top of page

4 April 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Apr 1, 2022
  • 8 min read


Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


4 April 2022.

Liewe Vriende.


“En Dawid het die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. En hy het gesê: Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos. Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos. Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom. Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.” {2 Samuel 22:1-7}


As jou lewe in gevaar is, het jy 'n skuilplek nodig waar jy veilig kan wees. Dawid het dit maar te goed geweet. Hy moes immers baie kere in sy lewe vlug vir mense soos Saul en sy seun Absalom. In hierdie proses het Dawid elke keer by die regte Persoon ’n veilige hawe gevind, naamlik by God self. In sy nood het hy tot God geroep en God het hom gehelp. Daarom kon Dawid vol vertroue sê: “Met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie” (22:29).


Die Here is die enigste veilige plek om te gaan wegkruip in die dag van onheil. Hy is die enigste redder wanneer gevaar dreig. Al bewe jou knieë, weet dan dat die Rots op wie jy bou nooit wankel of bewe nie. Staan vas. Staan sterk. Skuil net by God. Hy is jou bewaarder. Hy raak nooit moeg nie. Nooit word Hy vaak nie. Hou maar net vas aan die Here. Verklaar Hom tot jou enigste skuilplek. Kruip weg in sy magtige hande. Neem jou sitplek in aan sy voete. Skuil daar in donker dae, maar ook wanneer die son skyn.


Bly altyd by die Here. Dit is die heel beste plek om te wees. Dit is die veiligste plek in die ganse heelal.


GEBED: Here, U alleen is my wegkruipplek, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com

Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

  4. Mosambiek. Bid vir die nuwe kerk bou projek in Mosambiek en Guija sendingstasie vir wysheid en voorsiening.

  5. Maand-Einde Verpligtinge. Bid vir voorsiening om al ons maand einde verpligtinge na te kom. Tans ontvang ons maandeliks net 45% van die totale begroting ontvang

  6. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry

  7. Indonesië Christene wil God se liefde wys deur Moslems te respekteer, maar hulle wil nie gedwing word om iets te doen waarin hulle nie glo nie – soos om aan Ramadan-tradisies deel te neem. Bid vir vrede en God se beskerming vir diegene wat nie Moslems is nie.

  8. Bangladesj. Moslem-families sal nie-Moslems gedurende Ramadan nooi om by hulle aan te sluit wanneer hulle hul vas beëindig, maar dit kan ook ʼn manier wees waarop hulle probeer om gelowiges lok om na Islam terug te keer. Bid dat God aan hulle krag en wysheid sal gee om sulke uitnodigings met sagmoedigheid van die hand te wys.

  9. Katar. Hoewel sekere plekke (soos sommige winkelsentrums en restaurante) vrygestel word daarvan om Ramadan waar te neem,moet alle mense Ramadan in die openbaar waarneem, veral bekeerlinge uit vrees dat hul Christenskap ontdek sal word. Bid vir krag vir hulle gedurende Ramadan.

  10. Somalië. Die reaksie op enigiets wat afwykend is van aanvaarbare Islamitiese gedrag, is intense druk om te konformeer. Bid dat God gelowiges sal beskerm terwyl hulle druk ervaar om onderdanig te wees aan die gebruike van hul nie-Christen familielede en die samelewing.

  11. Broenei. Beperkings word geleidelik op die hele bevolking afgedwing, selfs al is hulle nie Moslems nie. Alle restaurante (insluitende nie-Moslem ondernemings) moet bv. gedurende Ramadan toemaak. Bid vir krag vir dié wat in hierdie maand druk ervaar.

  12. Maledive. Die Islamitiese maand van vas gedurende Ramadan word as een van die heiligste tye van die jaar beskou. Bid dat families wat saam vas en maaltye saam geniet, God ernstig sal soek en Jesus sal vind (Matteus 7:7).

  13. Sub-Sahara Afrika. Ramadan is ʼn tyd van verhoogde spanning en eensaamheid vir Christene. Maar dis ook ʼn tyd van verhoogde geestelike bewustheid vir Moslems. Bid dat Christene sterk sal staan in hul geloof en dat baie Moslems se reis na Christus in hierdie tyd sal begin.

  14. Marokko. Hoewel die Marokkaanse samelewing in sommige opsigte relatief liberaal is, word Christene vanaf ʼn Moslem-agtergrond in landelike gebiede geboelie as hulle die Moslem-gebruike verwaarloos, veral gedurende Ramadan. Bid vir krag vir hulle terwyl hulle ʼn afknouery ervaar.

  15. Libië. Alle Christene ervaar tydens Ramadan sosiale druk om hulle daarvan te weerhou om gedurende die dag te eet en te drink; bekeerlinge moet dit doen om te verhoed dat hul Christenskap ontdek word. Bid dat God hulle sal beskerm terwyl hulle Hom te midde van moeilike omstandighede probeer volg.

  16. Mauritanië. Bekeerlinge vanaf Islam tot Christenskap moet dikwels hul geloof geheim hou en is dus verplig om deel te neem aan Islamitiese of plaaslike godsdienstige praktyke soos Ramadan. Bid dat hulle hierdie tyd sal gebruik om tot God te bid en in hul verhouding met Hom te groei.

  17. Bid vir sendelinge. Bid vir sendelinge wat in die buiteland aankom, dat hulle sal kan aanpas by die verskil in eetpatrone en by die verskillende soorte kos. Vra dat hul liggame sterk sal bly en selfs sterker word ten spyte van die verandering in dieet.

  18. Baghban. JOHANNES 8:58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, IS EK. Die Moslem-Baghban-mense is wyd en syd versprei, en gevolglik kan hulle enige van agt tale praat. Hulle woon in beide die landelike en stedelike dele van Indië en Pakistan. Alle Baghban is Moslems, aangesien Islam diep ingeburger is in hul kultuur en identiteit. Daar mag geen volgelinge van Christus onder hulle wees nie. Die Baghban-gemeenskap moet hoor wat Jesus vir hulle as individue, gesinne en gemeenskappe kan doen. Die goeie nuus is dat daar evangelisasiemateriaal in hulle tale beskikbaar is. Dank die Here vir die evangelisasiemateriaal wat beskikbaar is. Vra die Here vir Sy vrede en stabiliteit om na Pakistan te kom. Bid dat God die Baghban-mense se harte sal oopmaak vir die evangelie en Christene sal oprig om hulle van Jesus te vertel. Vra dat God Homself in drome en visioene sal openbaar. Bid dat die mensegroep van Baghban sal verstaan ​​dat Jesus nie net nog 'n menslike profeet is nie, maar dat Hy die ewige God is. Bid dat God se koninkryk in Indië en Pakistan sal kom.

  19. Die Rahmani. 2 Korintiërs 5:7-8 Ons lewe deur geloof, nie deur aanskouing nie. Ons is vol vertroue, sê ek, en sal verkies om weg van die liggaam en by die Here tuis te wees. Die Rahmani werk hoofsaaklik as boere en baie kan nie lees nie, so die evangelie moet in mondelinge vorm gegee word. Hulle is Soennitiese Moslems, en daar is baie sosiale stigma oor om 'n Christen te word in hul gesinne en gemeenskappe. Hulle moet 'n manier vind om Jesus Christus te omhels sonder om hul gesinne te vervreem. Vra die Here om die geestelike blindheid van die Rahmani-mensegroep te verwyder. Vra vir 'n geestelike honger wat die Rahmani-mense sal trek na die enigste Een wat hulle kan red. Bid dat die Rahmani-mense na Christus sal draai deur die getuienis van Christene, evangelistiese literatuur en radio- en satelliet-TV-programme. Bid dat hele gesinne tot Christus bekeer sal word sodat baie meer Rahmani deur hulle getuienis aangeraak sal word. Bid dat hulle God se waarheid in Jesus Christus geopenbaar sal sien. Bid dat God se koninkryk in Indië sal kom.

  20. Darwazi.Jak 3:17-18 Maar die wysheid wat van bo af is, is allereers rein, dan vredeliewend, sagmoedig, gewillig om te gee, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en sonder huigelary. Nou word die vrug van geregtigheid in vrede gesaai deur die wat vrede maak. Darwazi's in Afghanistan volg Sunni Islam en aanvaar die radikale interpretasie daarvan. Christenskap word as skandelik en onaanvaarbaar beskou. Hulle het 'n hoë sterftesyfer onder hul vroue en kinders as gevolg van probleme met bevalling. Taliban-onderdrukking het dit gevaarlik gemaak vir werkers om binne te gaan, en daar is slegs beperkte beskikbaarheid van Christelike hulpbronne in hierdie geïsoleerde land. Bid dat die mense van Afghanistan oop sal wees vir die evangelie. Bid dat elke Moslem in Afghanistan Jesus Christus as hulle Hoop en Verlossing sal ontmoet. Vra die Here om genesing te bring in die baie gewonde harte, emosies en lewens van diegene wat geraak word deur oorlog, korrupsie en mishandeling. Bid dat die paar Christene moed sal hê en in hul geloof sal groei sodat ander bereik kan word. Bid dat God se koninkryk in Afghanistan sal kom.

  21. Soedanese Arabiere. HANDELINGE 5:41 Hulle het toe van die raad af weggegaan, en hulle was bly dat hulle waardig geag is om ter wille van sy Naam skande te ly. Soedanese Arabiere is Soennitiese Moslems wat tans in Saoedi-Arabië woon. Hulle geloof fokus op pelgrimstog na heiliges se grafte sowel as die pelgrimstog na Mekka (Hajj). Hul unieke musiek is gewortel in hul pre-Islamitiese verlede. Saoedi-Arabië is die bewaarder van Islam se heiligste heiligdom, die Kaaba, en die tuiste van Mohammed, stigter van Islam. Die regering van Saoedi-Arabië is belê in Islam as 'n godsdienstige instelling. Satelliettelevisie en radio bereik hulle as gevolg van die uitsendings van SAT-7, Trans-World Radio, Far East Broadcasting Company (FEBC) en International Bible Reading Association (IBRA). Vandag is daar geen bekende Christene onder die Soedanese Arabiere in Saoedi-Arabië nie. Bid dat dit sal verander soos wat hulle bereik word deur moderne media soos Facebook, YouTube en die internet, benewens televisie en radio, soos God hulle voorberei deur drome en visioene. Bid dat Soedanese Arabiere die ware God sal begin soek. Bid vir 'n sterk ondergrondse beweging na Christus onder Soedanese Arabiere wat wyd en syd sal versprei. Vra die Here dat Christene na die Soedanese Arabiere sal uitreik met gasvryheid, praktiese hulp, luister, berading en gebedsondersteuning. Bid dat God se koninkryk in Saoedi-Arabië sal kom.

  22. 60de Verjaarsdag.Die 23 ste Mei is dit my 60 de verjaarsdag en wil ek verneem of daar nie iemand is wat tyd deel punte of ' n vakansie huis vir ons beskikbaar kan maak vir ' n week nie ?My grootste begeerte en spesiale verjaarsdag wens is ' n week ( of langer ) vakansie aangesien ons in 2016 laas op vakansie was .

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page