top of page

4 Mei 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 2
  • 8 min read
Deo Volente Mission
Deo Volente Mission

4 Mei 2026.


Liewe Vriende.


“In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.” Spreuke 15:6.


Ons leef in ’n tyd waar mense skat meet in rand en sent, in eiendom, in besittings en in bankstate. Maar die Woord van die Here draai ons waardes om. Hier leer die Here dat ware rykdom nie in inkomste lê nie, maar in die toestand van die huis en die karakter van die hart.


Die vers praat van twee huise. Nie noodwendig twee geboue nie — maar twee lewens, twee gesinne, twee maniere van leef.

Die huis van die regverdige het ’n groot skat

Wat is hierdie skat?

Dit is nie goud nie. Dit is nie kontant nie. Dit is nie besittings nie.

Die skat is:

  • Vrede in die huis

  • Respek tussen man en vrou

  • Gehoorsame kinders

  • ’n Skoon gewete

  • Die teenwoordigheid van die Here

  • ’n Hart wat rus vind in God


Hierdie skat kan nie gekoop word nie. Dit kan net geleef word.

’n Regverdige se huis mag klein wees. Sy inkomste mag min wees. Maar daar is iets wat geld nooit kan koop nie: God se seën wat rus gee.


Die inkomste van die goddelose bring verwarring

Let op: die Bybel sê nie die goddelose het niks nie. Inteendeel — hy het inkomste. Hy verdien. Hy bou op. Hy versamel.

Maar saam met dit kom:

  • Twis

  • Onrus

  • Vrees

  • Ontevredenheid

  • Gebroke verhoudings

  • ’n Huis sonder vrede


Want wanneer geld die plek van God inneem, verloor ’n mens die skat wat regtig tel.


Jy kan ’n groot salaris hê en ’n gebroke huis.Jy kan ’n vol bankrekening hê en ’n leë hart.


Waar lê ons skat?

Die vers dwing ons om onsself te vra:

  • Wat probeer ek opbou?

  • Werk ek net vir inkomste, of bou ek aan ’n huis waar God woon?

  • Is my prioriteit geld, of godsvrug?

Ware rykdom is wanneer ’n mens min het, maar die vrees van die Here besit. Want die vrees van die Here bring wysheid, orde, rus en seën.


Die geheim van die groot skat

Die geheim is nie meer werk nie.Die geheim is nie beter beplanning nie.Die geheim is nie groter inkomste nie.


Die geheim is regverdigheid voor God.

Wanneer ’n man of vrou reg leef voor die Here, word sy huis ’n plek van skat — al is daar min op die tafel. Mense jaag vandag inkomste na en verloor hulle huise. Die Here roep ons om eers regverdig te leef — dan word ons huis ’n skat.


Gebed: Here, leer ons om nie rykdom in geld te soek nie, maar in ’n lewe wat reg is voor U. Maak ons huise plekke van vrede, U teenwoordigheid en ware skat. Amen.

                                                                                                                                                                                        

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914

April 2026 Sending Nuusbrief


“Die Here is my krag en my lied, Hy het my tot hulp gekom.” – Psalm 118:14


Liewe Geestelike Familie,


April was ’n maand van afronding, herstel en nuwe deure. Waar Maart gefokus was op voltooiing, het April gefokus op aktivering—om die fasiliteit, die mense en die roeping ten volle in werking te stel.


Fasiliteit en Toerusting

Die opleidingsfasiliteit is nou in volle gebruik. Klasse, berading en byeenkomste vind plaas. Ons kort egter steeds basiese toerusting om die ruimte optimaal te benut as opleiding fasiliteit asook akkomodasie vir besoekers/reisigers:

  • Tafels en stoele vir opleiding

  • ‘n Dubbel Bed

  • ’n Kombuiskas vir die kombuisarea

Die uitstaande bourekening van R18 398 is nog nie vereffen nie, en ons vertrou die Here vir voorsiening om hierdie hoofstuk finaal af te sluit.


Bedieningsfokus

  • Esther gaan voort met die vrouebediening waar daar merkbare geestelike groei is.

  • Johan hanteer aanlyn- en plaaslike bediening, leierskapontwikkeling, berading, en gemeenskapsuitreike.

  • Simeon hervat die jeugaksies saam met Joshua, wat nou goed herstel na sy ernstige siekte in Maart. Ons is opreg dankbaar vir sy krag wat terugkeer.


Afrika Sending Oorsig

Die netwerk van opleiding en dissipelskap in Afrika brei steeds uit:

  • Malawi: Leiers toon volhoubare groei. Die behoefte aan verdere toerusting en mentorskap neem toe.

  • Mosambiek: Opleiding gaan voort te midde van praktiese uitdagings. ’n Waterpomp vir die sendingplaas en voertuig herstelwerk bly dringend.

  • Zimbabwe: Die werk stabiliseer en plaaslike leiers neem meer verantwoordelikheid.

  • Zambia: Jeug- en leiersopleiding neem sterk toe.

  • Kenya: Positiewe impak in leiersontwikkeling, maar bid asseblief vir persoonlike deurbrake vir die span.

  • Uganda: Bestendige groei in opleiding en plaaslike betrokkenheid.


Uitnodiging na Malawi en Zambia

Ons is amptelik genooi om leierskapskonferensies in beide lande aan te bied. Verblyf en etes word voorsien; ons moet egter self instaan vir die reiskoste.

Gebedsfokus vir hierdie reis:

  • 4 retoer kaartjies na Zambia

  • 4 retoer kaartjies na Malawi


Gebedspunte

  1. Vereffening van die R18 398 rekening

  2. Tafels, stoele en kombuiskas

  3. Afrika leiers en koördineerders

  4. Plaaslike uitreike en daaglikse opleiding

  5. Joshua se volgehoue herstel

  6. Waterpomp en voertuig herstel in Mosambiek

  7. Finansiële voorsiening vir die konferensiereise


Dankie dat julle saam met ons staan—deur gebed, aanmoediging en ondersteuning. Julle is ’n integrale deel van wat God besig is om te doen, plaaslik én in Afrika.


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  2. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.

  3. SIRIË. In Sirië bly vlae van geweld uitbreek, en dikwels beland Christene in die kruisvuur of word hulle selfs geteiken. Bid vir broodnodige vrede en stabiliteit en vir oplossings om die spanning te ontlont.Die nuwe president van Sirië, Ahmed al-Sharaa, het hervormings beloof wat groter inklusiwiteit en versoening sal bied. Bid vir hom vir beide wysheid en krag om hierdie belofte na te kom. Elias*, ʼn Siriese broer (op die voorbladfoto saam met sy familie), het sewe familielede verloor in verlede jaar se bomaanval op ʼn kerk in Damaskus. Hy deel: “Ons vra jou om te bid dat ons elke vyand, sigbaar of onsigbaar, en elke gedagte wat ons verhinder om God te verheerlik, sal kan weerstaan.” Daar is ʼn werklike vrees vir verhoogde Islamitiese radikalisering in dele van die Siriese samelewing. Bid dat die Here alle vrees sal verdryf en dat God potensiële ekstremiste eerder na Hom sal aantrek. Elias se vrou, Hanan*, vra: “Bid dat ons veilig sal voel, ons kinders kan sien grootword en gelukkig hier kan wees. Ons moet ʼn mooi lewe lei, nie ʼn lewe van vrees nie.” Christen-leiers wil nie slegs as ʼn godsdienstige minderheid beskerm word nie, maar hoop om gelyke deelnemers in hul land se toekoms te word. Vra God om hierdie hoop ʼn werklikheid te maak. Dosyne Christene in Sirië het onlangs klein ondernemings begin of uitgebrei met ʼn mikrolening van Geopende Deure se plaaslike vennote. Bid dat hul ondernemings sal floreer en hul gemeenskap sal laat groei.

  4. JEMEN. In die nasleep van ʼn staatsingryping teen Jemenitiese Christene is baie gelowiges aangehou, gearresteer en selfs tronk toe gestuur. Bid vir krag vir diegene wat ondervraging, gevangenisstraf of familiedruk weens hul geloof in die gesig staar. Bid saam met Zaid*, ʼn Christelike universiteitstudent in Jemen. Hy het ʼn plaaslike kerk begin en het ʼn visie om 40 000 huiskerke landwyd te plant. “Bid vir wysheid en beskerming terwyl ek my daartoe verbind om soos Paulus te leef,” sê hy. Bid vir Christen-moeders in Jemen en regoor die wêreld wat groot risiko’s neem om hul kinders groot te maak om Jesus te ken en Hom te volg. Bid dat hulle guns by hul families en gemeenskappe sal vind.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteun.

  6. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Ons akkomodasie en kos word voorsien, ons is net verantwoordelik vir ons eie vliegtuig kaartjie. Bid asseblief saam vir Vader se voorsiening hiervoor.

  7. KEER DIE TAFELS OM. Here Jesus, U het die tafels omgekeer en U huis herstel as ’n huis van gebed. Kom keer ook vandag die tafels om in ons harte, ons gemeentes en ons dorpe. Verwyder alles wat U teenwoordigheid verdring en wek in ons ’n diep verlange na ’n leefstyl van volgehoue gebed en aanbidding. Lei kerkleiers en gelowiges om saam te staan in eenheid, om wagters op die mure te wees, om gebedsnetwerke te bou, gebedskamers te vestig en biddend deur ons strate te stap sodat U Koninkryk sigbaar kan deurbreek in elke gemeenskap. Heilige Gees, mobiliseer ons as gebedssendelinge wat intree vir nasies, stede en onbereikte mensegroepe. Gee ons geestelike insig om vestings te herken en met geloof U Woord daaroor te verklaar. Laat kinders, gesinne en gemeentes U stem hoor en U liefde uitleef. Mag U huis werklik ’n huis van gebed vir alle nasies wees, en mag U heerlikheid deur ons gebede die wêreld aanraak. Amen.

  8. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.groei.

* Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

 





Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry



De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry and Ministry Team:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260. {Local}


Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page