4 Augustus 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Aug 1
- 8 min read

4 Augustus 2025
Liewe Vriende.
“Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke. Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie. {Prediker 9:7-8}
In ‘n wêreld waar ons dikwels moeg en moedeloos raak, gee hierdie woorde uit Prediker vir ons 'n vars asem van hoop en bemoediging. God roep ons nie tot ‘n somber, swaarmoedige bestaan nie – maar tot ‘n lewe van betekenis, vreugde en vrede in Hom.
Die skrywer van Prediker sê nie: “Wag totdat alles perfek is voordat jy met blydskap leef” nie. Nee, hy sê: “Gaan dan heen.” Dit is ‘n oproep tot beweging, tot aksie, tot ‘n lewe vol bewuste vreugde. Eet jou brood met blydskap, drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het reeds behae in wat jy doen. Wat ‘n kosbare wete! Wanneer jy jou hande gebruik tot Sy eer – of jy kinders grootmaak, ander help, eerlik werk, bid of dien – dan sien God dit, en Hy is bly daaroor.
Hierdie woorde herinner ons ook daaraan dat ons elke dag as ‘n geskenk moet ontvang. Selfs die klein dinge – ‘n eenvoudige ete, ‘n gesprek, ‘n kans om te werk – is genade uit God se hand. Leef voluit. Moenie wag vir 'n spesiale geleentheid nie. Vandag is daardie dag.
Verder lees ons: “Laat jou klere altyd wit wees…” Dit is ‘n oproep tot reinheid. As kinders van God is ons geroep om heilig te leef – afgesonder vir Hom. Nie omdat ons self volmaak is nie, maar omdat Hy ons skoon was deur die bloed van Jesus Christus. Wit klere beteken ook om elke dag met integriteit en opregtheid te leef. Mag die wêreld in jou lewe sien dat jy aan God behoort.
Dan die woorde: “Laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.” Die olie is 'n simbool van die Heilige Gees – Sy salwing, teenwoordigheid en krag. Sonder die olie raak ons droog, leeg en moedeloos. Maar met die olie, met die Heilige Gees, het ons vreugde, leiding en krag om aan te hou dien – selfs wanneer dit moeilik is.
Liewe vriend, jy mag dalk vandag moeg voel. Jy mag dalk wonder of jou arbeid en jou gebede ooit raakgesien word. Maar hoor weer hierdie belofte: God het reeds behae in jou werke. Hy is nie ver nie. Hy is nie stil nie. Hy is by jou – en Hy roep jou om te leef, te eet, te drink, te dien, te bid, en te wees – met vreugde in jou hart en olie op jou hoof.
Mag hierdie woorde jou dra in die dae wat kom. Moenie net oorleef nie – leef tot eer van God.
Gebed: Hemelse Vader, Dankie dat U ons roep om met vreugde te leef. Dankie dat U reeds behae het in ons werk as ons U eer. Help ons om elke dag rein te wandel, en om nooit sonder die olie van U Gees te wees nie. Vul ons harte met U teenwoordigheid, en gee ons krag om aan te hou dien met blydskap, In Jesus se Naam,Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
🌍 Julie Nuusbrief –| Goeie Nuus, Groot Gebede & Goddelike Vooruitsigte!
🙏 SAAM HET ONS GROEI GELEEF – JULIE WAS 'N MAAND VAN GUNS EN GELEENTHEID!In Suid-Afrika het Johan 'n huwelik bevestig, leierskap bedien en Bybels versprei saam met die Gideons. Esther het met ywer vroue bereik deur byeenkomste en haar weeklikse Hekel-klub. Jeugbediening is volstoom aan die gang, terwyl Simeon hom verder bekwaam in rekenaarvaardighede wat die bediening sal versterk. ‘n Spesiale hoogtepunt: ‘n karavaan is aan ons geskenk! Hierdie mobiele eenheid sal ons sendingreise en gebedsbediening transformeer – 'n tasbare bewys van God se perfekte tydsberekening en voorsiening. 🙌
🔥 AFRIKA BRAND MET MOONTLIKHEDE – DIE OES IS GEREED!Johan is voltyds besig as koördineerder van die groeiende sendingnetwerk in Afrika. Reuse deurbrake het plaasgevind:
• Uganda: Voltydse koördineerder aangestel!
• Zimbabwe: Gemeente bou op ashoop wat geskenk is deur munisipaliteit vir die bediening en wat hulle self skoongemaak en opgeruim het!
• Mosambiek, Malawi, Zambië en Kenia sien God se hand in leierskapopleiding, projekte en jongmense wat tot aksie oorgaan!👉 Ons benodig julle gebede vir genesing, volgehoue finansiële ondersteuning en krag vir die pad vorentoe.
👉 Ons het uitnodigings ontvang vir Zambia, Zimbabwe en Kenia.
💡 Saam maak ons ‘n ewige verskil – dankie dat jy deel is van hierdie lewensveranderende reis!
“Gee aan die Here die eer van sy Naam…” – Psalm 96:8
Met liefde en opregte dank,
Johan, Esther, Simeon & Joshua Lourens
📍 Lourens Sendelinge – “Oor elke grens, vir elke siel.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
KAMEROEN.Prys God vandag vir ʼn vrouebediening wat meer as 500 vroue beïnvloed het. Die bediening het ontstaan uit opleiding in vervolgingsvoorbereiding wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote georganiseer is. Die vrouebediening is die resultaat van sewe vroue wat die opleiding bygewoon het en gewerk het om hul kerk te laat verstaan hoe noodsaaklik dit is om vir vervolging voor te berei. Bid vir seëninge oor hierdie vroue. Bid saam met Auristine,wat die vrouebediening lei.Die bediening het groepe in twaalf gemeenskappe gevestig. “Ek kan sien hoe die vroue vervuld en gereed is om vervolging in die gesig te staar,” sê sy.
EGIPTE. Bid saam met Mariam, ʼn 18-jarige meisie wat in ʼn arm huis in ʼn krotbuurt woon waar Christene ernstige vervolging in die gesig staar. Mariam het as kind met haar selfbeeld gesukkel. Mariam het begin uitgaan met ʼn Moslem-man wat aan haar die aandag gegee het waarna sy gesmag het. Hy het haar mettertyd gemanipuleer en probeer beïnvloed om Islam aan te neem en met hom te trou. Bid vir haar genesing en herstel. Mariam het geen idee gehad dat sy die slagoffer geword het van ʼn taktiek van Islamitiese groepe om jong,kwesbare Christen-meisies te lok nie. Vra God om Mariam teen toekomstige gevare en druk te beskerm. Bid vir vrede en vertroosting vir alle kwesbare Christen-vroue regoor die wêreld. Here, ons vra U om ons susters se toevlug en bron van hoop te wees.
NEPAL.Bid vandag vurig saam met Tara*. Haar man, Ramesh*, het gedreig om van haar te skei as sy nie haar geloof verloën en ophou om kerk toe te gaan nie. Ramesh het probeer om Tara se Bybel te verbrand en het dit nou vir haar weggesteek. Hy het gedreig om haar uit die huis te gooi. Bid dat God vir Tara krag sal gee. Ramesh het Tara verbied om kerk toe te gaan en met ander Christene te assosieer. Bid vir bemoediging en vertroosting in Tara se emosionele en geestelike nood. Bid dat Tara God se teenwoordigheid intiem sal ervaar in hierdie tyd van eensaamheid en bemoediging sal vind om geestelik te groei.
Die sportgemeenskap. Hierdie gebedsfokus herinner ons daaraan dat atlete nie net op die sportveld 'n invloed het nie, maar ook as getuies van Christus. Sosiale media bied 'n kragtige platform vir Christensportsterre om hul geloof te deel en ander aan te moedig. Die week se temas sluit in: krag in Christus (Fil. 4:13), danksegging (Ps. 34:2), God se doel vir elke lewe (Jer. 29:11), oorwinning in Christus (Heb. 13:5), toewyding van jongs af (Spr. 22:6), geloof en familie (Jos. 24:15), en identiteit in Christus (Joh. 9:3). Sportsterre soos Sydney McLaughlin, Coco Gauff, Bethany Hamilton en ander getuig hoe God hul lewens gevorm het. Ons word aangemoedig om vir jong en gevestigde atlete te bid, dat hulle hul geloof vreesloos sal uitleef, hul platforms tot eer van God gebruik en ander sal inspireer. Elkeen se storie wys hoe God gewone mense met buitengewone uitdagings en talente gebruik om Sy doel te bereik. Deur volgehoue gebed kan ons hulle ondersteun om ligdraers in die sportwêreld te wees. Gebedspunte:
Bid vir jong atlete om hul talente tot eer van Christus te gebruik.
Dank God vir sportsterre wat hul geloof in seisoene van sukses én verlies uitleef.
Vra vir mentors en afrigters wat geestelike en emosionele ondersteuning kan bied.
Bid vir krag, herstel en hoop vir sportlui wat trauma of verlies ervaar het.
Bid vir beskerming en geestelike groei van sportsterre wat jonk aan Christus verbind is.
Bid dat sportgesinne saam God sal dien en Hom in alles eerste sal stel.
Bid dat individue met gestremdhede hul identiteit in Christus sal vind en Sy heerlikheid sal uitleef.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments