4 Maart 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Mar 2, 2024
- 6 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
4 Maart 2024
Beste Vriende.
“Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” {Filipense 3:14}
Met die woorde van die apostel Paulus word ons herinner aan die belangrikheid van afsluiting en die loslating van die verlede. Dit is 'n roeping om nie aan die verbygaande vas te klou nie, maar om ons te rig op wat voor ons lê. Vandag wil ek saam met julle nadenk oor die belangrikheid van afsluiting en die verwelkoming van ‘n nuwe begin in ons lewens.
Afsluiting is nie 'n maklike taak nie. Dit vereis moed om los te laat wat vir ons bekend is, wat vir ons vertroud is, selfs as dit ons nie meer dien nie. Dit kan gaan oor verhouding, vriende, oor gewoontes wat ons beperk, of oor pynlike herinneringe wat ons bly agtervolg. Maar net soos 'n boom sy ou blare loslaat om ruimte te maak vir nuwe groei, so word ons ook geroep om dit los te laat wat ons terug hou, wat ons beperk om te blom.
Die loslating van die verlede stel ons in staat om te vergewe en om vergifnis te ontvang. Dit gee ons die geleentheid om te groei, te verander, en te word wie ons bedoel is om te wees. Dit is 'n daad van bevryding, van verlossing, en van hoop.
Maar afsluiting beteken nie om te vergeet nie. Dit beteken nie dat ons ons geskiedenis uitwis of ons ervarings ignoreer nie. Dit beteken eerder dat ons ons lasse nie meer dra nie, dat ons hulle nie meer toelaat om te bepaal wie ons is of wie ons sal wees nie. Dit beteken dat ons hulle oorgee aan die genade van God, wetende dat Hy ons nuwe lewe skenk.
Laat ons dus met vertroue en geloof na voor kyk. Laat ons rig op die geleenthede wat voor ons lê, op die moontlikhede om te dien, en te groei. Laat ons ons oopstel vir die vernuwing wat die Gees van God in ons wil bewerk, wetende dat Hy ons lei na 'n toekoms vol vreugde en volheid.
GEBED: Onse Vader ons dank U vir U liefde wat ons omring, vir U genade wat ons dra, en vir U krag wat ons vernuwe. Ons bid vir die moed om los te laat wat ons aan die verlede bind, om ons oor te gee aan U leiding en om oop te wees vir U vernuwing. Mag U Gees ons lei op die pad van afsluiting en vernuwing, sodat ons vry kan wees om te word wie U ons roep om te wees.In die Naam van Jesus bid ons, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
““The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Finansies. Bid asseblief saam vir finansies vir ons, ons het groot uitgawes hierdie maand met die verhuising na die Vrystaat. Dit is al die nuwe maand en ons ervaar ‘n geweldige uitdaging met ‘n tekort van 90% op die begroting. Bid asseblief vir ‘n bonatuurlike wonderwerk.
Noord-Korea. Noord-Korea is in die laaste weke van die winter, wat die moeilikste tyd van die jaar is. Geen verwarmers, min kos. Bid vir versteekte manna vir die ondergrondse Kerk. Tans sukkel die meeste Noord-Koreane met voedselonsekerheid. In Noord-Korea is wetgewing nie vir die mense bestem nie, maar slegs vir die regerende Kim-familie. Bid vir geregtigheid en voorsiening vir Noord-Koreane, veral die beraamde 400 000 geheime Christene. Sun-Ae*, ʼn vrou in ʼn Geopende Deure-skuilhuis, in ʼn naburige land, vra vir gebed vir haar susters in Noord-Korea. Sy het die afgelope maande niks van hulle gehoor nie. Bid vir vrede vir Sun-Ae en beskerming vir haarsusters. Geopende Deure verskaf deur hulle netwerk in China noodsaaklike lewensmiddels soos kos, medisyne, klere,skuilhuise en Bybelstudies aan vervolgde gelowiges in Noord-Korea. Bid vir beskerming oor dié netwerk. Bid vir moeders en vaders in in Noord-Korea wat bekommerd is oor hoe hulle hul kinders sal kan voed. Die regering het belastings ingestel wat die voedselkoste self nog meer laat verhoog het. Bid vir Geopende Deure se veldwerkers buite Noord-Korea, wat bedag moet wees op enige tekens van probleme. Hulle vra dat julle sal te bid vir geleenthede en “beskerming teen misleidende geeste”.Noord-Koreaanse gelowiges vertel ons dat hulle deur God se genade leef. Bid dat hulle nie hoop in Jesus sal verloor nie. Een Christen het onlangs gedeel: “Ons hardloop met krag na die pragtige toekoms wat ons God ons belowe het.
Sentraal-Asië. Ahmad* het in ʼn Moslem-gesin in Sentraal-Asië grootgeword en twee jaar gelede sy lewe vir Christus gegee. Prys God vir mense wat die Evangelie deel en Ahmad se waagmoed om Jesus te vertrou!Bid vir Ahmad, se beskerming. Hy word brutaal deur sy bure aangerand omdat hy die Evangelie deel.Ten spyte van voortdurende dreigemente, gaan hy voort om Jesus se boodskap te deel. Ahmad bid spesifiek vir sy familie en vriende om die Jesus te leer ken wat hy ontmoet het en vertrou. Ahmad vra: “Bid dat God deur my sal werk om die harte van my familielede, vriende en bure aan te raak.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Verhuising. Middel Maart 2024 verhuis ons vanaf Somerset Wes na Winburg. Bid asseblief saam vir die totale verhuising aangesien om te verhuis traumaties kan wees. Ons het in 2012 laas verhuis na ‘n ander huis en bly al die afgelope 12 jaar in dieselfde huis hier op Somerset Wes.
Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.
Water op Winburg. Die dorp het uitdagings met water voorsiening vanaf die munisipaliteit maar God het vir ons ‘n huis met ‘n boorgat voorsien. Bid asseblief vir die voorsiening van ‘n 5000liter water tenk, tenk staander en toerusting van die boorgat.
Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments