranderende omstandighede moet voortgaan om Godte eer en te aanbid.

  16.  Colombië. Colombië se vredesverdrag met onwettige gewapende groepe het nog nie ʼn werklikheid geword nie. Geweld is steeds aan die orde van die dag en pastore bevind hulle in die kruisvuur. Vra om kerkleiers te beskerm en hulle te help om Hom te dien, ten spyte van die gevaar.

  17. Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Christene in die ooste van die DRK word deur Islamitiese militante groepe soos die Geallieerde Demokratiese Magte, wat met die Islamitiese Staat-groep verbind word, geteiken. Bid dat God Sy mense teen gewelddadige aanvalle sal beskerm.

  18.  Kuba. Bid dat Kuba se leiers kerke sal toelaat om openlik en wettig bymekaar te kom. Bid vir Christene wat in huiskerke moet ontmoet.

  19. BID VIR DIE BOEDDHISTE WÊRELD: SHENYANG. Hoofstad van die Liaoning-provinsie, Noordoos-China, met 8 miljoen inwoners. Bid dat die Here die oë van Boeddhiste sal oopmaak, om van die duisternis na die Lig te draai sodat hulle vergifnis van sondes en 'n erfenis kan ontvang saam met diegene wat deur geloof in Jesus geheilig is. • Bid vir die Christene in Shenyang dat God se Woord hulle denkpatrone, gewoontes, woorde, dade,begeertes, ens. sal verander en Hy verheerlik sal word.

  20.  PHNOM PENH Hoofstad van Kambodja met 2,5 miljoen inwoners. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. (Handelinge 2:47b).• Bid dat die Kerk in Kambodja na Boeddhiste sal uitreik en vir die redding van alle lede van Boeddhistiese gesinne. • Bid vir die Christene se beskerming en voorsiening en bid dat hulle sal volhard te midde van lyding.

  21.  SHANGHAI. 'n Stad aan die sentrale kus van China met 29 868 000 inwoners. Bid dat die Heilige Gees 'n diep honger na die Woord van God en 'n dors na verlossing in die harte van Boeddhiste sal skep.Bid dat Christene hul Bybel as 'n instrument sal gebruik om alles te doen wat God hulle roep om te doen.

  22. JAPAN.122 921 095 inwoners in Japan. Boeddhisme is een van die twee grootste godsdienste in Japan. Bid dat meer Boeddhiste bereik sal word met die Woord van God via die Internet en bid dat diegene wat vrae op Christelike webruimtes vra, gehelp sal word op 'n manier wat hulle na Christus toe aantrek. • Bid dat Christene getrou sal wees om die Evangelie te deel waar hulle ook al gaan.

  23. HO CHI MINH-STAD. Meer as 9 miljoen inwoners woon in dié stad in Viëtnam, waarvan 60% Boeddhiste is. Bid dat bekeerde Boeddhistiese mans en vroue sterk kerk- en gebedsleiers in hul area sal word. Bid vir die geestelike groei van Christene in Ho Chi Minh-stad en die vermeerdering van huiskerke regdeur die stad.

  24. HONG KONG. Hong Kong is 'n beduidende finansiële sentrum en kommersiële hawe met 7 494 854 inwoners. Sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:15). Bid vir Boeddhiste wat mense wil ontmoet wat die Evangelie met hulle kan deel om deur plaaslike Christene ontdek te word.Bid dat Christene sal uitreik na gebroke gesinne en hulle met vriendskap en sorg sal ondersteun terwyl hulle die Evangelie aan hulle bedien.

  25.  INDIË.Indië het 1 435 981 393 inwoners en sowat 8,5 miljoen Boeddhiste woon daar. Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan... (1 Korintiërs 1:18).Vra die Vader om Jesus se offer deur die Heilige Gees aan Boeddhiste te openbaar.Bid dat Christene sal volhard te midde van vervolging, om sterk en moedig te bly in die Here hulle God.

  26. Maand Einde Januarie 2024. Bid asseblief saam vir voorsiening om ons maandelikse verpligtinge na te kom. Ons moes al die 1 Februarie huur betaal het, maar tot op datum was ons nog nie instaat daartoe nie weens onvoldoende fondse. Bid ook dat Vader ondersteuners sal opwek om die bediening te ondersteun.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


















Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page