4 Desember 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Dec 2, 2023
- 7 min read

Gebednet
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
4 Desember 2023.
Beste Vriende.
“Verder het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron. En met julle saam moet daar van elke stam 'n man wees, 'n man wat hoof is van sy families.” Numeri 1:1-4
Numeri is ’n reisbeskrywing van Israel se lang reis na die Beloofde Land toe. In die eerste tien hoofstukke word vertel hoe die Israeliete hulle vir hierdie reis moet voorberei. Hoofstuk 11-20 vertel van hulle opstand teen God en hoe die verhouding met Hom telkens weer herstel is. Hierna beskryf hoofstuk 21-25 hoe die Israeliete wat uit Egipte vertrek het, in die woestyn sterf. Numeri se laaste hoofstukke (hfst 26-36) vertel van die nuwe geslag wat tot op die voorstoep van die Beloofde Land vorder.
Sowat veertien maande ná die uittog uit Egipte deel God Moses in die tent van samekoms mee dat hy ’n sensusopname moet maak van al twaalf stamme se mans wat geskik is vir oorlogvoering. Ongelooflik om te dink dat God nog nie op hierdie tydstip sy hardkoppige volk afgeskryf het nie. Ja, die Israeliete was maar ’n moeilike spulletjie, maar gelukkig is God se genade altyd groter as ons opstandigheid.
Tot vandag toe is God bereid om ’n tweede myl met ons te stap. Hy is bereid om altyd weer voor te begin. Hy skryf ons nooit af nie. Nee, keer op keer hoor ons maar weer sy stem! Week na week praat Hy met ons deur die Woord, of deur een van sy knegte. Luister wanneer God aan die woord is!
GEBED: Vader, dankie dat U steeds met ons praat, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Vervolgde Christene en kinders. Terwyl ons die feesseisoen binnegaan, dink aan ons vervolgde familie wat gedurende dié tyd verhoogde vervolging ervaar. Bid dat God hulle sal beskerm. Bid vir Geopende Deure se huidige veldtog vir kinders in die vervolgde Kerk. Bid dat ons die teiken van R570 000 teen Kersfees sal bereik om die kwesbaarste gelowiges, die kindertjies, in die wêreld te ondersteun.
Nigerië. Bid vir wysheid vir die Kerk om jongmense in Nigerië te help groei in hul geloof te midde van die bedreiging van geweld teen hulle.
Egipte. Talle jong Christene in Egipte ly onder vervolging en diskriminasie weens hul geloof. Bid vir hul beskerming en dat hulle standvastig in hul geloof sal bly.
Irak. Biskop Mar Chimon Daniel beskryf die dringende situasie van die volgende geslag Irakse burgers só: “Ons bestaan word bedreig. Talle jongmense dink slegs daaraan om Irak te verlaat.” Bid vir geleenthede en hoop vir die Christen-jeug in Irak.
Sri Lanka. ʼn Ekstremistiese Hindoe-groep bekend as Hindu Siva Sena ontwrig gereeld Christelike byeenkomste en dwing dit om gestaak te word. Bid dat hulle van dié aksies sal bekeer.
Sirië. ʼn Paar maande gelede het 72 jong gelowiges bediening-leierskapsopleiding bygewoon. Bid dat dié opleiding hul harte sal verander en dat hulle gementor sal word om leierskaprolle te vertolk. Geopende deure se plaaslike vennote kon 5 038 gesinne in Sirië ondersteun wat in Februarie deur die aardbewing geraak is, danksy die ondersteuning van Christene regoor die wêreld. Prys God vir hul vrygewigheid en die impak daarvan.
Jemen. Bid vir stabiliteit in Jemen, asook voorsiening en toegang tot gedeelde noodleniging vir diegene wat in armoede leef. Bid dat God vrede en versoening na dié streek sal bring.
Indonesië. Bid dat God die wetgewers in Indonesië sal lei om ʼn beleid te skep wat mense van alle gelowe toelaat om dieselfde vryhede te geniet.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
GEBED VIR HERLEWING-4 – 10 Desember 2023-Familiebande. Ons gaan voort met ons 14-dae gebedsfokus op gesinne. Kom ons bid hierdie week vir gebroke gesinne om in gebed oor hul gesinseenheid te waak en om God te vra om in te gryp in die uitdagende omstandighede wat hulle daagliks in die gesig staar. GESINSKONFLIK. Gesinne wat geneig is om konflik te vermy, sal optree asof niks gebeur het nie. Gesinne met 'n samewerkende benadering om konflik op te los, sal kwessies uitpraat. Gesinne wat konflik aggressief hanteer is geneig om mekaar verbaal of fisies aan te val. Elkeen van ons sal 'n konfliksituasie in ons gesinne ervaar en ons reaksie sal bydra tot hoe effektief die situasie opgelos sal word. GESINNE WAT TRAUMA HANTEER. Trauma is 'n emosionele reaksie op 'n verskriklike gebeurtenis soos oorlog, 'n natuurramp of die skielike siekte of dood van 'n geliefde. In die meeste gevalle sal trauma wat nie effektief en gesond herken, verwerk en genees nie, op een of ander manier probleme in 'n persoon se lewe veroorsaak. Gesinne moet mekaar ondersteun terwyl hulle trauma ervaar. Konflik in die gesin kan maklik ontstaan as gevolg van onkunde of onaangespreekte pyn. GESINNE WAT BASIESE BEHOEFTES BENODIG. Geld is 'n algemene oorsaak van stres vir beide individue en gesinne. Om kos, klere, skuiling en gesondheidsorg vir elke gesinslid te probeer voorsien, kan uitdagend en 'n bron van stres en konflik wees. Gesinsverhoudings kan verder ingewikkeld wees wanneer sommige familielede te veel aan onnodige items bestee, of wanneer kommer oor finansies veroorsaak dat hulle emosionele uitbarstings het of op onproduktiewe maniere optree. GESINNE WAT MET GESONDHEIDS KWESSIES SAAMLEEF. Mense wat met chroniese siektes leef, het soveel meer as 'n fisiese stryd. Dit kan hul verstand en gees verswak, wat hulle kwesbaar maak vir negatiewe denkpatrone. Wanneer hulle besef dat hulle nie al die dinge kan doen wat hulle vroeër kon gdoen nie, kan hulle geneig wees om te treur oor die verlies. Daardie gedagtes is genoeg om depressie of selfs hopeloosheid te veroorsaak. Al hierdie emosies kan baie spanning veroorsaak in die interpersoonlike verhoudings en effektiewe funksionering van 'n gesin. GESINNE WAT MANIPULASIE ERVAAR. Manipulasie is 'n poging om iemand anders te beheer. Kortom, iemand wil hê jy moet iets prysgee – tyd, 'n persoonlike besitting, onafhanklikheid, mag of enigiets anders - tot hul voordeel. Om manipulasie binne gesinne te herken, kan veral moeilik wees wanneer die persoon 'n ouer, 'n ouer broer of suster, of 'n familielid met 'n mate van gesag is. GESINNE MET 'N OPSTANDIGE KIND. Vanaf die grootmaak van kleuters tot tieners kan ouerskap uitdagend wees, en opstandige kinders kan jou geduld toets. Ouers kan dalk nie hul kinders se optrede beheer nie, maar hulle kan beheer hoe om kinders die gevolge van hul optrede te leer. Ouers moet 'n positiewe voorbeeld stel van hoe hulle op hul emosies reageer, want dikwels weerspieël ons kinders se gedrag ons onvanpaste houdings en gedrag. GESINNE WAT VERLIES HANTEER. Rou is 'n moeilike proses om deur te werk, en nie almal in 'n gesin sal op dieselfde tydlyn of op dieselfde manier daardeur beweeg nie. Hartseer is 'n komplekse ervaring wat 'n menigte moeilike emosies na vore bring wat 'n rukkie kan neem om te bedaar. Die hantering van die logistiek van 'n persoon wat oorlede is, veral 'n ouer, primêre versorger of broodwinner, kan ook uiters stresvol wees vir diegene wat agterbly. Gesinne wat met verlies te doen het benodig ondersteuning en deernis van mekaar, sowel as hanteringsvaardighede om hulle te help om deur die proses te beweeg.
Sending-Voertuig. Bid asseblief saam vir ons voertuig sitiuasie. Ons 26 jarige sending voertuig is uitgedien en staan al meer as twee weke en moes ons alle reise en uitreike wat met die voertuig gedoen moes word kanseleer. Instandhoudings en loopkoste raak te veel en is daar nie tans enige fondse beskikbaar om te herstel nie. Bid dat Vader sal voorsien vir fondse om te herstel of vir voorsiening van ‘n ANDER voertuig en dat Sy wil sal geskied.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
Spesiale Fondsinsameling. https://www.backabuddy.co.za/change-a-nation-christmas-appeal
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts: Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments