4 Julie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jul 3, 2022
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
4 Julie 2022.
Liewe Vriende.
“Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie” {Rom 12:13-14}.
Ons staan in 'n ryk verskeidenheid verhoudings. Daar is mense wat baie na aan ons is, soos ons eie gesin, familie en vriende. Dan is daar ons huisgenote in die geloof, ons medegelowiges. Maar hier eindig die lyn nie - ons staan ook in verhoudings met mense wat ons vervolg, wat ons lewe bedreig. Vanaf die minder bekende (selfs onbekende) medegelowiges tot by die gedugte vervolgers raak jy al minder lus vir 'n liefdevolle aanslag.
Wat stel Paulus voor? Hy roep ons op tot hulpverlening en gasvryheid teenoor medegelowiges. Reik met dade uit na mense in nood. Maak jou beursie en jou hart en jou arms vir hulle oop. Meer nog, maak jou deur oop. Ons het in ons selfgesentreerde samelewing die gawe van gasvryheid begin afskeep. Ons gee liewers 'n donasie voordat ons aan iemand die warmte van 'n tuiste aanbied. Moet ons ons nie weer daarop begin toelê nie?
En, die vervolgers: Ook teenoor hulle het ons 'n positiewe verantwoordelikheid. Seën hulle. Ja, jy hoor reg. Moet hulle nie slegsê nie, maar wens hulle 'n genadige ingryping van God in hulle lewe toe.
Toetsvraag: Is jy gasvry?
Bid jy vir jou vervolgers?
Gebed: Here, ek wil my hart en my huis vir medegelowiges in nood oopmaak en vir my vyande bid. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Maand-Einde. Bid asseblief vir voorsiening om al ons sending en persoonlike maand einde verpligtinge na te kom. Tans ervaar ons ‘n geweldige tekort op die begroting.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige geestelike aanvalle op ons persoonlik,en het u GEBED baie nodig.
Leierskap: Geopende Deure Suider-Afrika. Die leierskap van Geopende Deure begin vandeesmaand met die beplanning en begroting vir volgende jaar. Bid vir wysheid en leiding namate hulle ons deur die res van die jaar lei en vir hul planne om die vervolgde Kerk in die komende jaar te dien
Geopende Deure Suider-Afrika. Hou asseblief aan die bediening van Geopende Deure in jou gebede op te dra, waar ons ons geloofsfamilie dien. Bid vir ons personeel vir krag en vir die Here om in ons behoeftes te voorsien, terwyl ons streef om aan die behoeftes van ons vervolgde familie te voldoen.
Sirië. Die Kerk van Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond brei vinnig uit. Meer as 100 Christene is gedurende 2021 in die geheim gedoop. Bid vir hul beskerming en dat die Kerk geseënd, vrugbaar en veilig sal wees.
Irak. Talle Irakese woon in buurlande. Dikwels wil hulle net vergeet wat met hulle gebeur het. Bid vir die genesing en herstel van trauma en hartseer ervarings. Bid dat hulle ware vrede in Jesus Christus sal vind.
Libanon. Prys God vir die genade in Libanon, soos gebare waar Libanese burgers skole oprig vir Siriese vlugtelingkinders, afgesien van dié lande se geskiedenis. Bid dat die twee gemeenskappe liefde –geïnspireer deur Jesus – in die plek van haat sal versprei.
Palestynse Gebied. Bid vir ons broers en susters wat hulself met volharding toewy om te help en ondersteun, en vir ander in te tree. Hulle het daaglikse bemoediging van die Heilige Gees nodig, asook God se genade en beskerming om aan te hou werk in ʼn omgewing van ongeregtigheid, armoede en onstabiliteit.
Marokko. Fatima*, ʼn gelowige, is deur haar pa uit die universiteit verwyder omdat hy haar bewegings wil dophou en wil verhoed dat sy met ander gelowiges meng. Bid vir wysheid vir Fatima in hierdie tyd en vir die Heilige Gees om haar bron van krag en bemoediging te wees.
Egipte. Die pandemie, met die bykomende druk op ouers, het ʼn toename in egskeidings veroorsaak. Ons glo egter in God se genade en wysheid. Hy sal dinge laat uitwerk. Bid vir genesing en versoening onder families wat in die laaste jaar uitmekaar is.
Nepal. Lugbesoedeling in die Kathmandu-vallei het vererger. Bid dat God die mense, veral kinders, sal beskerm teen siektes wat in die lug oorgedra word.
Ons vennote in Suidelike Afrika. Loof die Here vir elkeen van julle wat ons vervolgde geloofsfamilie met gebede en ondersteuning bystaan. Bid saam met ons dat die Here sal aanhou om julle in hierdie jaar te beskerm en in te tree vir julle, ons vennote. Mag Hy julle lei in wat ook al julle in die gesig staar.
*Name verander weens sekuriteits doeleindes.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments