top of page

5 Desember 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Dec 4, 2022
  • 5 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

5 Desember 2022.


Liewe Vriende


“So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.” (Matt 18:14).


Word soos kinders om in die koninkryk van die hemel te kom afhanklik en nederig. Meer nog, wen kinders vir die koninkryk van die hemel. Jesus het die gelykenis van die verlore skaap vertel om te illustreer hoe belangrik die redding van kinders vir Hom is. Die man het sy 99 skape laat staan om die een verlore skaap te gaan soek. En toe hy hom kry, was sy vreugde baie groot. Moet dus nie 'n kind te gering ag om moeite vir sy of haar redding te doen nie. Moenie so ingestem wees op die groot getal gereddes dat die lot van enkele verlorenes jou nie raak nie. Vir God is daardie enkeling geweldig belangrik. Veral as dit gaan oor 'n kind.


'n Bekende kinderevangelisasiegroep sê in hulle omsendbrief dat 86% van mense wat 'n keuse vir die Here as Verlosser maak, dit doen voor die ouderdom van 14. Doen ons genoeg om die evangelie van die koninkryk by die talle kinders in ons eie omgewing tuis te bring? Is ons met hart en siel besig om kinders vir die koninkryk van God te wen?


Gebed: Here, gee dat ek met groter ywer sal omsien na die belange van die talle kinders wat hier in my eie omgewing na u Woord honger. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/champion/project/change-a-nation-christmas-appeal

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  4. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Soedan. Prys God vir die vrylating van vier mishandelde Christene in Darfoer, wat van afvalligheid aangekla is. Bid dat die ervaring hulle vasberadenheid sal versterk om die Here te dien en hul getuienisse bemoedigend vir ander gelowiges sal wees.

  7. Afganistan. Hou aan om te bid vir vervolgde gelowiges in Afganistan, wat geweldige teenkanting ervaar. Bid dat hulle sal volhard in geloof en dat Sy engele rondom hulle ʼn laer sal opslaan terwyl hulle gevaar trotseer.

  8. Sentraal-Asië. Bid dat God gelowiges in Sentraal-Asië sal ophef en aan hulle middele sal gee om te groei namate hulle meer van Christus wil leer en hul kennis oor Hom wil verbreed.

  9. Mauritanië. Bid vir Christene wat maniere soek om die Bybel met nuwe gelowiges in Mauritanië te deel. Bid vir wysheid en beskerming vir hierdie gelowiges terwyl hulle die lewende Woord deel.

  10. Jeug wêreldwyd. Bid vir wysheid en leiding vir die jeug en jong gelowiges wêreldwyd terwyl hulle uitdagings langs die pad ervaar. Bid dat hulle Christus sal leer ken en dat dié wat Hom ken in geloof sal groei en nie daarvan sal afwyk soos hulle ouer word nie.

  11. Vroue wêreldwyd. Bid dat vroue wêreldwyd hul waarde in Christus sal ken en die krag sal vind om hul rol as vroue in God se koninkryk te vervul. Bid dat hulle geëer sal word vir alles wat hul hande aanraak en dat hulle dade lof sal bring. (Spreuke 31:31).

  12. Mans wêreldwyd. Bid dat mans God se leiding sal soek en vasbeslote sal wees om hul rol uit te voer soos dit deur God voorgeskryf word. Bid dat hulle in staat sal wees om hul gesinne te beskerm en aan hulle te voorsien.

  13. Geopende Deure-werkswinkels. Prys God vir die daarstelling van deurlopende werkswinkels om die personeel en vrywilligers van Geopende Deure Internasionaal se vaardighede te verbeter. Dank die Here vir nuwe metodes om die vervolgde Kerk doeltreffend te dien en eer aan God te bring.

  14. Internasionale Teenkorrupsiedag. Bid dat regerings wêreldwyd hul eed teen korrupsie sal onthou en sal doen wat in God se oë welbehaaglik is. Mag hulle hul verantwoordelikhede teenoor landsburgers met ywer en eerlikheid uitvoer.

  15. Oesbekistan. Bid vir die regering se heroorweging van die kriminele wetgewing wat die verspreiding van godsdienslektuur, aanbiddingsbyeenkomste sonder amptelike toestemming en gesprekke oor geloof straf.

  16. Vereniging van Christelike huwelike. Bid veral vir vervolgde gelowiges vir die vereniging van Christelike huwelike. Bid dat die Here die verbintenisse sal seën en dat God se liefde deur hul huwelike as ʼn getuienis van Sy genade sal skyn.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page